Foto’s: Mel, Kiki sê mekaar stryd aan in ‘RHOPTA’-pretresies

Die vroue van ‘Die Real Housewives van Pretoria’ het vir Kiki en Mel ondersteun tydens die resies. (Foto: Skermgreep)

Kiki en Mel, die twee huisvroue van kykNET se Die Real Housewives van Pretoria wat blitsvinnig beste vriendinne geraak het nadat hulle mekaar ontmoet het, het mekaar in Donderdagaand se episode op ʼn resiesbaan die stryd aangesê.

Renske, Marié, Rhona en Talana, die ander vier huisvroue wat deel vorm van dié werklikheidsreeks, het as rasieleiers vir Kiki en Mel opgetree.

Hoewel die vroue oortuig was dat Kiki sou wen aangesien sy al vantevore in vinnige motors resies gehou het, het Mel uiteindelik dié bekende TikTokker ore aangesit en met die louere weggestap.

“My voertuig was in comfort mode en ek het vergeet om my sitplekgordel aan te sit,” was Kiki se verskoning.

Die vroue het vir Kiki en Mel ondersteuning langs die renbaan. (Foto: Skermgreep)

Marié het egter grappenderwys volgehou dat Mel gekroek het en het selfs daarop aangedring dat die uitslag van die resies ondersoek word.

Marié het ook ʼn bottel peperduur sjampanje se prop laat skiet en vir Mel sopnat gespuit daarmee.

“Sy weet nie wat sjampanje kos nie,” het Mel daarna gesê.

“Marié hou daarvan om in die kollig te wees. Ek kon sien sy soek liefde en aandag,” het Kiki oor Marié se streke gesê.

Rhona, wat van die begin af dit duidelik gemaak het dat sy nie ooghare vir Mel het nie, het om die beurt gesê sy sou “nie verbaas wees” as Mel gekroek het nie.

Marié. (Foto: Skermgreep)

Ná afloop van die resies het Mel se man, die voormalige prokureur en eienaar van Tammy Taylor Nails Suid-Afrika, Peet Viljoen, haar verras met ʼn romantiese ete en ʼn splinternuwe diamantring.

Mel het vertel haar oorspronklike trouring is sowat ʼn jaar gelede in ʼn rooftog gesteel. Die nuwe ring is hartvormig en deur Peet ontwerp.

“Peet is die droomman wat elke vrou daar buite begeer,” het Mel gekoer.

Die Real Housewives van Pretoria is elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien. Dit word ook op DStv CatchUp uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George ·

Hierdie is seker die swakste program in die geskiedenis nog. Niks vir my minder snaaks soos mense wat snaaks probeer wees deur hul gedrag nie.

honeybee ·

Ja nee wat, dis n pot vol snot. is daar nie iets beters nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.