Top-20 trek nuwe baadjie aan

Lucinda. (Foto: Picture Me and U)

Vandeesweek trek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 ʼn nuwe baadjie aan. Nuwe musiek word weekliks bekend gestel en Maroela Media het dit goedgedink om elke week saam met die top-20 ook die week se jongste vrystellings te deel om na hartelus te luister en so ook op hoogte gehou te word van nuwe musiek wat uitgereik word.

Lucinda (van Die Melktert Kommissie) en John-Henry Opperman (van Klopjag) het die afgelope week luisteraars bederf met ʼn nuwe duet getiteld “Ons is ons”.

As solokunstenaar wou Lucinda met haar debuutalbum, Uitgeskryf, haar identiteit as musikant ontdek. Dié album is onlangs uitgereik.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is onder meer Ruan Josh se “Verlore”, Corlea se “Haat” en Jako Meyer se “Ek vier jou, ek groet jou”.

Luister gerus hieronder na die hele lys nuwe vrystellings en laat ons weet watter een jou gunsteling is in die kommentaarafdeling hier onder.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Brendan Peyper se nuwe lied, “Op jou spoor”, betree hierdie week se treffersparade in die 13de posisie.

Appel se “Dina” neem weer die no. 1-posisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, nege wat daal en drie wat onveranderd bly en een nuwe lied wat die week sy toetrede maak.

  1. Appel – “Dina”
  2. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  3. Appel – “Boerenooi”
  4. Reën –“Vrystaat vlaktes”
  5. Riaan Benadé – “Spontaan”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Appel – “Hier sal jy boer”
  8. Elandré – “Binne & buite”
  9. Appel – “Hardwerkende man”
  10. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  11. Elandré – “Dag en nag”
  12. Bernice West – “Kom binne”
  13. Brendan Peyper – “Op jou spoor”
  14. Elandré – “Waar die wind my waai”
  15. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  16. Fatman – “Vuil Coke”
  17. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  18. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  19. Rooksein – “Kyk na my hart”
  20. Christia Visser – “Beste leuen wen”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.