Uitspraak word Donderdag in die arbeidshof in Kaapstad verwag in ʼn dringende aansoek van die vakbond Solidariteit teen die departement van korrektiewe dienste (DKD). Solidariteit het die hof genader nadat die DKD sy toepassing van die nasionale rassedemografie voortgesit het ondanks ʼn vroeëre hofuitspraak wat dit verbied.
Alles vir die maand Februarie 2014
Amerikaanse vrou 16 jaar na moord tereggestel
Tensy Suzanne Basso (59) op die laaste nippertjie begenadig word, sal sy vanaand om 18:00 Texastyd die 14de vrou word wat in Amerika tereggestel is nadat die Supreme Court in 1996 sy vroeëre beslissing dat die doodstraf ongrondwetlik is, herroep het.
2013 was onder tien warmste jare – VN
Die temperatuur in 2013 was gemiddeld 0,5 grade warmer as die langtermyngemiddeld, wat dit een van die tien warmste jare sedert 1850 maak toe met die meting begin is.
Kepler ontdek “hobbelplaneet”
Die Kepler-ruimteteleskoop het ‘n planeet ontdek waar weervoorspellers hul hande vol sal hê om te voorspel of dit die volgende dag somer of winter gaan wees.
“Verskeie skenkers het samesmelting gesoek” – Zille
Volgens Helen Zille, die leier van die DA, wou verskeie skenkers gehad het dat die DA en Agang SA saamsmelt om ʼn sterker mag teen die ANC te word, en nie net een “geheimsinnige internasionale skenker” soos wat in ʼn dagblad berig is nie.
Agt mynwerkers gered ná brand by Harmony-goudmyn
Reddingswerkers het Woensdag agt mynwerkers gered nadat hulle 1 733 meter ondergronds vasgekeer was. Die mynwerkers was in ʼn spesiaal-ingerigte toevlugsoord vasgekeer nadat ʼn brand Dinsdagaand by Harmony se Doornkop-goudmyn in die weste van Johannesburg uitgebreek het.
Bronkhorstspruit-betogers brand kliniek ook af
Betogers in die Bronkhorstspruit-omgewing, oos van Pretoria, het Woensdag verskeie geboue insluitend ʼn kliniek afgebrand.
55 beseer in busongeluk
Altesaam 55 mense is Woensdag beseer tydens ʼn busongeluk op die pad tussen Vryheid en Paulpietersburg in KwaZulu-Natal.
Chanelle Henning-moordenaars gevonnis
Ambrose Monye en Andre Gouws is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis vir hul aandeel in die moord van die jong ma van Faerie Glen, Chanelle Henning.
Noord-Kaapse huurtenders glo nooit geadverteer
Die Noord-Kaapse regering het glo huurtenders met die Trifecta-groep aangegaan sonder dat enige tenders adverteer is, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag in Kimberley aangehoor.
Video: Die boomslang is eintlik ‘n brug
‘n Reusagtige boomslang kronkel deesdae deur die takke in Kirstenbosch. Maar besoekers aan dié botaniese tuin hoef nie té bang te wees nie.
Boer Soek ‘n Vrou kry nuwe aanbieder
Die gewilde program op kykNET, Boer Soek ʼn Vrou, spog vanjaar met ʼn nuwe aanbieder.
OVK deregistreer vyf politieke partye
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het vyf politieke partye voor vanjaar se algemene verkiesing gederegistreer.
Ligter straf vir vrou wat man se privaatdele aanrand
ʼn Vrou wat van aanranding skuldig bevind is nadat sy haar man se privaatdele aangerand het, se vonnis is Dinsdag in Pretoriase hooggeregshof verminder, het The Star Woensdag berig.
Nuuskommentaar: Mynindaba en stakings
Terwyl die onrus rondom veral die Amcu-staking by platinummyne die voorspelde voorvalle van geweld oplewer, en die staking die land sowat R400 miljoen per dag kos, is daar mense in Kaapstad besig om koppe bymekaar te sit.
Boek-uittreksel: Bygelowe oor linkerringvinger
Die enigste positiewe nuus oor die linkerhand wat ons deur die eeue bereik het, is dié in verband met die vinger waaraan die trouring gewoonlik gedra word – en dit is ongelukkig ʼn versinsel.
Zuma wil SAPO ondersoek
President Jacob Zuma het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) opdrag gegee om beweerde onreëlmatighede in die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) te ondersoek.
Gedig: Hans Merensky
Trienke Laurie se besonderse gedig, Hans Merensky, wat sy aan haar man, Dirk, opgedra het.
Ouers aangekla ná kleuter polisie 15 keer bel
‘n Vrou van New York en haar kêrel is aangekla nadat die vrou se tweejarige dogtertjie hul selfone gebruik het om die 911-noodnommer verlede maand 15 keer te bel.
Chanelle Henning-moordenaars word gevonnis
Ambrose Monye en Andre Gouws sal Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis word vir hul aandeel in die moord van die jong ma van Faerie Glen, Chanelle Henning.