Die beplande aanvangs van die e-tolprojek volgende maand in Gauteng is vir eers uitgestel om die publiek se besware aan te spreek, het die raad van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Vrydag gesê.
Alles vir die maand Januarie 2012
Foto’s: “Modimolle-monster” se slagoffer word begrawe
Foto’s van Conrad Bonnette se begrafnisdiens.
Gautrain-bus slaan om
ʼn Gautrain-bus het Vrydagoggend op die Ben Schoeman-snelweg naby Trichardtweg omgeslaan en erge verkeersopeenhopings veroorsaak.
Nie vir koue pampoen skrik nie
Waar kom die uitdrukking vandaan?
“Modimolle-monster”: derde verdagte vas!
Kort ná Johan Kotze Vrydag in die hof verskyn het, het die polisie bevestig dat hulle ʼn derde persoon in verband met die aanval op sy vervreemde vrou en die moord van haar stiefseun, vasgetrek het.
“Modimolle-monster”: vervreemde vrou vertel
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” se vervreemde vrou het ‘n eksklusiewe onderhoud met Die Pos-koerant in Limpopo gehad. Die onderhoud is nou ook op Maroela Media beskikbaar.
Selebi distansieer homself van “Lefika Project”
Jackie Selebi, die veroordeelde voormalige kommissaris van die polisie, sê hy het geen opdrag aan die sogenaamde “Lefika Project” gegee om namens hom aansoek te doen vir mediese parool nie.
Johan Kotze verskyn in die hof
Johan Kotze (50) en sy mede-beskuldigde het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Modimolle verskyn en sal tot hul volgende verhoordatum in Februarie in aanhouding bly.
Foto’s: Johan Kotze in die hof
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” sal Vrydagoggend sy eerste verskyning in die hof maak.
Swerm bye val skoolleerders in Oos-Kaap aan
ʼn 14-jarige seun is dood nadat hy Donderdagmiddag tydens ʼn skooluitstappie in Queenstown deur bye gesteek is, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.
“Ek wou haar net klein bietjie seermaak,” sê “Modimolle-monster”
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn aanval op sy vrou beplan en sy stiefseun vermoor het, verskyn Vrydag in die landdroshof in Modimolle.
Johan Kotze: Die vrae wat oorbly
Elke dan en wan is daar ʼn bisarre storie wat die nasionale aandag aangryp. Dis boonop interessant om die verloop te volg van die soektog en vang van vlugtende rowers en moordenaars wat wreedaardige en oordadige misdade gepleeg het.
Zola Budd gaan die Comrades hardloop
Een van die beste atlete wat Suid-Afrika ooit opgelewer het en voormalige wêreld landloopkampioen, Zola Budd, het haar deelname aan die Comrades Marathon van Pietermaritzburg na Durban op 3 Junie, bevestig.
Ontbinde liggaam in tuin in PE gevind
Die polisie vermoed dat die persoon reeds in 2008 daar begrawe is.
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Die dossier van die ondersoek na die LUR vir behuising, Humphrey Mmemezi, se motorbestuurder wat glo die 18-jarige Thomas Ferreira omgery het, is aan ʼn senior staatsaanklaer oorhandig, het die polisie Donderdag gesê.
4 polisiebeamptes by OR Tambo gevang vir uitbuiting
Vier polisiebeamptes wat posisies by OR Tambo Internasionaal beklee is Donderdag op aanklag van uitbuiting in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
Nuuskommentaar: As Amerika nies…kry Suid-Afrika steeds verkoue
Ekonome en politieke wetenskaplikes sê al dekades lank dat as die VSA nies, die res van die wêreld ʼn verkoue kry. Met die opkoms van China as moondheid, geld dié uitdrukking wel in ʼn gewysigde vorm – ʼn deel van die wêreld word minder geraak, en ʼn ander deel soos Europa kry griep of selfs dubbele longontsteking.
34 dwelmmuile vasgetrek by Kaapstad-lughawe
Die polisie het 34 dwelmmuile by die Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en dwelms ter waarde van R7,5 miljoen gekonfiskeer, het die Wes-Kaapse polisie Donderdag gesê.
Nuuskommentaar: Media het rol gespeel om Johan Kotze te vang
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle Monster” is Woensdag vasgetrek. Dit nogal in Modimolle waar hy sy beweerde misdade gepleeg het. Die inhegtenisname volg nadat hy meer as ʼn week lank kat en muis met die SAPD, publiek en media gespeel het.
“Modimolle-monster”: hoe hy vasgetrek is
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” wat daarvan verdink word dat hy drie mans gedwing het om sy vrou om die beurt te verkrag en toe sy stiefseun doodgeskiet het is ná ‘n weeklange mensejag vasgetrek. Hier is al die besonderhede oor sy inhegtenisname.