Video: Miljoene lag vir dié akrobatiese kameelperd

Skermgreep uit die video

Met hul lang nekke kan kameelperde maklik die hoër takke bykom vir sappige blare wat nie ander herbivore beskore is nie.

Maar wat gebeur wanneer ʼn kameelperd gras op die grond wil eet?

Miljoene kykers dink dit is baie komieklik om te sien hoe een kameelperd afbuk om die gras te hap en dan regop spring om dit te kou.

Die video is deur die gebruiker @DannyDutch op Twitter gedeel en is reeds byna 10 miljoen keer gekyk. “Ek het nog altyd gewonder hoe ʼn kameelperd gras eet, maar hierdie is majestueus!” het hy by die video geskryf.

Verskeie gebruikers het ook beeldmateriaal van kameelperde gedeel waar hulle water drink en slaap.

‘n Gemiddelde kameelperd eet ongeveer 34 kg plantmateriaal daagliks. Indien daar water beskikbaar is, drink hulle ten minste elke drie dae. Hulle wei meestal gedurende die eerste en laaste dagligure en herkou hierdie kos dan vir die res van die dag en nag. Saans herkou hulle terwyl hulle lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Misky ·

Baie oulik en èk darem lanklaas so vinnig op my voete te lande gekom….. ha ha ha

Patch ·

1ste keer in my lewe dat ek sien ‘n kameelperd eet gras…

Pierre ·

Dit lyk darm baie of die videogreep onwaar is, dit wil voorkom of die regop staan aksie agteruit terug gespeel is en sodiende `n nuwe video greep geskep het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.