Die losskakel Jean Smith, die Junior Springbokke se voorste puntemaker in die o. 20-Wêreldtoernooi, is terug in die beginspan vir Dinsdag se wedstryd teen Argentinië in die Athlone-stadion in Kaapstad.
Alles vir Maandag 3 Julie 2023
Gholf: Langer oud, maar baie ver van koud
Die 65-jarige Bernhard Langer van Wes-Duitsland het die gholfrekordboeke Sondagaand by SentryWorld in Wisconson herskryf toe hy die oudste speler geword het wat die Amerikaanse Ope vir seniors kon wen, maar hy sê hy is nog lank nie klaar nie.
SA se WB-vrouesokkerspan weier om in opwarming te speel
Banyana Banyana, Suid-Afrika se nasionale vrouesokkerspan, het Sondag geweier om ʼn Wêreldbeker-opwarmingwedstryd teen Botswana te speel en het talle eise in die aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi in Australië en Nieu-Seeland.
Zoeloe-koning ondergaan toetse ná adviseur se skielike dood
Suid-Afrika se Zoeloe-koning het “deeglike” mediese ondersoeke ondergaan ná die skielike dood van ʼn nabye raadgewer, het ʼn woordvoerder Sondag gesê te midde van vergiftigingsbewerings.
Verdagte vas ná moord op taxivrou
Daar is destyds berig dat twee onbekende mans by Cata se kantoor in Wynberg ingestap het en reguit na Bailey geloop en haar in die kop geskiet het.
Durban July-organiseerders in donker oor beurtkrag
Weens die kragonderbreking kon die laaste drie perdewedrenne nie voltooi word nie.
Gedagte vir die dag: Die paradys
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is. (Openbaring 2:7)