Lees Johann de Lange se mooi gedig, “Binnehof”.
Alles vir Woensdag 10 Mei 2017
Nuuskommentaar: Gaan Afrikaans die pas kan volhou?
Afrikaans se stryd is nie altyd teen ʼn rasionaal nie, en dit maak dit moeilik, en politiek baie sensitief.
Vandag se sportnuus
Die minister van sport, Thulas Nxesi, het drie sportsoorte se regte om internasionale byeenkomste aan te bied aan hulle terugbesorg.
Limpopo-ongeluk: Leerlingonnie ‘was sonskynmens’
“Lenisè was ʼn sonskynmens wat haar lewe voluit geleef het. Daar was nie een mens met wie sy te doen gekry het in wie se hart sy nie voetspore agtergelaat het nie.”
Staking dreig by Tuks
“Indien hierdie kwessies nie binne die volgende paar dae opgelos word nie, sal werkers geen ander keuse hê as om op ʼn volskaalse staking te gaan nie.”
Plaaswerker gevonnis vir meisie (9) se verkragting
Die landdros het gesê sy sidder om te dink wat die dogtertjie moes deurgaan toe hy haar verkrag het. Sy het gesê gemeenskappe is “siek en sat” vir geweld teen vroue en kinders en verwag van die hof om oortreders op gepaste wyse te straf.
Gedagte vir die dag: Hy ken jou so goed
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)