Wêreld se ‘vuilste man’ sterf in Iran

Amou Haji, die wêreld se vuilste man (Desember 2018) (Foto: AFP)

ʼn Man van Iran wat bekendgestaan het as “die vuilste man in die wêreld”, is in die ouderdom van 94 oorlede.

Amou Haji het vir meer as 50 jaar lank nie gebad of gestort nie. Hy was enkellopend.

Die staatsmedia-agentskap Irna het berig Haji is Sondag in Dejgah in die suidelike provinsie Fars oorlede.

Hy het storte vermy uit ʼn vrees “dat hy siek sou word”, het ʼn plaaslike beampte aan die nuusagentskap gesê. “Vir die eerste keer, ʼn paar maande gelede, het die inwoners hom egter na ʼn badkamer gevat sodat hy homself kan was,” berig Irna.

ʼn Kort dokumentêre film genaamd The Strange Life of Amou Haji is in 2013 vrygestel, aldus plaaslike media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Snowball ·

In die Limbiese stelsel van die brein word sterk emosies proseseer, waaronder, vrees, passie en woede. Jy is fisiologies so aanmekaar gesit deur God – jou brein het ‘n amigdala, wat spesifiek met vrees te doen het, sodat jy jouself kan beskerm. Soms is daar fisiologiese of sielkundige redes waarom mense vrees of angs ervaar sonder dat die stimulus daarvoor eg is of wel bestaan. Begrip en empatie vir ‘n mens met ‘n probleem daarenteen is presies wat God van mense vra.

Laurika ·

Ek het ‘n sterk vermoede dat hy nie uit slegs pure kieskeurigheid enkellopend was nie…

piet ·

Ek wonder of jy na 50-jaar sonder bad slegter ruik as se na 2 weke sonder bad. Ek reken daar is waarskynlik ‘n punt waar vrot net so vrot kan ruik as wat dit kan vrot ruik. LOL, ek moes nou tweekeer self gelees het wat ek probeer se….

Tubac ·

Ek dink die dag toe hy gewas het was so n groot skok vir sy liggaam dat die organe tot stilstand gekom het.

Kirst ·

En daar sterf hy ‘n paar maande nadat “inwoners hom egter na ‘n badkamer gevat” het “sodat hy homself kan was”.

alice ·

Duidelik het die man ‘n probleem gehad wat nooit aangespreek was nie. RIV meneer.

Phillip ·

Nou Wat maak hy as dit reën moet seker op straat gewees het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.