Kapt. Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is Sondag omstreeks 10:30 na die huis in Lindsaystraat ontbied. “ʼn Vriendin van die egpaar het hul hondjie in die straat sien rondloop en op hulle afgekom toe sy die hondjie teruggevat het.”
Volgens Steyn is die vrou se lyk in die sitkamer aangetref. Haar keel is oopgesny. Haar man is in ʼn plas bloed in die motorhuis aangetref. Hy het oop wonde aan sy lyf opgedoen en is met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan.
Die Daily Mail het die egpaar geïdentifiseer as Brian en Christine Davis.
“Die aanvaller of aanvallers het met die egpaar se voertuig, ʼn groen Isuzu Wizard met die registrasienommer CAW 80489, van die toneel gevlug. Daar word vermoed dat ʼn televisiestel, twee skootrekenaars en ʼn tabletrekenaar ook gesteel is,” het Steyn gesê.
Die polisie het intussen ʼn foto versprei van hoe die voertuig lyk waarna gesoek word en die publiek gevra om op die uitkyk te wees daarvoor. Mense met inligting kan ao. Reginus Quine by 044 302 6608 of kapt. Visagie by 044 302 6652 bel.
Maroela, die titel van die berig behoort miskien aangepas te word.
Dave wat is fout met die titel van die bergi… ek verstaan dit duidelik
Nie noodwendig verkeerd Debs maar dit neig om te klink asof ‘n egpaar vermoor is terwyl een van die egpaar vermoor is en die ander een ernstig beseer is.
Kry net 5-speurders van New Scotland Yard en hulle sal die skuim vang.