Leerders word deesdae toegegooi met ’n massa werkkaarte en rekenaarprogramme wat belowe om hulle alles te leer wat hulle moet weet, maar sodra daar nadere ondersoek gedoen word oor wat werklik benodig word om hierdie beginsels vas te lê, sal geen werkkaart of rekenaarprogram dit vir ’n leerder kan leer nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Tale"
Afrikaans en die bevordering van inheemse tale
Ons hoor deesdae gereeld van die benadeling van die inheemse tale voor 1994, en die bevoordeling van Afrikaans ten koste van die tale van die swart mense. Laat ons dié bewerings bekyk ten opsigte van die onderwys, amptelike status en die uitsaaiwese.
Digkunsprojek wil berusting aan Suid-Afrikaners bied
Avbob het Dinsdag ʼn splinternuwe webwerf bekendgestel wat daaraan toegewy is om nuwe digters se digkuns in al elf amptelike landstale ten toon te stel.
Soveel tale wat ek kan …
Dit is Parys en hier staan ek in die tou by die “prefecture”, binnelandse sake vir die Franse. Dis een jaar nadat ek met my meestersgraad begin het en ek sal wat wil gee om net weer daardie gesprek, by Waltloo in Pretoria, te kan hê met daardie tannie wat so mooi Afrikaans praat.
Bybel vertaal in klankformaat vir Afrika
Matthys Maree is besig met ʼn projek om die Bybel in verskeie Afrikatale te vertaal en dit in klankformaat vry te stel.
Taalsaak: Wetgewing hoef nie in 11 tale te wees nie
Die gelykheidshof in Kaapstad het Woensdag beslis wetgewing hoef nie in al 11 amptelike landstale gepubliseer te word nie.
Uitspraak in taalhofsaak vandag verwag
Uitspraak in die saak tussen taalaktivis Cerneels Lourens en die staat oor die beskikbaarstelling van alle wetgewing in al elf amptelike tale word vandag in die Kaapse Gelykheidshof gelewer.