Twee mans het Maandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn nadat hulle glo ʼn groen laserstraal na helikopters gewys het wat van twee lughawens in Bloemfontein opgestyg het.
Alles vir die maand Januarie 2012
Stormloop by UJ: een dood, talle beseer
Een vrou is dood en 17 mense is beseer tydens ʼn stormloop by die Universiteit van Johannesburg Dinsdagoggend, het Johannesburg se nooddienste gesê.
Polisielid wat vrou in tronk verkrag het steeds in aanhouding
ʼn 31-jarige polisiebeampte wat in hegtenis geneem is op aanklag dat hy ʼn verhoorafwagtende gevangene verkrag het, sal tot sy volgende verhoordatum in Maart in aanhouding bly, het KwaZulu-Natal se polisie Maandag gesê.
Herrie los na kind in motor toegesluit is: mans nooit aangekla nie
Die twee mans wat glo ʼn kleuter oor die naweek by ʼn winkelsentrum in Welkom in ʼn bloedige motor toegesluit het, is vrygelaat omdat die polisie hulle nie aangekla het nie, het ʼn woordvoerder Maandag gesê.
Paddas, paddas, paddas
‘n Paar uitdrukkings wat die woord “padda” bevat en waar hul vandaan kom!
Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun vermoor: Interpol en Valke word betrek
Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn grusame aanval op sy vrou beplan en sy tienderjarige stiefseun in Modimolle vermoor het, sal eersdaags in hegtenis geneem word, het die polisie in Limpopo Maandag gesê.
AfriForum Jeug hou kranslegging vir slagoffers van ANC-terreuraanvalle
AfriForum Jeug het Sondag ‘n kransleggingseremonie in Pretoria gehou ter nagedagtenis aan die mense wat in die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes gedurende die tagtigerjare gesterf het.
Kleuter verdwyn in sinkgat
ʼn Kleuter in Bryansk in westelike Rusland is dood nadat hy in ʼn gat geval het toe hy en sy ma vir ʼn wandeling gegaan het, het BBC Maandag berig.
Rower dood ná skietgeveg met polisie
ʼn Man is dood ná ʼn skietgeveg Maandag met die polisie na ʼn inbraak op ʼn huis in Cresta, het die Johannesburgse polisie gesê.
Video: Vrou se bungeekoord breek by Vic-valle en sy oorleef
Erin Langworth van Sydney, Australië, het die ervaring van ʼn leeftyd gehad toe haar bungee-sprong by die Zambesirivier in Zimbabwe byna haar lewe gekos het.
Verkeersvolume baie hoog op N1, N3
Die verkeersvolume was Maandag op die N1- en N3-snelweë tussen Bloemfontein, Johannesburg en Harrismith hoër as gewoonlik, het die Road Traffic Management Corporation (RTMC) gesê.
Gautrain-busbestuurders gaan moontlik staak
Die Gautrain-busdiens mag moontlik Maandag in sommige dele van Gauteng onderbreek word weens ʼn dreigende staking deur die bestuurders, het die Bombela Concession Maatskappy gesê.
Egpaar oorlede in Noordwes-ongeluk
ʼn Egpaar is dood en hul twee kinders ernstig beseer toe hul motor op die N4 buite Swartruggens teen ʼn boom vasgery het, het die Noordwes departement vir openbare veiligheid Maandag gesê.
Vrou spring van Orlando-toring; oorkom hoogtevrees
Poupienah Makgatho het 100 km ver van Pretoria gery in ʼn poging om sy vrou te help om haar vrees vir hoogtes te oorkom deur van die ikoniese verkoelingstorings, wat Soweto se stadsilhoeët domineer, te bungee.
Ma wat glo 2-jarige vermoor het erken skuld
“Ons soek Zulpha, ons soek Zulpha,” het die skare geskree na die saak teen Zulpha Jacobs tot 16 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel is.
Twee vas ná hulle kind in toe motor los
Twee mans is Saterdag in Welkom in hegtenis geneem nadat hulle ʼn kind vir bykans twee ure in ʼn toe motor in die bloedige son buite ʼn winkelsentrum gelaat het, het Beeld Maandag berig.
Bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanergemeenskap: 10 van hulle
Bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanergemeenskap? Ek staan my lysie en maak terwyl die blouligvoertuie en die slap karre om die verkeersirkel voor ons gaan. Dalk vind ons en ons kinders mekaar aan weerskante van so ‘n lys. Dalk neem so ‘n lys sommige bo-sestigs terug klaskamer toe. Dalk maak my lys ‘n paar van my tydgenote briesend kwaad. Dalk moes ek dié lys al in 1994 opgestel het…
Nuuskommentaar: ANC se eeufees te laat vir wittebroodstyd
Dat die ANC, wat die buitewêreld betref, as gister se glansparty beskou word blyk daaruit dat ‘n skamele vier regeringshoofde die amptelike dinee bygewoon het, terwyl vyf voormalige regeringshoofde die ANC met hul teenwoordigheid vereer het.
22 mense het glo reeds in 2012 verdrink
Ten minste 22 mense het sedert die begin van 2012 aan die Suid-Afrikaanse kus verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.
35 mense beseer in twee ongelukke in Vrystaat
Vyf en dertig mense is in twee afsonderlike minibus-ongelukke in die Vrystaat beseer, het paramedici Sondag gesê.