Het jy jou al ‘n kat in die sak gekoop? Lees vandag waar dié uitdrukking vandaan kom!
Alles vir die maand Januarie 2012
Wildbewaarders skiet 2 vermeende wildstropers dood in Krugerpark
Wildbewaarders het twee vermeende wildstropers in die Kruger Nasionale Park doodgeskiet, het ʼn beampte Donderdag gesê.
Ondersoek gelas na “rassistiese” Oos-Kaap-vakansieoord
ʼn Ondersoek is na ʼn vakansieoord in die Oos-Kaap gelas na hulle glo gesê het dat ʼn swart kind nie daar welkom is nie, het die Parke en Toerismeagentskap vir die Oos-Kaap (ECPTA) Donderdag gesê.
Branderplankryer ernstig beseer by Llandudno
ʼn 22-jarige branderplankryer is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hy met sy branderplank by Llandudno gery het.
“Modimolle-monster” uiteindelik gevang
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn gruwelike aanranding op sy vervreemde vrou gereël en sy stiefseun vermoor het, sal Vrydag in die landdroshof in Modimolle verskyn, het die polisie in Limpopo gesê.
Oupa erken skuld op seksuele misdrywe
ʼn 58-jarige sakeman en oupa het Woensdag op twee aanklagte van seksuele aanranding in die landdroshof in Humansdorp skuldig gepleit, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
KZN-tieners vas vir bedrog
Twee KwaZulu-Natal tieners is in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om met vervalsde rapporte by die Mtwemtweni Hoërskool naby Amanzimtoti in te skryf, het die KwaZulu-Natalse provinsiale polisie gesê.
Ouma se verkoolde oorskot buite haar huis in Pta gekry
Die verkoolde oorskot van ʼn bejaarde vrou is Woensdag buite haar huis in Mamelodi, Pretoria gevind, het die polisie gesê.
10 mense vas vir die moorde in die Oos-Kaap
Tien mense is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die twee moorde in die Bityi-gebied naby Mthata, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Hector Pieterson en Nasie van Eck – ’n “twee-tot-twintig” verhaal
’n Kransleggingseremonie waar die nagedagtenis van die slagoffers van die ANC se terreurdade herdenk was, het onlangs vurige kritiek uit sekere oorde ontlok. ’n “Hector Pieterson” Google-soektog lewer ongeveer 144 000 resultate op, terwyl ’n “Nasie van Eck”-soektog net mooi agt resultate oplewer.
Rottweiler byt 2-jarige op Clifton-strand
ʼn Tweejarige dogtertjie is Woensdag deur ʼn Rottweiler op Clifton se hoofstrand gebyt, het paramedici gesê.
Man vas vir die onwettige besit van sy oorlede pa se vuurwapens
ʼn Sewe-en-dertigjarige man is in Leeukuil, Polokwane, vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
Video: Wimpy-burgers nou “in Braille” beskikbaar…
Wimpy het onlangs in al hul kitskosrestaurante spyskaarte in Braille aan blinde klante beskikbaar gestel.
Universiteitsaansoeke dalk eersdaags gesentraliseer sê Blade Nzimande
Minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, het aangekondig dat sy departement voortaan alle universiteitsaansoeke sal behartig ná Dinsdag se stormloop waar ʼn vrou dood is, het Dispatchonline Woensdag berig.
Gevang! Kotze definitief vas
Die polisie het bevestig dat hulle Johan Kotze, wat daarvan verdink word dat hy ʼn grusame aanval op sy vervreemde vrou gereël en sy stiefseun doodgeskiet het, in hegtenis geneem het, het die polisie in Limpopo Woensdag gesê.
Gevang! Man wat sy vrou glo laat verkrag en stiefseun doodskiet glo vas
Die polisie het glo pas vir Johan Kotze, die man wat daarvan verdink word dat hy sy vervreemde vrou deur drie mans laat verkrag en sy stiefseun doodgeskiet het, gevang het, berig Beeld.
8 renosterkarkasse in Krugerpark opgespoor
Agt karkasse van renosters is in die Kruger Nasionale Park opgespoor, het SA Nasionale Parke Woensdag gesê.
Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun doodskiet: een van die vermeende verkragters nou agter tralies
ʼn 42-jarige man is Woensdag vir die grusame aanranding van ʼn vrou van Modimolle in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
Herrie los oor kantoorpark by Chapman’s Peak
Dis een van die Kaap se bekendste toeriste-aantreklikhede, maar die herrie is tans los in Chapman’s Peak oor ʼn kantoorpark wat moontlik daar gebou gaan word, het EWN Woensdag berig.
“Verkragter” kom sy moses teë!
Vermeende verkragter kom sy moses teë met ‘n 14-jarige dogter!