Julius Malema gaan Wet in hof daag

Malema in die hof.

Malema in die hof.

Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag in die Newcastle-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.

Malema het saam met ander lede van die EFF-leierskap by die hof opgedaag. Malema, geklee in ʼn blou pak, het deurlopend geglimlag.

Die hofverrigtinge is aanvanklik vertraag. Adv. Tumi Mokwena, namens Malema, het met die aanvang van die hofverrigtinge gesê sy kliënt gaan ʼn hooggeregshofaansoek bring om die Wet op Oproerige Byeenkomste ongrondwetlik te laat verklaar. Volgens Malema is dit ʼn apartheidswet.

Mokwena het versoek dat die saak vir ses maande uitgestel word, sodat Malema die aansoek kan bring. Daar is ook versoek dat die saak tot 7 Desember uitgestel word. Landdros Ian Colditz het die aansoek toegestaan en gesê indien Malema se aansoek teen dan nog nie gebring is nie, moet hy weer in die hof verskyn.

Indien bewys voor dan gelewer kan word dat die aansoek wel gebring is, moet Malema eers weer op 5 Mei in die hof verskyn.

Malema is ook veronderstel om op 14 November in die Bloemfontein-landdroshof op dieselfde aanklagte te verskyn. Dit is nog nie duidelik hoe die nuutste verwikkelinge dié hofverskyning sal raak nie.

ʼn Dagvaarding is verlede maand by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, aan Malema beteken. Hy is versoek om in die hof te verskyn op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging van EFF-ondersteuners om grond te beset.

Malema het op 16 Desember 2014 tydens ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein vir die eerste keer sy ondersteuners aangemoedig om onbeboude grond te beset. Hy is by hierdie selfde konferensie tot EFF-president verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

zoom zoom ·

Selfde taktiek as sy meester
spring van een hof na die ander om tyd te wen.

Uvonka ·

Tipies! Soos gewoonlik word apartheid en kastige apartheidswette nou weer as verskoning aangevoer.

Jean ·

Janee altyd ‘n verskoning, hy is nooit verkeerd nie. Sekere sogenaamde “apartheidswette” word elke dag toegepas, en ander word nou skielik beveg, beteken dit die nuwe wette gaan toelaat dat EFF ondersteuners net kan instorm en ander mense se land/huise/eiendom beset?

janneman ·

Ek sal graag eerder wou sien dat die aannames wat sy aanhangers maak dat buitelanders of kolonialiste (wat eintlik maar sinspeel op blankes) hulle (afrikane) se grond onwettig besit, en dis wat hulle terug wil he. Ek wil dus he die hof moet vir eens en altyd behulpsaam wees om eienaarskap te bepaal, sodat daai ou rympie eens en vir altyd in die bed gesit kan word.

M'Lady ·

Hierdie man raak gevaarliker by die dag. As hy aan bewind sou kom is die Blankes se dae in hierdie land getel. Nou net na sy toespraak geluister. Dit maak mens bang. Ons sal wens Zuma is terug.

Dark.O ·

Stem saam met jou, M’Lady. Ek is oor die algemeen nie ń bang tipe mens nie, maar Malema maak my bang. Wat van ons kinders?

Helene Heyns ·

Stem saam. Ek dink hierdie vent word onderskat. Slu, listig en gevaarlik.

grotman77 ·

Dark O jy vra wat van ons kinders my vraag is hoe sag het ons ons kinders groot gemaak.. en sal hul hul man kan staan… ek wonder … as kind ini skool iets doen en raas kry dan is die ouers gou daar om onnies aan te vat, ons ry hul rond, kinders kan nie meer as 3km stap dan is hul moeg ek ervaar dit as ek groepe kry. ons piep hul op…. ons is meer gela oor waar ons bly die kar wat ons ry en plekke wat ons besoek en ons oe is toe vir die armoede van mense rondom ons .. en dit gaan ons ondergang wees… ons sus ons gewete en stel ons hoop in n konstitusie wat deur mense opgestel is om ons regte te beskerm … daai woorde in die konstitusie kan ook verander word om ons gemaksugtige lewe in die g@t te kom byt.

