Só lyk die wêreld se lelikste hond…

Scamp the Tramp (Foto: AP Photo/Noah Berger)

Dit is nie duidelik watter tipe kruising Scamp the Tramp, die wenner van vanjaar se Lelikste Hond-kompetisie, is nie en hy het ʼn “uiters ronde lyfie”.

Volgens die New York Times is hy ʼn hond met “kraalogies, sonder tande en kort stompies vir bene”. Scamp the Tramp het Vrydag met die gesogte titel weggestap by die Sonoma-Marin-fees in Petaluma, Kalifornië in die VSA.

Yvonne Morones, Scamp se eienaar, het gesê sy het hom in 2014 op Petfinder gesien. “Ek het Scamp se foto gesien en dit is net soos Tinder vir honde,” het sy gesê. “Ek het hom gekies en was dadelik dol oor sy gesiggie!”

Scamp het 18 ander honde uitgestof om uiteindelik as die lelikste hond gekroon te word. ʼn Pekinese genaamd Wild Thang het met die tweede prys weggestap en ʼn Chihuahua genaamd Tostito was derde. As die wenner het Scamp ʼn groot trofee gewen, met ʼn kontantprys van $1 500 en sal ook op die Today Show te sien wees.

Scamp is nie net ʼn wenner van skoonheidskompetisies nie. Hy is ook ʼn terapiehond en word gebruik om graadeens te help lees. Hy het die Humane Society van Sonoma County verteenwoordig by ʼn geleentheid en verwelkom toeriste by die Sonoma County-lughawe.

“Nou is hy Scamp the Champ, en nie meer Scamp the Tramp nie, sê Yvonne.

Vorige jare se wenners:

 

‘n Engelse bulhond genaamd Zsa Zsa was die 2018-wenner (Foto: AP Photo/Jeff Chiu)

‘n Napolitaanse bulhond genaamd Martha was die 2017-wenner (Foto: ANA)

Die 2016-wenner (Foto: ANA)

Die 2015-wenner (Foto: ANA)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sandy Botha ·

Aaaaw daardie gesiggies het altyd die mooiste persoonlikhede! Het self ‘n paar woefers wat lyk of hulle uit Stephen King se Pet Cemetary ontsnap het – maar jitte ek is lief vir hulle!

Moppy ·

Moppy was my honne kind Pekingese wat noual 3 jaar oorlede is en baie oulikste kind was, ek is baie lief vir alle hondjies en al is hul lelik, maar ek dink di 2017 wenner is di mooiste Napoliaanse Bulhond gewees mooiste gesig sal hom graag wil he

HonneKinners ·

Morne, ek stem saam! Kan hulle nie maar op ‘n ander titel besluit nie?

lelik of verwaarloos ·

Sekerlik kon hulle die tandjies gered het voordat hulle almal uitval en die tongetjie so buite hang? En Puka se slagtand lyk baie ongemaklik. Plaas dat hulle hom eerder trek.

humor ·

Ek wens hierdie entoesiaste met hul oordrewe beheptheid jeens hierdie gedrogte wil besef waaroor dit gaan. Dit is niks anders as n onaangename misdaad waarin sekere mens n behae skep nie. Hierdie gebreklike gedrogte sien die lig a.g.v. van n oor en oor inteligsproses, en is n iks anders as dieremishandeling nie.

Andrea ·

Daars nie iets soos n lelike hond nie. Verwaarloos dalk, maar daardie wonderlike persoonlikhede skyn helder. Simpel kompetisie, kort n nuwe naam, ja.

Nora Meyer ·

Ou Puka se tand het sy neusie al erg misvorm en dan spog hy nog met die hondjie . As hy enigsins vir sy brakkie omgegee het, sou hy lankal die ou dingetjie veearts toe geneem het en die tand laat trek het. – Nora

Kraai ·

Agge nee, lelik of te not. Hulle is gewoonlik die oulikste op aarde. As ek kon sou ek hulle almal aangeneem het en ek sou my verkyk het aan hulle. Baie TLC en lekker bederf het en die heeldag in die ogies kyk. Daar is ook maar BAIE lelike mense op aarde. LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.