Optiese illusie gebruik klank om jou oë te mislei

Navorsers by Caltech het ʼn optiese illusie ontwerp wat op klank gebaseer is – en dit lei duisende mense om die bos. Die eerste stap in die “Rabbit Illusion” is om na die kruisie aan die bokant van die skerm te staar. Dan sal jy ʼn paar tik-geluide hoor en ʼn paar flitse sien. Die vraag is: hoeveel flitse het jy gesien?

Kyk hier:

Alhoewel meeste mense drie flitse sien wanneer die klank speel, is daar eintlik net twee. Jou oë word deur die klank mislei. Aangesien daar drie tik-geluide is, “skep” jou brein ʼn derde flits om by die klank aan te pas.

Dit is wat jy waarskynlik sien:

Skermgreep uit Caltech-video

Caltech sê dit is ʼn bewys dat ons sintuie mekaar beïnvloed.

Met dié illusie glo navorsers hulle het bewys hoe klank dit wat ons sien, beïnvloed.

Hier is wat regtig gebeur:

Skermgreep uit Caltech-video

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

As jy die klank af sit en na die kruis kyk, lyk dit nog steeds soos 3 flitse

Johan ·

Ek sien 2 met en sonder klank.
Ek kon nie enige van die 100 keer wat ek die video oor en oor gekyk het 3 flitse sien nie.

Ek persoonlik voel die toets is nie gegrond op genoeg bewyse nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.