Wen: Fluweel-konsert bring vyf topmusikante bymekaar

Die beeldskone Nádine. (Foto: Facebook via @Nadine.net)

Ná die eerste suksesvolle Fluweel-konsert wat in Oktober 2022 by die Emperor’s Palace in Kempton Park, Johannesburg, aangebied is, kan gehore weereens uitsien na ʼn unieke musiekbelewenis saam met van die voorste Afrikaanse musieksterre.

Op 9 September is Nàdine, Jak de Priester, Ruhan du Toit en Ray Dylan vir slegs een aand saam op die verhoog by die Theatre of Marcellus te sien met opvoerings wat van hulle grootste treffers insluit.

Die 11-jarige sangeres Liney, ʼn boorling van Ellisras, sal ook die geleentheid kry om haar musiektalent by die vertoning ten toon te stel. Liney se passie vir musiek het reeds op tweejarige ouderdom begin ontwikkel.

Wanneer sy later vanjaar op dié reuseverhoog sing, sal Liney veral aan haar ma dink wat weens Covid-19 dood is.

“Dit is my grootste wens om die droom wat my ma vir my gekoester het, te bewaarheid deur die eerste keer op so groot verhoog op te tree.”

Musikante sal hul eie treffers, asook ʼn paar nuwe verwerkings saam met ʼn volledige orkes uitvoer. Die orkes bestaan uit van die beste Suid-Afrikaanse musikante, met Vinnie Henrico op tromme, Denny Lalouette op baskitaar, en Barry Snyman op saxofoon en fluite.

Ruhan du Toit (Foto: Verskaf)

Verskeie duette word vir die vertoning beplan, waarvan sommige vir die eerste keer op ʼn verhoog gesien sal word. ʼn Verrassing of twee, soos ʼn uitvoering deur die klaviervirtuoos Rocco de Villiers, wag ook op gehore.

“Daar is verskeie musiekkonserte wat deesdae aangebied word, maar die Fluweel-vertoning bring iets eg en uniek. Hoewel daar plek vir 1 000 mense in die gehoor is, sal die vertoning vir elke gehoorlid ʼn intieme en luukse musiekbelewenis wees,” sê Johan Heystek, wat die regie van die produksie behartig.

Die Fluweel-konsert word deur Numinous 102 en AE Switch aangebied. Kaartjies kos tussen R200 en R360 per persoon en is aanlyn op Vtickets beskikbaar.

Wen

Vyf Maroela Media-lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen na die Fluweel-konsert wat op 9 September by die Theatre of Marcellus by die Emperor’s Palace in Kempton Park, Johannesburg, plaasvind.

Skryf só in

Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Sondag 30 Julie om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Sondag 30 Julie om 23:45.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alexander ·

Ek is ongelukkig allergies vir Afrikaanse musiek, maar tog het ek baie respek vir Nadine

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.