Die hoogste hof van appèl het die DA se versoek om toegang te kry tot die rekords waarop die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sy besluit gegrond het om aanklagte van onder meer korrupsie en bedrog teen president Jacob Zuma te laat vaar, toegestaan.
Alles vir die maand Maart 2012
Mans met motorbande aan die brand gesteek
Drie mans is dood nadat hulle met motorbande aan die brand gesteek is in Khayelitsha in Kaapstad.
Vrou ‘seksueel aangerand’ deur metropolisie
ʼn Vrou beweer sy is seksueel aangerand deur ʼn metropolisiebeampte nadat hy haar vir dronkbestuur getoets en toe glo omkoopgeld van haar gevra het.
Gedig: Ken jy die see…
Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Man sterf in gru-botsing
ʼn Man is dood en vier mense beseer na vyf motors in ʼn ongeluk betrokke was op D.F Malan-rylaan naby Van der Hoff-weg in Pretoria.
Die grootste Afrikaanse joernalis
Johannes Froneman bespiegel wie as die grootste Afrikaanse joernalis beskou kan word.
Nuuskommentaar: Zuma se skrif aan die muur en dalk statutêre staatsgreep?
Verskillende redes word aangevoer oor waarom die president nie die ANC se leierskapstryd die einde van die jaar sal oorleef nie.
Man sterf in botsing in Springs
ʼn Man is dood en vier mense ernstig beseer na ‘n botsing tussen twee motors en ‘n vragmotor op die Paul Kruger-hoofweg in Geduld, Springs.
D-dag vir Zuma
Die Hoogste Hof van Appèl sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer oor of vorige aanklagte van korrupsie teen president Jacob Zuma hersien moet word.
Polisie opgelei om verklarings af te neem
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het gewaarsku dat polisiebeamptes dissiplinêre optrede teen hulle kan verwag indien hulle nie akkurate verklarings afneem nie.
Ses begrawe in sneeustorting
Polisie sê ses buitelandse toeriste is in ʼn sneeustorting in die noorde van Noorweë begrawe.
Polisiebeampte gevonnis ná moord op skoonsus
ʼn Voormalige polisiestasie-bevelvoerder is tot 20 jaar lank tronkstraf gevonnis nadat sy haar skoonsuster vermoor het, het die Onafhanklike Klagteburo (ICD) Maandag gesê.
Soveel renosters reeds vanjaar gestroop
Die departement van omgewingsake het Maandag statistiek bekendgemaak rakende die aantal renosters wat reeds vanjaar vir hulle horings doodgemaak is in Suid-Afrika.
Skaatsplankryer sterf na hy vragmotor tref
ʼn Skaatsplankryer is dood nadat hy Maandagmiddag teen ʼn vragmotor vasgery het in Franschhoek in die Wes-Kaap.
Uittreksel: Die kamer langsaan
Uittreksel uit Annemari Coetser se boek, “Die kamer langsaan”
Man vermoor glo vrou, seun
ʼn 61-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagaand sy 60-jarige vrou en 42-jarige seun doodgeskiet het na ʼn beweerde rusie by hul huis in Dorandia, Pretoria-Noord.
Lotter-moord: Vonnis uitgespreek
Mathew Naidoo is Woensdag twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir sy aandeel in die moord op sy voormalige meisie, Nicolette Lotter, se ouers.
Kompetisie: Kinders se oulike Afrikaanse sêgoed
Ons het soveel oulike antwoorde ontvang, en nou het ons jou hulp nodig om die wenner aan te wys!
Belastingbetaler dok op vir Gauteng-regsskikkings
Regsskikkings het die Gautengse regering verlede jaar R612 miljoen uit die sak gejaag, het die DA Maandag gesê.
Man aangekla ná gru-ongeluk waarin vyf sterf
‘n Man sal Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag nadat vyf mense, insluitend ʼn voornemende bruid, in ʼn ongeluk op die N2 gesterf het.