Nuwe Elvis Blue-lied maak buiging op Top-20

Elvis Blue. (Foto: Facebook)

Elvis Blue tree vandeesweek toe tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek met sy splinternuwe enkelsnit, “Hart van klip”.

Dit is Wilma van Heerden se derde week op die Top-20 met haar debuutenkelsnit, “Sysoen”. Die liedjie vaar nog steeds baie goed op alle stromingsplatforms en klim vandeesweek na die nommer 7-posisie.

Barto kraai nog steeds koning op nommer een die week met “Impulsief”. Sy treffersnit, “H2Oë” neem die vierde plek in en sy liedjie saam met Marissa, “Ons twee genoeg”, beklee die 10de plek.

In die week se Top-20 is daar ses liedjies wat klim, agt wat hul plek verloor, vyf wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die treffersparade betree.

  1. Barto – “Impulsief”
  2. Bernice West – “Lyfie”
  3. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
  4. Barto – “H2Oë”
  5. Brendan Peyper – “Nee of ja”
  6. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  7. Wilma van Heerden – “Sysoen”
  8. Sakkie saam met Francois van Coke – “Hey jy”
  9. Eloff – “Swipe regs”
  10. Barto saam met Marissa – “Ons twee genoeg”
  11. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  12. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  13. Eloff – “Witblits”
  14. Zaan Sonnekus – “Monitor”
  15. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  16. Eloff – “Johnnie Blou”
  17. Prop – “Kwaaitjie”
  18. Eloff – “ATKV”
  19. Nicholis Louw – “Coco Pops en kaas”
  20. Elvis Blue – “Hart van klip”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Alouise Peens se debuutenkelsnit, “Dis jy”, is pas bekend gestel. Die liedjie is tydens die inperking geskryf.

Anne-Marie van Eeden beskryf haar musiek as “wêreld-musiek – ’n unieke kombinasie van klassieke-, jazz- en folkklanke”.

Hoewel sy haar eie lirieke in Afrikaans en Engels skryf, is sy ook bekend vir haar vaardighede om geliefde Suid-Afrikaanse gedigte te toonset. Haar jongste enkelsnit is getiteld “Ek is hier”. Helmut Meijer het haar jongste album vervaardig.

Ander liedjies wat pas uitgereik is, is Posduif se “Vat jou hoender”, Coenie Naudé se “Somer”, Arno van der Hoff se “As jy vêr is”, Dihan se “Vlieg”, Wesna se “Avontuur”, Lisie Basson se “#23” en Elvis Blue se “Hart van klip”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.