Ronell Botma, wat van die moord op haar man aangekla word, het aan die landdroshof in Middelburg gesê hy het haar en haar kinders gereeld mishandel.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Februarie 2013
Polisie het glo 14-jarige doodgeskiet
‘n Polisiebeampte het Vrydag glo ‘n 14-jarige seun in Palmietfontein naby Aliwal-Noord in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Lisensie vir man wat glo drawwers doodry
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag beveel dat ‘n man, wat glo vyf drawwers doodgery het, se bestuurderslisensie aan hom teruggegee moet word.
Weduwee en seun by pa se begrafnis geskiet
‘n Weduwee is dood en haar seun gewond nadat hulle by haar man se begrafnisdiens geskiet is.
Bejaarde vrou glo deur seuns doodgekap
ʼn 75-jarige dagmoeder van Winterveldt, noord van Pretoria, is Donderdag glo deur haar twee seuns vermoor.
Hofuitspraak baan die weg teen regstellendeaksiesake
ʼn Uitspraak deur die Johannesburgse arbeidshof, waarin die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se regstellendeaksieplan as ʼn kwotastelsel bestempel word, baan die weg teen regstellendeaksiesake.
Bendeverkragting: Man sterk aan
Die man van Rustenburg wat Donderdag glo deur ses mans in ʼn bos langs die pad na Mooinooi bedwelm en verkrag is, sterk by sy huis aan.
Egpaar sterf saam ná hul gif drink
ʼn Geregtelike doodsondersoek is in Noordwes van stapel gestuur nadat ʼn egpaar, in hul 60s, Maandagoggend dood in hul huis aangetref is.
Goeie nuus: Stellenberg Hoër wen gróót met groentetuin by arm skool
Toe Hoërskool Stellenberg ʼn liefdadigheidsprojek aangepak en boonop gewen het, het hulle veel meer as net geld gewen. Hulle het ook vriendskappe gekweek waarvan hulle lank die vrugte gaan pluk.
AfriForum weer hof toe oor Zim-helikopters
AfriForum is Dinsdag weer in die hooggeregshof in Pretoria oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se voorgenome lewering van helikopters aan die Zimbabwiese Lugmag.
Jantjie of waentjie
Wat is die mooi Afrikaanse vertaling vir “heads or tails”? Taaltoffie ondersoek sommer die herkoms ook van “Jantjie of waentjie”.
Oscar het glo amper ʼn vriend ook geskiet
Oscar Pistorius het glo in Januarie per ongeluk ʼn geweerskoot in ʼn besige restaurant in Melrose Arch laat afgaan, en byna ʼn vriend raakgeskiet.
Huispryse styg
Die gemiddelde huisprys het die afgelope jaar met 5% gestyg.
SA kry nuwe politieke platform
Dr. Mamphela Ramphele, die skrywer, aktivis en sakevrou, het Maandag bevestig dat sy ʼn nuwe “politieke platform” gaan stig.
Aanranding: Akteur en meisie skik buite hof
Beweringe van ʼn aanrandingsaak teen ʼn Suid-Afrikaanse sepiester was glo ʼn misverstand en die saak is teruggetrek.
Country-sanger pleeg glo selfmoord
Die country-sanger Mindy McCready (37) is Sondag dood nadat sy haarself glo geskiet het.
Oscar se wedlope gekanselleer
Al die toekomstige wedlope waaraan die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sou deelneem, is vir eers gekanselleer.
Aanranding: Akteur in hof, naam bekend
ʼn Bekende sepiester het pas in die Roodepoortse-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding.
Olifantjagter kry R50 miljoen ná inhegtenisname
Jaco Scott, ʼn professionele jagter, is R50 miljoen deur die Pretoria-hooggeregshof toegestaan nadat hy verkeerdelik in hegtenis geneem is.
Fietsryer doodgery in tref-en-trap
Dawie Nell, ʼn 46-jarige fietsryer en ysterman-deelnemer, is Sondagoggend op die R28 naby Silverstar Casino in Krugersdorp in ʼn tref-en-trap ongeluk doodgery terwyl hy fiets gery het.