Vier mans is Sondag aan die Durbanse strandfront in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring in hul besit gevind is.
Alles vir die maand Maart 2012
Dokter, vrou gesoek oor ‘kinderseksring’
‘n Durbanse dokter en sy vrou word deur die Valke gesoek nadat daar glo ‘n kinderseksring van hulle huis bedryf is
Iemand beethê
Taaltoffie kyk na die herkoms van die uitdrukking om iemand “beet te kry”
Oud 7de Laan-akteur kry borg
ʼn Voormalige 7de Laan-akteur is borg toegestaan nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is vir dronkbestuur in Melkbosstrand.
Nuuskommentaar: Mogoeng in die kookpot
‘n Skynbaar heel onskuldige versoek van hoofregter Mogoeng Mogoeng dat senior regters en hoofde van howe ‘n leierskapskurus bywoon, na voormalige hoofregter Pius Langa in ‘n ondersoek bevind het daar is ‘n gebrek aan leierskap by howe, het nou in ‘n politieke debat met godsdiensondertone verander.
Oproep aan 10111: “F***f”
“F***f.” Dit was glo die reaksie van ʼn 10111-operateur toe sy ʼn oproep beantwoord het van die uitvoerende hoof van Primedia, Yusuf Ambramjee.
Ondersteuning vir Mogoeng na uitnodiging na Christen-konferensie
Die Hoofde van Howe sê hulle het volle vertroue in Hoofregter Mogoeng Mogoeng en sal hom in sy werksaamhede steun.
Man ernstig beseer na motor boom tref
ʼn Man is ernstig beseer na sy motor teen ʼn boom gebots het in Meyerton in die Vaaldriehoek.
…en lei my nie in die rugbyversoeking…
Polla Roux bespreek die naweek se rugby.
KKNK gaan kook!
Die Huisgenoot-Musiekplaas het vanjaar ’n propvol program by die ABSA KKNK.
Antiekmark by Voortrekkermonument
Die Voortrekkermonument bied hierdie jaar op Menseregtedag, Woensdag, 21 Maart van 09:00 tot 15:00 op die dak van die groot Amfiteater, weer hul gewilde antiek- en versamelaarsmark aan.
Walvishaai spoel op strand uit
Branderplankryers het tevergeefs probeer om ʼn drie meter lange walvishaai wat Sondagmiddag by die Soetwater-kampterrein op Kommetjie in die Kaapse Skiereiland uitgespoel het, te red.
Polisie lê beslag op dwelms, motors tydens klopjag
Die polisie het op verskeie dwelms en vier motors beslag gelê na ʼn klopjag op ʼn huis in Randburg, Johannesburg.
Man ernstig beseer tydens valskermongeluk
ʼn Man is Sondagoggend ernstig beseer tydens ʼn valskermongeluk naby Hartbeespoortdam in Noordwes.
‘Ek het niks vir hulle te sê nie’
Christelle Lotter, suster van Nicolette en Hardus wat vroeër die week skuldig bevind is aan die moord op hulle ouers, het niks vir haar broer en suster te sê nie.
Motorfietsryer sterf in ongeluk
ʼn Motorfietsryer is dood nadat hy teen ʼn motor gebots het in Vereeniging.
Reuse beloning vir inligting oor moord op dogter
Die pa van die vermoorde Maties-student, Inge Lotz, het ʼn beloning van R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van haar moordenaar sal lei.
Planne om Velvet Sky weer in die lug te kry
Laekoste lugredery Velvet Sky het Vrydag bevestig dat hy drie verskillende reddingsplanne in plek het, het EWN Saterdag berig.
Moontlik borg vir 5 wat “besete tiener” doodmaak
ʼn Uitspraak oor die borgaansoek vir vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn tiener tydens ʼn duiweluitdrywingseremonie in Durban vermoor het, sal Maandag gemaak word, het die polisie gesê.
Seuntjie soek veselperske, sit vas in afvoerpyp
Reddingswerkers het Vrydagaand gesukkel om ʼn 9-jarige seun wat in ʼn afvoerpyp in Bombele op die KwaZulu-Natal suidkus vasgesit het te bevry, het paramedici gesê.