‘Regte’ sneeubal vir duisende te koop

Die sneeubal wat op eBay te koop aangebied word

ʼn Groot sneeubal wat ʼn man al 10 jaar lank in sy vrieskas hou, is nou te koop.

Lee Thackaberry (43), van East Grinstead in Sussex, het die sneeubal in ʼn plastieksakkie in die vrieskas gehou en is verstom dat dit al ʼn dekade lank – en ʼn verhuising – oorleef het.

Thackaberry het gesê hy het besluit om die sneeubal op die mark te sit ná iemand anders ʼn sneeubal, wat hulle ook vir byna 10 jaar gehou het, vir £15 000 (sowat R293 000) van die hand gesit het.

Hy verwag nie só groot bedrag nie, maar huidige aanbiedings vir sy sneeubal op eBay begin op £999 (byna R20 000).

Thackaberry, sê hy het dit nou lank genoeg geniet en nou is dit iemand anders se beurt. “Dis ongelooflik. Ek kan nie glo dit het só lank gehou nie. Dis nog heeltemal ongeskonde.”

Dit het alles 10 jaar gelede gebeur toe dit swaar gesneeu het. Thackaberry was saam met sy bure, vriende en eksvrou by ʼn kroeg. “Ons was vrolik toe ons van die kroeg teruggekeer het en het ʼn sneeubalgeveg gehou. Ek het gedink dit sal prettig wees om een van die sneeuballe te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mieke ·

Regtig??? Ag nee wat. Ek dink die mensdom het dit ‘verloor’!

Wonder net ·

Regtig! En daar is niks ander wat meer nuuswaardig is nie… niks anders waarvior joernalistieke “resources” voor aangewend kan word nie.

Grens ·

Ek wil hom he!! Gaan lekker afgaan met ‘n whiskey op sneeubal!!

Louise ·

Nee wragtag dat iemand n sneeubal van R293 000.00 gekoop het laat my stom…
Daar is mense wat sterf van honger en jy betaal daai geld op n sneeubal!
Party mense het teveel geld vir hulle eie goeie bestaan.

Erica ·

So iets sal nooit werk in SA nie. Beurtkrag sal jou duur te staan kom!

Africangrey ·

En dan kom jy by die huis met n paar druppels water…

PoppieK ·

Ek hoop dit sneeu eendag weer in Gauteng… ek gaan daai sneeuw balle ook vries :)

PoppieK ·

As dit weer hier sneeu gaan ek 3 sneeu balle vries!! Een vir elke kind en dit in my testament noem… Hul kan dit gaan verkoop. Hopelik erf hulle baie :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.