Leading Lady het die afgelope naweek op die grootskerm begin draai en het reeds meer as R1.368 miljoen by die loket ingebring.
Alles vir Dinsdag 2 Desember 2014
Uitdrukking: Iemand se hempie is kort
Ken jy die uitdrukking “iemand se hempie is kort”? Lees vandag se Taaltoffie vir imeer inligting oor dié interessante gesegde.
Verkeer erg ontwrig ná Ballito-ongeluk
Twee voetgangers is Dinsdagoggend dood nadat ʼn motor hulle op die N2-snelweg tussen Ballito en Tongaat Mall in KwaZulu-Natal getref het.
Noordwes-man deur pofadder gepik
ʼn 45-jarige man is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal nadat ʼn pofadder hom Maandagmiddag in Rysmierbult in Roodraai in Noordwes gepik het.
Drie in hof na moord op KZN-boer
Drie mans het Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Timothy Green.
Man tronk toe na hy 14-jarige verkrag
ʼn 18-jarige man van Mpumalanga is skuldig bevind aan die verkragting van ʼn 14-jarige meisie en is tronkstraf opgelê.
Derby-Lewis se aansoek vir mediese parool aangehoor
Die hooggeregshof in Pretoria sal Dinsdag ‘n dringende aansoek hoor vir die vrylating van Clive Derby-Lewis op mediese parool, het Front Nasionaal gesê.
Gedagte vir die dag: Lig in donker plekke
Ek laat die blindes loop op ’n pad wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk. (Jes 42:16)