Die WAT Woord van die Week is “sjarmeer”
Alles vir die maand Februarie 2014
Boeremag-arsenaal opgespoor
Die Valke het Sondag gesê ‘n arsenaal van die Boeremag is opgespoor.
Inhoud van Mandela-testament bekend gemaak
Die inhoud van oud-president Nelson Mandela se testament sal Maandag bekend gemaak word.
Zuma versoek vreedsame betogings
Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê die gewelddadige aard van openbare betogings waar mense glo ook deur die polisie se toedoen gesterf het, is kommerwekkend.
“Ramphele kan nie vertrou word nie” – DA
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, het afgewyk van die ooreenkoms om haarself as presidensiële kandidaat van die DA beskikbaar te stel.
Gedagte vir die dag: Skuldenaars voor God (1)
Luk. 7:40-41 – Maar Jesus spreek hom aan en sê: ‘Simon, Ek het iets om vir jou te sê.’ ‘Meneer, sê dit maar!’ antwoord hy. Jesus…
Bekende Hollywood-akteur dood aangetref
Die Oscar-bekroonde akteur Philip Seymour Hoffman is dood aangetref in ‘n woonstel in Manhattan, New York.
Twee dood, drie beseer in ongeluk
Twee mense is dood en drie beseer in ʼn ongeluk Sondagmiddag op die R21 in Cornwall Hill, Pretoria.
Sakeman sterf in vliegongeluk
Die Oos-Kaapse polisie het bevestig dat ʼn 50-jarige vlieënier van Benoni aan die Oos-Rand oorlede is nadat sy enkelsitplek-vliegtuig in die Addo Olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap neergestort het.
Webtuiste oor mislukte besnydenisse kry groen lig
Die Rolprent-en-Publikasieraad (FPB) het beslis dat ʼn webtuiste wat uiters eksplisiete foto’s publiseer van tradisionele besnydenisse wat skeefgeloop het, die reg het om dit te doen, berig City Press.
Solidariteit dien klag teen Patrice Motsepe in by adjunkpresident se kantoor
Die vakbond Solidariteit het ʼn klag teen Assmang, ’n gesamentlike onderneming van African Rainbow Minerals (ARM) en Assore, by adjunkpresident Kgalema Motlanthe se kantoor ingedien.
Slegs een uit 394 hospitale voldoen aan standaarde
Slegs een uit 394 staatshospitale het aan aal die aanvaarbare standaarde voldoen in ʼn oudit wat deur die departement van gesondheid gedoen is, berig City Press.
Cele kap Madonsela oor Nkandla-verslag
Bheki Cele, voormalige polisiehoof, het Thuli Madonsela, openbare beskermer, se konsepverslag oor president Jacob Zuma se Nkandla-woning gekritiseer en gesê dit plaas onregverdiglik skuld op hom, berig die Sunday Independent.
NVG beskuldig Breytenbach van bedrog en korrupsie
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kan adv. Glynnis Breytenbach, wat onlangs bedank het om by die DA aan te sluit, glo van korrupsie en bedrog aankla, berig die Sunday Independent.
Drie sterf in Jhb-ongelukke
Drie mense is Saterdagaand in ongelukke in Johannesburg oorlede, het die Johannesburgse metropolisie Sondag gesê.
Moord op polisiebeamptes ‘barbaars’
Die moord op twee polisiebeamptes van KwaDukuza was ʼn gevoellose, hartelose en barbaarse daad, het Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, gesê.
Studenteraad kry interdik teen TUT
Die Sosialistiese Jeugbeweging (SYM) en die studenteraad van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het Saterdag ʼn interdik bekom teen die uitsetting van studente uit TUT se koshuise.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn 45-jarige man is dood nadat sy motorfiets Saterdagaand teen ʼn motor gebots het in Springs aan die Oos-Rand.
Vermiste vliegtuig gevind
Die Suid-Afrikaanse Lugmag het die vliegtuig wat Woensdag onderweg van Port Alfred na Port Elizabeth vermis geraak het, opgespoor.
DA gaan Ramphele ultimatum gee
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, versoek om dit duidelik te maak oor of sy by die party gaan aansluit en as presidensiële kandidaat in die verkiesing gaan staan en of sy die ooreenkoms gaan kanselleer, berig die Sunday Times.