Dié lesers wen kaartjies na komedie-trio se skreeusnaakse produksie

‘Laerskool Noord’ beloof om hope pret vir die hele gesin te wees. (Foto: Verskaf)

Cecille van der Walt en Marizka van der Merwe wen elkeen ʼn dubbelstelkaartjies vir die verhoogkomedie Laerskool Noord, wat van 15 tot 19 Februarie 2023 by die Atterbury Teater in Pretoria te siene is.

Maroela Media het vroeër berig dat Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm en Ilne Fourie in dié produksie die rolle vertolk van drie uiteenlopende onderwyseresse wat ʼn verrassingsafskeidspartytjie vir hul uittredende skoolhoof beplan.

Ilne vertolk die rol van die sagte en sorgelose Marietjie, Marion klim in dramajuffrou Bets se kleurvolle skoene (én kopdoek) en Margit en haar blaasfluitjie vertolk die rol van Zelda, die ywerige netbaljuffrou in dié skreeusnaaksie produksie.

Boonop sit hulle in afwagting om te hoor of een van hulle dalk “Meneer”, vertolk deur Neels Coetzee, se skoene as skoolhoof gaan moet vul.

  • Koop vandag nog jou kaartjie vir Laerskool Noord hier.
  • Kyk die video van Maroela Media se besoek agter die Laerskool Noord-skerms onderaan hierdie berig.
  • Hou Maroela Media dop vir nog lekker kompetisies en skryf in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.