Hy het volgehou dat die departement nie saamstem met die hofbevel dat die twee mans moet vrygelaat word nie.
Alles vir die maand Desember 2011
Ondersoek kom na “siek” ambulansdrywers
Die departement van gesondheid in die Oos-Kaap sê hy sal ondersoek instel ná tien ambulansbestuurders van Port Elizabeth wat die naweek op siekverlof was.
Man sterf in motorfietsongeluk
ʼn 26-jarige man is dood nadat sy motorfiets Maandagoggend met ‘n wit Nissan Sentra gebots het in Potchefstroom in Noordwes.
Saamtrek teenoor saamdruk
Hoe mense spontaan saamtrek te midde van pogings om hulle in ander vorme saam te druk.
Kits Cappucino
Honderd keer, nee, ʼn duisend maal wou ek al een van my beste vriendinne vir Kersfees hê. In blink papier toegedraai met ʼn groot strik om. Nie net vir onder die Kersboom lê nie, maar veral vir daardie stil, donker nagte wat hulleself so ongenooid deur die jaar deel van jou lewe maak.
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Die gesin van Thomas Ferreira, wat vroeër vanjaar deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery is in Krugersdorp, sê hulle het nog geen geldelike hulp ontvang nie.
Dol definisies – K
‘n Paar lawwe definisies.
Nuus-komkommer-taar: Nie meer wat dit was nie
Nuus wat andersins skaars die koerant sou haal, soos ‘n klein winkeldiefstalsakie, word sommer yslike berigte…
Twee van ‘Waterkloof-4’ weer na hof oor vrylating
Die regsverteenwoordigers van twee lede van die sogenaamde ‘Waterkloof-vier’ sal Maandag weer ʼn aansoek by die Pretoria hooggeregshof indien vir hulle vrylating.
Bejaarde egpaar in Mpumalanga vermoor
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê die egpaar se buurvrou het omstreeks 21:00 Saterdagaand op hulle ontbinde lyke afgekom.
Pa en dogter beseer in vliegongeluk
ʼn Man en sy dogter is het Sondag ligte beserings opgedoen nadat hulle ligte vliegtuig in ʼn veld tussen Parys en Kroonstad in die Vrystaat neergeval het.
Polisieman vas ná hy glo verhoorafwagtende verkrag
ʼn Polisie konstabel is in Saterdag in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn verhoorafwagtende by die Glendale-polisiestasie aan die noordkus van Kwazulu-Natal.
Joernalis glo aangerand by ANC-konferensie
ʼn Fotojoernalis is glo Saterdag aangerand tydens die ANC se provinsiale verkiesingskonferensie in Limpopo.
Een van ‘Waterkloof-vier’ vind glo liefde by 45-jarige familievriendin
ʼn Lid van die sogenaamde ‘Waterkloof-vier’ het glo in die tronk liefde gevind by ʼn 45-jarige familievriendin.
Man vas ná moord op vrou, kinders
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou en haar twee dogters in Kameelfontein in Pretoria.
Wat ek gaan word
Ons kinders praat soms baie
Oor wat ons elk sal wees
Eendag as elkeen groot is –
Ons praat ons amper hees.
Die Gelofte van ‘n Verbondsvolk
Die Gelofte beteken vir die Afrikaners dat hulle op hul harte geskryf het: Ons vertrou op God.
Vyf sterf in gru-botsing in Heidelberg
Vyf mense is Vrydag dood, waaronder ʼn ma en haar 3-jarige dogtertjie, in ʼn botsing tussen twee motors in Heidelberg in Gauteng.
Twee van ‘Waterkloof-vier’ bly naweek agter tralies
Regter Eben Jordaan het twee senior beamptes van die Zonderwater-gevangenis Vrydag ʼn maand tronkstraf opgelê nadat hulle Donderdag se hofbevel, dat Tiedt en Van Schalkwyk vrygelaat moet word, verontagsaam het.
‘Rower’ sterf in botsing
ʼn Vermeende rower is dood en nog een beseer nadat hulle motor Saterdag op die N1 omgeslaan het.