Die polisie in die Oos-Kaap het Woensdag ʼn 31-jarige man in hegtenis geneem nadat ʼn glo met ʼn oorlaaide Toyota Quantum-bussie vol skoolkinders roekeloos bestuur het.
Alles vir Woensdag 5 Augustus 2015
Jean terug, Jesse op vleuel
Suid-Afrika se staatmaker senter Jean de Villiers sal Saterdag die Springbok-span aanvoer in sy terugkeer vir die span in hulle Rugbykampioenskapstryd teen Argentinië op Kings Park in Durban.
Limpopo-betoging vlam weer op; R71 gesluit
Die R71 tussen Namakgale en Phalaborwa in Limpopo is weer gesluit aangesien gewelddadige betogings kort-kort in die gebied opvlam.
Benoni-broers in veiligheidskompleks aangeval
Twee broers is Woensdag in die vroeë oggendure deur gewapende mans in hul meenthuis in die Mashoba Lodge-veiligheidskompleks in Benoni aan die Oos-Rand aangeval.
Goeie nuus: Gesteelde motor na 22 jaar opgespoor
ʼn Sakeman van Pretoria was skoon uit die veld geslaan toe hy ʼn oproep van ʼn polisiebeampte kry wat hom inlig dat sy motor wat in 1993 gesteel is, opgespoor is.
Poppeteater bied ontvlugting
Nina is die aanbieder en kunsregisseur van Tallard and the Ladderbird, ʼn sprokie vir grootmense én kinders, of anders gestel: vir die kind in elkeen van ons.” Só skryf Laurika Rauch op haar Facebook-blad
Trompop botsing met trok eis 5
Vyf mense is Woensdagoggend dood nadat ʼn motor trompop met ʼn vragmotor op die N11 naby Ladysmith in KwaZulu-Natal gebots het.
Vermiste Pta-tiener is dalk ontvoer
Die soeke na Monica Gaus (15), die tiener wat Vrydag uit haar ouerhuis in Pretoria verdwyn het, word nou deur die gesinsgeweld- en kinderbeskermingsdienste ondersoek omdat daar vermoed word dat sy moontlik ontvoer is.
Ma hoop haar kind se moordenaar sit lank
Catherina Wannenburg (46) het Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn om ter verswarende omstandighede te getuig teen die vrou wat haar vyfjarige seun 11 jaar gelede vermoor het.
Pasgebore baba op huis se voorstoep gevind
ʼn Pasgebore babadogtertjie is in die hospitaal nadat sy Woensdagoggend op ʼn huis se voorstoep in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gevind is.
Nuuskommentaar: Zuma in ’n staat van beskuldiging?
In dié stadium is dit ’n grootliks akademiese vraag of opposisiepartye se jongste pogings om ’n mosie van wantroue teen pres. Zuma te stel, of die president in ’n staat van beskuldiging te plaas, suksesvol kan wees.
Gedig: Generaal de Wet
“Stil, broers, daar gaan ‘n man verby…” – Jan FE Celliers se gedig, Generaal de Wet
Cecil die leeu: ‘Ek het nie geweet die leeu was bekend nie’
“Ek het nie geweet die leeu was bekend onder toeriste nie en ook nie dat dit ʼn halsband gedra het as deel van ʼn navorsingprojek nie. Die leeu is in die nag geskiet. Ek en my kliënt was al twee verpletter toe ons die volgende dag sien die leeu het ʼn halsband aan.”
Man sterf ná glaspanele hom tref
ʼn Man is Dinsdagaand naby Tzaneen in Limpopo dood en twee is beseer in wat paramedici as ʼn fratsongeluk beskryf.
[Video] Jong boogskutter van Pta presteer
ʼn Leerder aan die Laerskool Lynnwood in Pretoria het vermag wat nog geen ander mens in Suid-Afrika kon regkry nie.
Resensie: Romeo en Juliet- Anthonie Bougas
As ‘n mens na hierdie album luister, besef jy dat Anthonie Bougas geweldig as kunstenaar gegroei het.
Minstens 19 dood toe twee treine ontspoor
Minstens 19 persone is dood en 250 persone is gered nadat twee passasierstreine oor ʼn brug in Indië ontspoor het.
Phalaborwa-pad weer oop ná gewelddadige betogings
Die R71 tussen Namakgale en Phalaborwa in Limpopo is weer oopgemaak ná gewelddadige betogings in die gebied.
Transito-veiligheidswagte in Randburg geskiet
Twee veiligheidswagte is beseer ná ʼn skietery by ʼn winkel in Pretorialaan in Randburg, Gauteng.
Gedagte vir die dag: Wat is régtig belangrik?
Julle is deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! (Filippense 2:1)