Gesteelde beursie 75 jaar later teruggekry

Die klomp beursies wat in die skool gevind is (Foto: Seth Baltzell/Facebook)

ʼn Vrou van Missouri in die VSA is 75 jaar later met haar beursie herenig ná dit gesteel is. Haar beursie, en 14 ander, is tydens opknappingswerk by haar ou hoërskool in ʼn buurstaat gevind.

Seth Baltzell, pastoor van City Hope Church, is besig om sy gemeente na dié skool te skuif. Tydens bouwerk aan die ou Centralia High School in Centralia, Illinois, het ʼn loodgieter 15 beursies van die middel 1940’s in ʼn lugversorgingspyp in die skool se badkamer opgespoor.

Baltzell het ʼn foto van die beursies op Facebook gedeel. “Iemand het die kontant gevat, maar al die foto’s, inligting en ander dokumente is nog hier,” het hy geskryf. Hy het ʼn paar van die name, hoofsaaklik vroue (met hul nooiensvanne), ook op sy Facebook-blad gedeel en persone gevra as hulle dalk enigiemand ken om met hom kontak te maak.

Die familie van die 89-jarige Betty June Sissom, wat nou in Chesterfield, Missouri woon, het met Baltzell kontak gemaak. “Ek kan onthou dit was ʼn rooi beursie en dat ek hom verloor het,” het Sissom aan KSDK-TV gesê. “Ek kan dit nie glo nie … ná al die jare!” Sy was verstom om weer die foto’s terug te kry wat in haar beursie was. “Daar is ek met ʼn seuntjie genaamd Jimmy Kane. Ek was verlief op hom.”

Crazy Story! While demoing out the old high school in Centralia Illinois recently we found a stash of what we assumed…

Posted by Seth Baltzell on Thursday, June 20, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frans C ·

Wonder wat van die vindingryke dief geword het en of hy sy/haar bedrywighede na die skool voortgesit het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.