‘n Reeks e-posse is uitgelek wat glo die Gupta-familie se rol in die bestuur van Suid-Afrika en die omvang van die staatskaping bevestig.
Alles vir Vrydag 2 Junie 2017
Omstrede SAPD-taalinstruksie gepak
Dít volg nadat die Noord-Kaapse adjunkprovinsiale kommissaris op 5 September 2016 ʼn direktief uitgevaardig het waarvolgens alle verklarings van die publiek voortaan in Engels afgelê moet word.
Polisiemanne in hof oor beweerde gewapende rooftogte
Die twee polisielede het in die hof verskyn op aanklagte van twee gewapende rooftogte.
Welvaartbelasting: ‘Mense kan eiendom, spaargeld verloor’
“Die implementering van welvaartbelastings op onbesette grond, die waarde van eiendom en ’n jaarlikse welvaartbelasting kan daartoe lei dat mense, veral bejaardes, hul eiendom en spaargeld verloor.”
34 sterf toe man homself, dobbelhuis aan die brand steek
Soveel as 34 mense is dood toe ʼn gewapende man Vrydag in die vroeë oggendure met ʼn vuurwapen in ʼn dobbelhuis losgebrand het en daarna van die tafels en toe ook homself aan die brand gesteek het.
Man met petrol gegooi, aan brand gesteek
Die man is met petrol gegooi, aan die brand gesteek en toe vir dood agter gelaat.
Merkel op koers na vierde termyn
Toe Merkel ’n paar maande gelede aangekondig het dat sy haarself vir ’n vierde termyn as bondskanselier beskikbaar gaan stel, het politieke kommentators wyd bespiegel dat sy moontlik besig is om haar hand te oorspeel.
Gedagte vir die dag: So moet dit nie onder julle wees nie
So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense. (Matteus 20:28)