ʼn Suid-Afrikaner het een van die wêreld se ysigste swemuitdagings Donderdag in ʼn Skotse meer voltooi, het ʼn woordvoerder vir die Internasionale Ysswemvereniging gesê.
Alles vir die maand Januarie 2012
Man skiet vervreemde vrou, self in JHB
ʼn 25-jarige man van Soweto het Vrydagoggend sy vervreemde vrou, 24, voor hul ses maande-oue baba in hul huis in Zondi geskiet en toe homself geskiet, het die polisie in Johannesburg gesê.
Boekehuis in JHB maak deure toe weens swak leeskultuur
Suid-Afrika mag miskien reeds twee Nobelpryswenners in Letterkunde opgelewer het, maar ʼn bekende boekwinkel in Johannesburg, Die Boekehuis, gaan eersdaags weens die treurige leeskultuur in die land sy deure sluit.
Unisa-prof gevang wat glo twee haweloses verkrag
ʼn Professor in sielkunde by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn vir die verkragting van twee hawelose mans in Pretoria, het die polisie Vrydag gesê.
Oprah se skool: eerste matrieks slaag almal
Die eerste groep matrieks by Oprah Winfrey se skool vir Suid-Afrikaanse meisies is nou gereed vir tersiêre onderrig nadat hulle almal hul matriekeksamen geslaag het, het die Raad van Direkteurs Donderdag gesê.
Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun skiet: mensejag is aan!
Die seun, Conrad Bonnette, het glo aanhoudend gesê: “Oom, moet my asseblief nie skiet nie.”
Kaapstad-man gevang met vuurpyle
ʼn 28-jarige man is met ʼn ongelisensieerde vuurwapen, ʼn rookgrenaat, vuurpyle, ammunisie, en dwelms ter waarde van R108 000 in Woodstock, Kaapstad in hegtenis geneem, het die polisie Vrydag gesê.
Afrikaanses is dood. En Afrikaners dan?
“Afrikaanses het ʼn stille dood gesterf,” skryf Tim du Plessis onlangs. […] Wat is die bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanerkultuurgemeenskap? Die Groot Debat gaan ʼn paar mense vra om hul mening hieroor te waag.
AfriForum Jeug se kranslegging vir slagoffers van ANC-terreuraanvalle
AfriForum Jeug gaan Sondag, 8 Januarie, ’n kransleggingseremonie in Pretoria hou ter nagedagtenis aan die mense wat in die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes gedurende die tagtigerjare gesterf het.
Selebi se vriende doen aansoek vir mediese parool
” Ons is van mening dat ons korrektiewe sentra se hoofdoel nie daar is om mense te straf nie, maar eerder om oortreders te rehabiliteer…”
Nuuskommentaar: ANC se eeufees – Van “broad church” tot buitebande en vuurhoutjies
Wanneer die eeufeesvieringe in volle swang is, wanneer die staatshoofde eregaste is, geniet die ANC formeel die status van een van die wêreld se oudste bevrydingsbewegings, en is dit die oorweldigende grootste politieke mag in die land, krakies ten spyt.
O Boereplaas…
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor, niks wat my siel ooit so bekoor!
Boom val man dood
ʼn Man (in sy 40’s) is dood ná ʼn boom Donderdag by Lenasia in Johannesburg op hom geval het, het paramedici gesê.
Pastoor aangekla van derde verkragting
“Die verdagte was glo verbaas toe die polisie vir die tweede keer by sy huis opgedaag het om hom in hegtenis te neem,” het Mulaudzi gesê.
Man (29) skiet sy meisie, self in JHB
“Ek sal jou doodmaak en myself doodmaak en jou familie sal huil.”
AfriForum Jeug nooi matrikulante om uitstaande uitslae aan te meld
AfriForum Jeug het vandag matrikulante uitgenooi om hul inligting aan AfriForum Jeug deur te gee indien hulle nie vandag hul matriekuitslae ontvang het nie.
Matriek-slaagsyfer: vergelyking tussen 2010 en 2011
‘n Grafiese voorstel van die matriekslaagsyfer in 2011 teenoor die matriekslaagsyfer in 2010.
Tienerseun (18) steeds soek na hy glo verdrink het
Die soektog na ‘n tienerseun wat vermoedelik by Silwerstroomstrandoord naby Atlantis in die Wes-Kaap verdrink het, duur voort, het die polisie Donderdag gesê.
Man wat glo vrou laat verkrag, seun doodskiet, dalk binnekort vas
Die polisie in Limpopo is oortuig dat Johan Kotze, die 51-jarige man wat vir die moord op sy stiefseun en aanslag op sy vervreemde vrou verdink word, binnekort in hegtenis geneem sal word.
AfriForum bekommerd oor matriekslaagsyfer – eis moedertaalonderrig
AfriForum beskou die gebrek aan moedertaalonderrig in Suid-Afrika as een van die vernaamste redes vir ‘n groot groep leerders wat nooit hulle skoolloopbaan voltooi nie.