Een oor ‘eenhoring’-hond steel harte

Rae (Foto: goldenunicornrae/Instagram)

Rae, ʼn 12 weke oue golden retriever wat met ʼn eenhoring vergelyk word, steel die harte op sosiale media.

Rae (“ear” agterstevoorom) is sonder ʼn linkeroor gebore. Toe sy ouer geword het, het haar regteroor tot bo-op haar kop geskuif en dit gee aan haar ʼn baie unieke voorkoms.

Volgens Good Morning America het Rae noodsorg benodig toe sy gebore is. Brianna Aardema was een van die mense wat na haar omgesien het by die Family Friends-veearts in Grand Rapids, Michigan in die VSA, en het dadelik ʼn baie spesiale band met haar gevorm. “Toe ek haar sien het ek dadelik geweet ek wil haar grootmaak,” het Brianna gesê.

Die personeel by die veearts het Rae die “golden unicorn” begin noem.

Rae het gou wêreldwyd aandag getrek toe ʼn video van haar op TikTok versprei is en 3,3 miljoen keer gekyk is. Sy het intussen ook reeds meer as 32 000 volgelinge op Instagram gelok met 22 van die oulikste foto’s.

“Dis maklik my gunsteling-Instagram-rekening,” het ʼn gebruiker gesê. “ʼn Goeie voorbeeld dat skoonheid in die siel lê, en nie in voorkoms nie.”

“Hierdie hond is tans my gunstelingding op die internet,” skryf ʼn ander.

Maroela Media het verlede jaar berig oor Narwhal, ʼn hondjie wat gebore is met ʼn ekstra stertjie op sy voorkop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

zettie ·

Ag dit is sommer opvreet baar. Soos wat ons spesiale kinders kry is hierdie ‘n spesiale dier.

Sandra ·

Wel een ding is seker, sy is pragtig met die ou een oortjie. Ek sal die ou oortjie opsoen en vir haar. En Unicorns is baie gewild. Maar sy is dubbel so cute soos ‘n unicorn.

CHARMAINE ·

Ag moeder mamma…..te sweet vir woorde. wie kan nou nie daai gesiggie liefkry nie.

Petro ·

Te dierbaar vir woorde ???? Wens dit was myne om heeldag te troetel en lief te hê. ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.