Jakes ·

Belaglik verby! En nuuswaardig?
Sie vermorsing aan al die litigasie kon hul hele nasie nuwe klere en kos gee vir kerswees.

BOLANDER ·

Ek wens met my hele hart dat hierdie gespuis nou net kan verdwyn en dat ons in vrede verder kan lewe. Elke dag is dit sirkus en dit raak nou verregaande. Dit gebeur as jy met sulke kaliber mense te doen het. Hulle sal moor en ook daarmee weg kom. DIE LAND IS SIEK VERBY!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

vytjie ·

Ag ,Nee M`lady. ek as bruinvrou weet U is beter opgevoed as dit. Hoe kan U dit kwytraak. U ouers het u Godvresend grootgemaak hoekom nou terugstaan vir iemand wat nie eers waarde het nie.

M'Lady ·

Vytjie, Zuma het ook geen waardes nie maar hy is die President van SA. So Malema kan sonder waardes ook die President word. Al wat ek se is mense wat hom nie ernstig opneem nie maak n groot fout. Dan praat ons nie eers van “Black First Land First” nie.

Hendrik ·

vytjie ek stem saam. die man het geen waardes nie.
jean. ek sien die saak ook soos jy. Dis ook nog om geld wat beter gebruik kon word te vermors. Ek sal verbaas wees as hierdie saak nog in 2017 afgehandel sal word.

**Praat saam** ·

Kyk ek weet nie van julle nie maar daai glimlag op sy gesig laat die hare in my nek regop staan!!!!

Cherokee ·

Dit is omdat die kameras en joernaliste soos bye om hom is en hy verbeel hom hy is ‘n celeb.

John ·

Die wet oor die onteiening le op pres Zuma se tafel om geteken te word… Dis nogal moeilik om te bewys dat omdat jy 12 kinders het en die buurman net 3, sy erf aan jou toegeken moet word sodat jy vir jou 9 meer kinders huise kan bou en groentetuine aanle. Wie dwing ouers om kinders in die wereld te bring? Aanwas en eienaarskap of velkleur en eienaarskap is nikseggend. Eienaarskap dra ‘n kontrak. Waar in SA is daar grond wat aan niemand behoort nie? Met ander woorde, ‘n motor wat sonder insittendes geparkeer staan kan sommer so onteien word….?

E.K. ·

Stuk van sy toespraak op enuus gekyk. Mens moet maar ligslaap. Hy haat steeds witmense oftewel Europeans soos hy sê. Het genoem alles behoort aan “black people”; die see, die visse in die see, die berge, al die grond, die diere , die strande, die bome en plante en ook die DAGGA! Jip, hy het dit pront genoem. Hy het gesê hul soek vervroegde verkiesing en mense (swart mense) moet alle land “okoepai” (occupy) want dis hulle s’n maak nei saak wat wie sê dit is so. Hy sal tronk toe gaan of sterf vir die grond. Volgens hom (op een of ander verdraaide manier kom hy daarby) regeer die koningin van Engeland nog steeds eintlik die land/grond. Ja….En die skares juig want hulle glo hom en dis gevaarlik. Was vandag in Ladysmith wat hy die toespraak gemaak het. Volgens hom is hul saak emt Zuma net terloops, die een ding is steeds dat die land en alles aan hulel behoort.

Marinda ·

Daardie wet was nog deur die Britse Queen bekragtig. Kyk asseblief na die dokument. Vir seker gaan Malema slaag.

willem ·

Nee regtig malema is so gekant teen die ou dae maar hy bly die ou dae perd se rug hol ry en verder meer in die ou dae het plate spelers gekry wat vas hak as die plaat gekrap is wel Melema klink sooseen van daardie ou plate spelers hak net vas op een wysie asb indien moontlik kan kan iemand hom help om bytekom in die lewe ek weet weens n gebrek aan breinselle is dit beina onmoontlik en ja ek weet ook dat as dit soo aangann die blanke ras heeltemal uitgewis gaan word maar saam staan wil ons ook nie

