Die All Blacks se afrigter Steve Hansen gaan voort om kombinasies te toets voor Saterdag se deurslaggewende wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Australië.
Lees meerAlles vir Woensdag 5 Augustus 2015
[Video] Wagter sê ‘mamma’ sodat hy ook ʼn happie kan kry
Wedywering tussen broers en susters kan kompeterend raak, maar vir klein Samuel het dit ’n vreemde wending geneem toe Wagter besluit het om ook sy pond vleis te eis.
Man vermoor glo vriendin, pleeg selfmoord
ʼn Man van Noordwes het glo sy vriendin verwurg voordat hy selfmoord gepleeg het.
21 Vrystaat-polisiebeamptes afgedank
Die polisie in die Vrystaat het gesê 21 van sy beamptes is afgedank en sal later vanjaar in die Welkom-landdroshof verskyn.
Staat vra strenger straf in kinderporno-saak
Die Wes-Kaapse direktoraat vir openbare vervolging oorweeg om te appelleer teen die vonnis wat ʼn siviele ingenieur opgelê is nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van kinderpornografie.
Zim-jagter in hof oor Cecil die leeu
Theo Bronkhorst (52), ʼn jagter van Zimbabwe, het Woensdag in die Hwange-landdroshof verskyn.
Polisie vra hulp ná moord op Britse-egpaar in Knysna; name bekend
Die polisie in Knysna in die Wes-Kaap het die hulp van die publiek gevra in verband met die voorval waarin ʼn 65-jarige Britse vrou vermoor is en haar 67-jarige man ernstig beseer is tydens ʼn aanval die naweek.
ToekomsVenster: Leiers wat bemagtig
Ons het behoefte aan meer leiers in ons land – eerlike en onselfsugtige leiers wat bemagtig word om ‘n verskil te maak. Die geheim van positiewe beïnvloeding lê daarin dat elkeen van ons wat een of ander leiersposisie beklee, onsself sal vermeerder deur ander te bemagtig.
Osieland se koor deur na ATKV finaal
Dis ongelooflik om te dink dat soveel sukses behaal kan word met net ʼn uur en half se oefening. Koorsing verg dissipline en vir leerlinge van so ʼn jong ouderdom kan dit partykeer moeilik wees – veral as dit kom by die aanleer van musiek.
Kleuter red ma en boetie na gru-ongeluk
ʼn Vyfjarige dogtertjie van Kanada het eiehandig haar bababoetie en ma gered nadat die drie in Junie in ʼn gru-ongeluk betrokke was.
Viëtnam wil mites oor renosterhoring kelder
Hoàng Trung Hải, die adjunk- eerste minister van Viëtnam, het Dinsdag tydens ʼn ontmoeting in Kaapstad met adjunkpresident Cyril Ramaphosa onderneem om voort te gaan met pogings om die onwettige handel in renosterhoring te beveg.
Tutu terug by die huis
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu (83) is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan.
Bybel vertaal in klankformaat vir Afrika
Matthys Maree is besig met ʼn projek om die Bybel in verskeie Afrikatale te vertaal en dit in klankformaat vry te stel.
Boek: Low carb is Lekker
Geskryf deur ‘n ma vir ander ma’s wat hul geliefdes se gesondheid deur voeding wil herstel. Low carb is Lekker sal beslis byval vind by alle Suid-Afrikaners wat lief is vir tuiskos sonder om hul gesondheid en welstand in te boet.
Broer vermoor glo gestremde suster oor erfporsie
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy gestremde suster met ʼn mes doodgesteek het, het Woensdag in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane naby Rustenburg verskyn.
Trekkerwa ry oor plaasseun
ʼn 13-jarige seun is in ʼn kritieke toestand in die Tygerberg-hospitaal nadat hy Dinsdag op ʼn plaas naby Stellenbosch in die Wes-Kaap in ʼn trekkerongeluk betrokke was.
Hoekom Cecil die nuus domineer en wat jy moet doen as dit jou ontstel
As jy dus, soos ek, ook gefrustreerd is oor die buitensporige media-aandag wat aan die sogenaamde “moord” op Cecil die leeu gegee word, terwyl ander erger brandpunte agterweë gelaat word, moet nie die leeu en die media daarvoor blameer nie.
Ouers vas oor voorval met vuurwapen by skool
Die ouers van ʼn leerling aan die Roodepoort Primary School in Johannesburg is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle glo in ʼn onderonsie met ʼn veiligheidswag by die skool betrokke was.
Watter rol moet Afrikaners in SA speel?
Die Afrikaners is deur hul werkkrag en kundigheid ’n bate vir Suid-Afrika Die ontwikkelingspotensiaal wat in dié mense opgesluit sit, is enorm. Maar jy ontsluit dit nie deur hulle om elke draai in die tande te skop nie.
Swanger vrou kritiek ná sy verdiepings ver val
ʼn Swanger vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Woensdagoggend vier verdiepings ver geval het op ʼn bouperseel.