’n Polisieluitenant is in hegtenis geneem nadat sy glo haar skootrekenaar, wat aan die staat behoort, gebruik het om geld by ʼn finansiële onderneming in Klerksdorp, Noordwes, te leen.
“Die 40-jarige beampte is by die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in Klerksdorp gestasioneer,” het lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, Vrydag in ʼn verklaring gesê.
“Sy het na bewering die skootrekenaar gebruik as sekuriteit om ʼn lening van R1 100 by ʼn onderneming wat geld uitleen te bekom.”
Volgens Netshiunda kon die beampte nie daarin slaag om ʼn totaal van R1 900, soos ooreengekom met die onderneming, terug te betaal nie. Die onderneming het die skootrekenaar verkoop om hul geld te verhaal.
Die vrou staan tereg op aanklag van diefstal en moet Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.
Toe nie geweet rekenaars kan praat nie!
Vat so jou katvis!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Sooo dom – dis hoekom die polisie hulle in diens neem…..
Kan ons vra of die n MK lid is. Dit sal meer lig op die onderwerp plaas,,en dit duidelik maak aan die lesers..
Hoe dom kan mens wees. En nougaan sy sonder werk ook sit. Apartheid sal seker ook weer die skuld kry.
Sy gaan sê, sy het gedink dis haar rekenaar !!
R800 !!!!!!alaat ander sommer ook sien wat vra die” loan sharks”vir n leningkie. Daai Madam sal seker nou se die staat betaal haar te min, so sy kan nie uitkom nie, maar ek wed sy ry luukse motor.
Ek het gehoop iemand gaan ook die verskrilk hoë rente raaksien. Wonder of dit wettig is.
Ja. Dom skelm en nog steeds n polisie offisier? Ek word elke dag al banger.
Polisie Luitenant….Nee rerig hoor. Winston, nee ek stem.
Nee jy stem of ja jy stem?