Michael Erasmus, medebeskuldigde in die moord van ʼn 15-jarige seun by ʼn weermag-tipe kamp, het Dinsdag aan die Vereeniging-streekshof gesê hy was te bang om vir enigiemand van die mishandeling by die kamp te vertel.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 Desember 2014
Plaasaanval: 15 jaar tronkstraf vir egpaar se nagmerrie-aanval
Hans Lekgetho (27) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die wrede aanval op Jan Pretorius (72) en sy vrou op 18 November 2012 op hul plaas Uitschot in Biesiesvlei, Noordwes.
Ondersoek ná twee in sweeftuig sterf
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat twee Nieu-Seelanders in Namibië tydens ʼn sweeftuigongeluk gesterf het.
Gevaarlike misdadiger ontsnap uit Palm Ridge-hof
ʼn Gevaarlike misdadiger het Dinsdag uit die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg ontsnap
Foto’s: Brand op Leeukop
ʼn Brand het Dinsdagmiddag op Leeukop in Kaapstad uitgebreek.
Drie vas voor hulle renoster kon stroop
Drie verdagtes het Dinsdag in die landdroshof in Modimolle verskyn nadat hulle ʼn renoster op ʼn plaas in Marken, Limpopo, wou skiet en stroop.
Oud-Springbok vertel hoe hy ses kapers kaalhande afweer
Die oud-Springbok Hannes Strydom (49) het Maandag ses vermeende kapers tydens ʼn mislukte kapingspoging in Pretoria afgeweer, maar is in die proses beseer.
Mediese dokter van Kaapstad wen radiodrama-kompetisie
‘n Mediese dokter van Seepunt, Ingrid Penzhorn, is die wenner van RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie vir 2014. Haar radiodrama, Ontnugter, is uit sowat 120 inskrywings aangewys as die algehele wenner. Sy ontvang R22 000 se prysgeld.
PG se bekroonde Siener weer op die radio
PG du Plessis se Hertzog-bekroonde drama, Siener in die Suburbs, word weer op radio uitgesaai ter viering van Du Plessis se 80ste verjaardag vroeër vanjaar.
Bekroonde jeugboek binnekort ’n fliek
Die vervaardiging van ’n rolprent gebaseer op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek Vaselinetjie (Tafelberg) begin eersdaags.
Derby-Lewis hoor dalk dan van parool
ʼn Dringende aansoek deur Clive Derby-Lewis om op mediese parool vrygelaat te word, is Dinsdag onbepaald in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel.
Die Belydenis van Belhar: Vrae en antwoorde
Hierdie artikel deur dr. Braam Hanekom is deel van Maroela Media se reeks uiteenlopende artikels oor die Belhar-debat.
Kinder- en jeugboekskryfkursus
Die kursus is prakties. Jy neem deel aan die skepping van jou storie. Jy leer meer as net storieskryf, jy leer ken jouself en jou kreatiwiteit en skryf uit jou hart uit, breek die reëls en bring jou uniekheid uit.
Resep: Spanspekslaai
Bederf jou kuiergaste gerus met dié heerlike spanspekslaai. Dis boonop ‘n heerlike somerslaai vir ‘n piekniek!
Afghanistan-aanval: “God het ʼn plan met my”
Hannelie Groenewald, die Suid-Afrikaanse vrou wie se man en twee kinders die naweek in Kaboel in Afghanistan doodgeskiet is, glo God het haar lewe vir ʼn rede gespaar, het Beeld Dinsdag berig.
Video: Kaapse akteur uit motor geslinger, sterf
ʼn Kaapse akteur is dood nadat hy tydens ʼn gru-ongeluk op die N2 naby Langa uit die motor geslinger is. WAARSKUWING: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.
Mediagroep-werknemer van poging tot moord aangekla
Independent Media het ʼn saak van poging tot moord teen een van sy werknemers aanhangig gemaak nadat hy glo ʼn kollega “wreed aangerand” het, het The Star Dinsdag berig.
Wynlandgoed-moord: ‘Ondersoek in bekwame hande’
Die aanval waartydens Anthea du Preez (64) vermoor is, is die eerste van sy soort in die Breedekloof-gemeenskap in die Wes-Kaap en die beste mannekrag ondersoek die voorval, het haar skoonseun Peter Basson gesê.
Video: Indiese susters klap buspeste vuurwarm, kry beloning
Drie Indiese mans wat waarskynlik gedink het hulle sal, soos talle landgenote, wegkom met die molestering van vroue op ’n bus, het hulle rieme behoorlik styfgeloop.
Nuuskommentaar: Number 1 kry 1/10
Daar is op die oog af betreklik min ontsteltenis of verbasing dat pres. Jacob Zuma en ’n paar van sy ministers vir hul “prestasies” die afgelope jaar een uit tien op hul DA-rapporte gekry het, skryf Herman Toerien.