Kelly Flynn (21) was onder die invloed van alkohol toe sy in die olifant-kamp by ʼn dieretuin in Colorado, Amerika beland het. Die sekuriteit was besorg dat sy deur die elektriese heining geskok is.
Lees meerAlles vir Woensdag 25 Desember 2013
Taxibestuurder beloon toe hy R3 miljoen terugbesorg
ʼn Eerlike taxibestuurder van Las Vegas is beloon nadat hy $300 000 (sowat R3 miljoen) aan ʼn klant terugbesorg het.
Oukersaand-tragedie: Pa probeer dogter by ongelukstoneel red
Steve Whitcomb (58), ʼn vrywillige brandbestryder, het op Oukersaand reageer op ʼn motorongeluk in New Hampshire, Amerika en het probeer om die sterwende slagoffer te help, net om uit te vind dit is sy eie dogter.
Kersdagbabas gebore
Altesaam 112 babas is in Limpopo op Kersdag van middernag tot omstreeks 12:00 gebore, het die provinsiale departement van gesondheid gesê.
Video: Toeriste vasgeys by Antarktika
Sowat 70 mense, waarvan 50 toeriste en wetenskaplikes is, moet noodgedwonge Kersfees vasgekeer op ‘n skip by Antarktika deurbring.
Video: Kenners besorg oor tabletrekenaars vir kinders
Pediaters en ander gesondheidskenners is glo besorg oor tabletrekenaars wat só maklik is dat selfs driejariges dit kan gebruik.
Polisie op soek na vyf selfoondiewe
Die polisie in Noordwes is op soek na vyf mans wat glo selfone en klere ter waarde van R150 000 gesteel het.
Jacques Kallis kondig uittrede aan
Jacques Kallis, die Proteas-krieketspeler, het sy uittrede uit toets en eersteklas-krieket aangekondig, het Krieket SA Woensdag gesê.
Ma steeds vol hoop al is dogter breindood ná mangeloperasie
ʼn 13-jarige dogter van Oakland in Amerika is Dinsdag breindood verklaar weens komplikasies ná ʼn mangeloperasie.
Video: Towerklavier vermaak en verras reisigers
ʼn Video van reisigers se reaksie op ʼn “towerklavier” in die middel van Chicago se Union Station is ʼn internetsensasie.
Kaapstad-man verdrink op Oukersaand
Brett Nerwich (30) van Plumstead in Kaapstad het Dinsdag omstreeks 16:00 in Kleinplaas-dam in Simonstad, naby Kaapstad, verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Woensdag gesê.
Kersboodskappe
Soos tradisioneel die geval is, is die regering se Kersboodskap deur die adjunk-president gelewer. Soos die tradisie dit wil hê, is die sekulêre boodskap afgesluit met die wens dat almal ‘n vrolike Kersfees (merry Christmas) sal hê.
Polisieman vas ná hy glo ongelukslagoffer beroof
Ao Christopher Ross, ʼn polisiebeampte wat naby aan Lichtenburg gestasioneer is, het in die hof verskyn nadat hy glo R900 gesteel het van ʼn man wat in ʼn ongeluk oorlede is.
De Lille se handsak gesteel
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, se handsak is Oukersaand tydens ʼn gryp-en-spaander-aanval uit haar motor gesteel.
855 sterf op SA-paaie
Minstens 855 mense het reeds sedert die begin van Desember in 700 noodlottige ongelukke op Suid-Afrika se paaie gesterf, het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) Dinsdag gesê.
Gedagte vir die dag: Christus ons Voorbeeld
Johannes 13:13-15 – Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leermeester…