Argeoloë wat in die Bulgaarse stad Sozopol opgrawings doen, het die geraamte ontdek van iemand wat klaarblyklik vir ‘n vampier aangesien is.
Lees meerAlles vir Woensdag 6 Junie 2012
Vyf mans vas ná hulle fop-Viagra verkoop
Vyf mans is in Kwazulu-Natal in hegtenis geneem ná hulle in besit van fop-Viagra, met ʼn straatwaarde van nagenoeg R800 000, betrap is.
Bheki Cele dalk afgedank
SAUK-nuus het betroubaar verneem dat Bheki Cele, die geskorste nasionale kommissaris van die polisie, afgedank gaan word.
Twitter-kenmerk ‘veer’eenvoudig
Twitter gaan van vandag af slegs hul alombekende blou voëltjie as hul handelsmerk gebruik.
Berei voor vir veldbrande, hoor Vrystaat-boere
Met die eerste groot veldbrand dié seisoen in die Vrystaat is sowat 2 000 hektaar weiding in die Vrede-distrik verwoes, en die LUR vir Landbou, Mosebenzi Zwane, het boere aangeraai om voorbrande te maak.
Mdluli: Nog ʼn spyker in die doodskis
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Woensdagmiddag ʼn dringende interdik toegestaan wat Richard Mdluli, die voormalige hoof van die polisie, verhoed om enige polisiewerk te doen.
E-tol: Appèl in Augustus aangehoor
Die konstitusionele hof sal betoë oor die e-tolsaak op 15 Augustus aanhoor.
Aansoek om Chapmanspiek-tolplaza te keer, van die hand gewys
Die Houtbaai-inwonersvereniging het nie daarin geslaag om ʼn interdik teen die konstruksie van die Chapmanspiek-tolplaza in Kaapstad te verkry nie.
Baba Wiehan: bekendes stap teen geweld
Vele bekendes gaan op 19 Junie ʼn optog in Pretoriase strate lei om teen misdaad te betoog ná die moorde op baba Wiehan Botes en sy dagmoeder.
Cell C-afleggings: Vakbond dreig met regsaksie
Die vakbond Solidariteit dreig om ʼn dringende hofinterdik te bekom indien Cell C nie sy afleggingsproses staak nie.
Poskantoorstaking beëindig
Die maandelange staking by die Suid-Afrikaanse Poskantoor is Woensdag uiteindelik beëindig.
Kanker in SA teen 2030 78 % meer
Kanker gaan teen 2030 wêreldwyd teen 2030 met 75 persent styg, maar in sommige ontwikkelde lande met tot 90 %, volgens ‘n studie wat in The Lancet verskyn het.
AfriForum beoog stappe teen ANC-jeugliga
Die ANC-jeugliga gaan moontlik by die gelykheidshof aangekla word ná hulle Dinsdag boere gedreig het om saam te werk met grondhervormingsplanne óf die risiko van gewelddadige grondbesettings in die gesig staar.
Video: Nuwe rekenaarlokale vir ‘n behoeftige Afrikaanse skool – help ons!
Maroela Media het twee weke om vir die Hoërskool Hercules in Pretoria-Wes twee splinternuwe rekenaarlokale in te rig. Dié skool se leerders presteer uitstekend, ten spyte van moeilike omstandighede. Help ons!
Foto: Venus voor die son
Vir die wat nie Woensdagoggend kon sien hoe die planeet Venus voor die son wentel nie – Nasa het seker gemaak dat dié rare sterrekundige gebeurtenis gedokumenteer word.
Sokkerafrigter vas na hy glo twee meisies verkrag
ʼn Sokkerafrigter van Wolmaransstad is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem ná hy glo twee meisies, wie hy afgerig het, verkrag het.
Nuuskommentaar: Waarheen gaan vakbondradikalisering in SA?
‘n Interessante verskynsel is in Costatu aan die ontwikkel. Cosatu is ‘n vakbondfederasie wat uit talle vakbonde bestaan, maar waarvan die National Union of Mineworkers die ruggraat vorm.
Vrou gekeer om sterwende pa te groet
‘n Aktetikster van Klerksdorp, Hesta Kotze, is deur ‘n verkeersbeampte gekeer om haar sterwende pa te groet nadat hy haar vir ‘n beweerde spoedoortreding in hegtenis geneem het.