Asjas ·

Ek is nou so vies ek gaan hou sommer ‘n oproerige optog met alles wat daarmee gepaard gaan by sy huis en sien hoe hy daarvan hou as sy privaat eiendom verwoes word. Slim Malema, baie slim …

Cherokee ·

Die woord ‘apartheid’ is ‘n toorwoord in diè land. Vele argumente word beveg daarmee.

dirk ·

My geduld raak nou op! Wanneer gaan ons leiers vir Mnr Malema in die hof pak oor sy wolhaar stories en eens en vir altyd met hom afreken sodat hy sal besef en moet aanvaar dat hy net haat en enargie aan te blaas? Dis asof almal sy valse beskuldigings stilswyend aanvaar om die vrede te bewaar. Die vrede word nie bewaar nie as jy kyk na die toenemde hatige openbare uitsprake en aanvalle op wit mense on verskeie vlakke in die samelewing. Dit help nie om die ander wang te draai nie hy sal aanhou totdat sy mond behoorlik gesnoer word. Ek weet van geen bewyse dat grond gesteel was nie en diegene wat dink dis waar, veral ‘n sekere wit opposisie party, offer die wit mense ter wille van politieke korrektheid of eie gewin. Sy praatjies van geweld skrik my ook nie af nie, as ek genoegsaam bedreig word sal ek myself tot die maksimum verdedig. As ons werklik volgens wet en internasionale reg gronddiewe is en was, dan wil ek dit ook nou onomwonde weet, net nie uit die mond van ‘n leunagtige opportunis nie, maar van kundiges. Ek wil ook nie na die vlak van debatvoering van Mnr Malema daal nie maar genoeg is genoeg en ek wag nou vir ons wit leiers om iets daadwekliks te doen en die hofsaak is dalk die geleentheid.

Stefan Barnard ·

Ek stem 100% staan. Ons staan totale verwoesting in die gesig!!! 95% van ons sal nie langer as n’ maand kan oorleef ‘n die veld nie. Baie van hulle mense bly nog steeds in die veld. Hulle het skyf skiet in ons skole weggevat in 2000. Hoekom? Want hierdie word al lank beplan. Die ANC vat net te lank volgens Malema. Hy wil bitter graag begin.
Ons kort internationale help. Hierdie gaan baie erger wees as die Anglo boere oorlog. Ons tyd, soos die renoster sin , is besig om uit te hardloop.
Ons mense ,wat klaar in die buite land sit, moet druk op die eerste wêreld lande sit om ons by te staan en hierdie nuwe HITLER te stop. Voor dit begin! Want anders gaan dit te laat wees. Adriaan Strauss (Bokke) of Faf du Plessis (Proteas) of enige iemand wat kan, moet op live TV vir die wêreld vertel wat hier gebeur en vra vir hulp. Hoe meer mense dit doen hoe beter. ONS KORT HULP.

Columbiana ·

Ons worry oor grond terwyl Malema na sy hofsaak sê: “we are not calling for the masacre of white people yet”. Is dit nie baie meer kommerwekkend. Dis mos nou opstokery in die ergste graad of hoe?

Spokie ·

Glo ook hy sit agter die plaas moorde, maar ek dink Zuma weet dit, hy worry nie. Dis maar my mening

Johannes ·

Julius moet seker maar weet as hy plase beginne vat gaan daar paar wit mense voor hom staan en as hulle geweldig raak gaan die manne hulleself verdedig. Paar rondtes stel voor hy gaan ‘n paar lekplekke opdoen as dit probeer.

c-leroux ·

Ja kom ons almal wat nie van oproering hou vat verlof maak besighede toe en al die werknemers moet wag tot ons besluit waneer ons oopmaak” SIEN JOU IN DIE HOF ” (stofaf jou standerd 6 houtwerk gereedskap) dit kan laaaank vat!

