ʼn Agt maande oue babadogtertjie is dood aangetref in haar ouers se bed by hul huis in Port Alfred in die Oos-Kaap.
Alles vir die maand Februarie 2014
Nóg sukses vir Faan se Trein
Na ʼn baie suksesvolle openingsnaweek het die rolprent Faan se Trein weer die geld by die loket laat inrol.
Taxi-betogers spot Zuma
Honderde taxi-betogers het Maandag tydens hul e-tol optog in Pretoria plakkate rondgeswaai wat die gek skeer met president Jacob Zuma.
Video: Solidariteit wéér hof toe oor regstellende aksie
Die vakbond Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste het mekaar weer in die arbeidshof gepak oor regstellende aksie.
Philips maak miljoene uit daggakweek; afgedreig
Die Nederlandse vervaardiger van elektriese toebehore, Philips, het miljoene rande verdien uit die verkoop van lampe aan kweekhuise waar onwettig dagga gekweek is.
Mandela-testament voorgelees
Die inhoud van oud-president Nelson Mandela se testament is Maandag omstreeks 13:00 in Johannesburg deur Dikgang Moseneke, adjunk-president van die konstitusionele hof, voorgelees.
Video: Griekse dorp weer deur sterk aardbewing geskud
Die Griekse dorp Lixourion op die eiland Kefalonia (Caphalonia) is vanoggend die tweede keer in net meer as ‘n week deur ‘n sterk aardskudding van 6,1 op die momentmagnitudeskaal geskud.
Ramphele en Zille verduidelik wat gebeur het
Dr. Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, en Helen Zille, het kort na mekaar afsonderlike nuuskonferensies gehou om te verduidelik waarom hul kortstondige politieke huwelik so gou op die rotse beland het.
Tukkies-honneursgraadstudent vermis
Ronald Patrick Uys, ʼn 27-jarige student aan die Universiteit van Pretoria (Tukkies), word sedert verlede Woensdag vermis.
2 500 jaar oue gedigte van beroemde Griekse digteres gekry
Twee gedigte van die bekende Griekse digteres, Sappho, is onlangs ontdek, en een hiervan het redelik goed op die papirus bewaar gebly.
Departement verhaal miljoene bedrogspulgeld
Die departement van openbare werke (DOW) dagvaar ʼn sakeman en twee voormalige werknemers vir R8 miljoen nadat hulle glo die departement uit R40 miljoen gekul het.
Groot kommer oor Kalifornië se ergste droogte in 500 jaar
Tensy die reën gou kom, stuur Kalifornië en ander dele in die suidweste van die VSA op die ergste droogte in 500 jaar af, en ‘n noodtoestand is reeds aangekondig.
Taxi-betoging laat pendelaars gestrand
Inwoners van Atteridgeville in Pretoria was Maandag gestrand nadat taxi-operateurs begin het om teen e-tol te betoog.
Dekade van ballades- Gian Groen
Dit is nou al meer as tien jaar sedert Gian Groen se komposisie Vier seisoene kind ‘n treffer vir Laurika Rauch was. Sedertdien het Gian,…
Foto: Nooddienste red vier uit vloedwater in Centurion
Swaar reënval en blitsvloede het gesorg vir ʼn blou Maandag vir talle Gauteng-inwoners.
Foto: Drie sterf in Lanseria-vliegtuigongeluk
Ten minste drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Maandagoggend by die Lanseria-lughawe neergestort het.
Maroela Media Top 20 3 Februarie 2014
(3) Pad na jou hart- Joe Foster (1) Vir ewig- Lee Scott (7) Nicolene- Manie Jackson (2) Spore- Elvis Blue (6) Ek wil nie kwaad…
Zuma bekommerd oor e-tolrekeninge
President Jacob Zuma is bekommerd oor foutiewe e-tolrekeninge wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) vir motoriste uitgereik word, het die SAUK Maandag berig.
Nuuskommentaar: Met sulke vriende, wie het nog vyande nodig?
Die finale hoofstuk oor die ontbinding van ‘n baie kort, maar stormagtige huwelik tussen die DA en dr. Ramphele Mamphela moet nog geskryf word, maar dit lyk of Agang SA ‘n groot verloorder in die gebeure was.
Man glo vir drank vermoor
Twee mans van Noordwes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 26-jarige man Saterdag vir drank vermoor het.