Klagtes teen die twee Johannesburgse polisiebeamptes wat daarvan beskuldig is dat hulle verlede jaar twee susters verkrag het, is laat vaar, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (ICD) Vrydag gesê.
Alles vir die maand Maart 2012
SA-dwelmmuil terug van Mauritius
ʼn Suid-Afrikaanse vrou het pas huis toe gekeer nadat sy sewe jaar in Mauritius tronkstraf uitgedien het vir dwelmsmokkelary.
Makoue gesteel
ʼn Aantal makoue is van ʼn plaas in Lichtenburg in Noordwes gesteel waar ʼn patee van hul lewers gemaak word, het die Nasionale Raad van DBVs (NSPCA) Vrydag gesê.
Vrou wat huis toe stap bedwelm en verkrag
ʼn Vrou is bedwelm en verkrag terwyl sy van ʼn nagklub in Klerksdorp huis toe gestap het, het die Noordwes-polisie Vrydag gesê.
Videogrepe uit FAK-spitsberaad oor Afrikaanse Onderwys
Die doel van die spitsberaad is om goeie inligting in te win oor die onderwyssituasie, maar veral om ʼn strategie te ontwikkel hoe burgerlike organisasies ʼn bydrae kan lewer tot ondersteuning van Afrikaanse skole.
Videogreep: FAK-Onderwysspitsberaad – Marlene Verhoef
‘n Videogreep uit prof. Marlene Verhoef se toespraak by die FAK-Onderwysspitsberaad
Videogreep: FAK-spitsberaad – Paul Colditz
Videogreep uit Paul Colditz van FEDSAS se toespraak by die FAK-Onderwysspitsberaad
Videogreep: FAK-spitsberaad – Chris Klopper
Videogreep uit Chris Klopper van die SAOU se toespraak, “Perspektiewe op Afrikaanse Onderwys”.
Vrou glo as seksslaaf aangehou in myn
ʼn Vrou wat glo ontvoer is deur onwettige mynwerkers en as ʼn seksslaaf ondergronds aangehou word, is steeds vermis.
Voortrekkermonument nou nasionale erfenisterrein
Die Voortrekkermonument in Pretoria is Vrydag as ʼn nasionale erfenisterrein verklaar.
Vyf sterf in gru-ongeluk op N12
Vyf mense is Vrydag dood in ʼn gru-ongeluk op die N12 tussen Glen Harvey en Fochville in Noordwes.
So bang wees vir iets wees soos die duiwel vir ‘n slypsteen
Ken jy die oulike verhaal agter dié uitdrukking?
Ma wat dogters uitverhuur lewenslank tronk toe
ʼn Ma wat haar twee dogtertjies vir seks verkoop het, is twee vonnisse van lewenslange tronkstraf, sowel as ʼn bykomende 31 jaar tronkstraf opgelê deur die Pretoriase streekhof.
Het die einde aangebreek vir die Sosiale Europa?
In die debatvoering rondom die uitbreiding van sosiale sekuriteit en sosiale toelaes in Suid-Afrika is dit interessant om die stand van sosiale sekuriteit in Europa te bestudeer.
“Renosterstropers” dalk vry oor tolk
Twee mans, onderskeidelik van Sjina en Viëtnam, wat van renosterstropery beskuldig word, kan moontlik Vrydag as vry mans uit die Kemptonparkse landdroshof uitstap indien die tolk nie opdaag nie, het Beeld berig.
Nuuskommentaar: Krieket-aanslaan
Dat die Proteasnelbouler, Rory Kleinveldt positief vir ‘n verbode middel getoets is, is maar die jongste gebeure wat die Suid-Afrikaanse krieketwêreld geskud het.
3 mans glo oor ‘n plasmatelevisie vermoor
Die diefstal van ʼn plasmatelevisie het moontlik tot die dood van drie mans in Macassar, Kaapstad gelei, luidens ʼn berig Vrydag.
Gevangenes se behandeling “skokkend en kommerwekkend”
Die Prokureursorde van Suid-Afrika (LSSA) het Vrydag die voorval waar drie gevangenes, wat vroeër die week uit die Pretoria Sentraal gevangenis probeer ontsnap het en toe voor die media geparadeer is, as skokkend en kommerwekkend beskryf.
Video: Kunstenaars maak stem dik teen misdaad
Shout, ’n beweging van Suid-Afrikaanse kunstenaars teen misdaad, het Donderdag sy nuwe musiekvideo en ʼn teenmisdaad “slimfoon toepassing” bekendgemaak.
Krieketspeler toets positief vir verbode middel
’n Protea-krieketspeler het positief getoets vir die gebruik van ’n verbode middel.