John ·

Die oorywerige DA gryp te veel na die EFF om meerderhede in stadsrade te verkry (en in hofsake) en verleen sodoende akkreditasie aan ‘n radikale minderheidsparty (minder as 10%). Mens kan nie met die duiwel saamsweer en hoop op ‘n goeie uitkoms nie. Die EFF glo skynbaar ook hulle sal nou elke hofsaak wen. Hier is net te veel groepe wat wil ‘gryp’. Hulle sal mekaar voor die plaashekke uitmoor.

rafel ·

Ek stem dat sy opstokery en aanhitsing hand aan hand loop met die plaasmoorde…Zuma en sy sirkus is n sondagskoolpiekniek teenoor wat agter die skerms aangaan…hierdie man is baie gevaarlik…baie

foxi ·

Versigtig nou mense! Dit is so dat niemand Malema se praatjies ligtelik moet opneem nie. Hy spreek met n gevaarlike gesplete tong! Maar onthou hier is NIE net WITMENSE in die land nie.
N bietjie Geloof kan almal se gesindheid verander en alles is nie net wit of swart nie………

Andre ·

Hoe banger Julius Malema word vir die tronk, hoe meer PRAAT hy … natuurlik BOG!

Ek womder wie betaal vir sy “rent a crowd” lawaaimakers se vervoer, kos, rooi berets en T hemde?

Volg die.geldspoor ….! … na wie agter die REVOLUSIE sit! Nkandla of Dubai?

Mattheus ·

5:44 Maar Ek(Jesus) sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan wird van julle Vader wat in die hemele is; …

Rynhardt ·

Vanaand op E-Tv het hul gewys waar Malema voor die hof die massas opsweep ooe die grondkwessie.Hy het verder ook gese :”n Vroeer verkiesing moet uitgeroep word, want SA het n onwettige regering!” Hul het hom staande toegejuig! Malema kry sy “coaching” van Brittanje (hy het hul besoek in 2012 en 2015) en van sy geliefde vriend, pres.Mugabe van Zimbabwe! Malema gaan nes Zuma , nie n tronksel sien nie.Albei sal liewer met n “bang” uitgaan as wat die tronk hulle gaan verwelkom! Die jeugliga het dit ook duidelik gestel vir Madonsela:”Go and rest in peace now!”Kan ons sien waarheen dinge gaan? Net media 24 en SABC-sensuur glo dat SA op die regte pad is, want die voetspore van Tim du Plessis word gevolg, want die glo daar is n goeie Anc.Dit is wensdenkery!!

gert ·

Lyk my die skepsel is siek. Ky hoe maer is hy. Miskien is hy oppad uit?

Pastoor ·

As mens Louie Giglio How Great is our God, google. Dan besef mens hoe groot GOD is. Malema is n niks. God Jehova Rapha verdrink hom en sy cononies op droee grond

Alida ·

Hy soek aandag. Die media moet hom n slag ignoreer en NIKS wat hy doen of se publiseer nie. Geen TV dekking NIKS dan kyk ons waar kom die vewaande vent. Dink hy nou regtig hy en sy dom makkers kan net vat. Al is Zuma slapgat die owerhede sal nie toelaat dan hulle maak soos hulle wil nie.

Piet Piper ·

Ek is nou al so moeg van hierdie apartheid van die verlede wat die oorsaak van sekere mense se AGTER GEBLEWENHEID is in Suid Afrika……..In die meeste ander Afrika lande is agtergeblewenes by dosyne………..was daar dan ook apartheid ???? Hongersnood en ellendes ja, die sien jy oral daar, maar moet ek dan daardie mense ook as agtergeblewenis sien………..en indien wel, wie is die oorsaak van hul AGTERGE-BLEWENHEID ???

Netso ·

Stem hartlik saam met Alida. Neem ALLE mediadekking weg dan sing die knaap ‘n ander deuntjie want dan geen toeskouers net sy eie busse vol aangetyde aanhangers!!
Die knaap is nou ‘n diabeet Gert, dis waarom hy so maer geword het die afgelope maande. Dis van geen soetgoed en suiker dat hy so baie kilo’s afgeskud het en skoon siek lyk.

Benru Zelie ·

Die ANC en EFF is albei partye wat as hul kern kommunisties is. Wanneer hul klanke van demokrasie en vryheid van spraak maak dan weerspreek hul hulself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.