“Konst. Asive Xolela Dudumayo was een van die mees gedissiplineerde en lojale lede van die polisie, wat bereid was om sy lewe af te lê vir die veiligheid en sekuriteit van sy gemeenskappe.”
Alles vir Maandag 3 Julie 2023
Vrystaat Landbou gaan veediefstalsake help takel
“Ons kan nie verder terugsit en kyk hoe boere skade ly nie.”
Dekade van ‘Kokkedoor’ met vuur en vlam gevier
“‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ gaan ’n stryd soos min wees en die kyker totaal verras met al die nuwe maniere om ons geliefde vuur-erfenis te geniet.”
Hier is Maroela se Herfsbruid 2023
Baie geluk aan ons Herfsbruid! Sy en haar man twee nagte vir twee persone wat deel by die Tala Collection-wildreservaat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal met die komplimente van Dream Hotels and Resorts.
Fluit, fluit, net sóveel twiets mag jy kyk
Talle Twitter-gebruikers het die naweek hul misnoeë uitgespreek deur die hutsmerk #GoodbyeTwitter ná dié aankondiging te gebruik.
Negejarige verdwyn in see by Sandy Bay
Die kind was saam met vriende en familie by Sandy Bay toe die voorval plaasgevind het.
Man ná maande steeds vermis
Dean Francois Benade is sedert November skoonveld.
‘Verlange, hartseer’ ná negejarige in botsing met boot sterf
Die skroef van die boot het die motor se voorruit deurboor en Johané teen die kop getref.
Wimbledon: Kyrgios onttrek; Djokovic begin sy opmars
Djokovic kraai sedert 2018 koning op Wimbledon en het in die afgelope tien jaar nog nie op die hoofbaan verloor sedert hy in die eindstryd teen Andy Murray vasgeval het nie.
Een vas ná groot horingdiefstal
Vyf voertuie wat vermoedelik in die pleeg van die misdaad gebruik is – ʼn Range Rover, Land Rover, BMW, Nissan X-Trail en Honda Civic – is gekonfiskeer vir verdere ondersoek.
Groen ekonomie kan werkskepping dryf – Ramaphosa
Die versnelling in die vervaardiging van elektriese voertuie in Suid-Afrika is ook nou prioriteit.
Waarheid anderkant die reënboog
Dit was weer Junie en vrolike reënboogkleure het gepryk in winkels, aanlyn, op klerasie en elders. Dit was ook weer Junie en die aanlyn oorloë, ʼn deurlopende stryd, het weer verskerp.
Sewe partye byeen vir ‘historiese konvensie’
Die leiers van dié sewe opposisiepartye kom volgende maand almal om een tafel byeen om ʼn gemeenskaplike visie vir ʼn nuwe regering uit te werk.
TV-aanbieder se rubriek oor Meghan Markle was ‘seksisties’
Klagtes dat dié rubriek “onakkuraat, rassisties of teisterend” was, is egter van die hand gewys.
Vier sterf naby Zeerust
Noordwes-verkeersbeamptes sal 24 uur per dag op alle hoofroetes diens doen, insluitend die N4 en N12, om te verseker dat alle padgebruikers by verkeersregulasies hou.
Franse burgemeesters doen oproep om orde
Betogers het Sondag probeer om ʼn burgermeester van ʼn voorstad van Parys se huis aan die brand te steek terwyl sy vrou en jong kinders tuis was.
Woord: fatsoen
“Hy loop met sy fatsoen te koop.” Ken jy die woord “fatsoen”?
15 sterf in ongeluk naby Middelburg
“ʼn Twee maande oue baba en ʼn kleuter is ook dood. Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.”
Resep: Sampioen-, prei- en bierpastei
In hierdie yskoue winterweer, is ʼn heerlike, warm pastei presies wat jy en jou gesin nodig het.
Jy word genooi na ʼn glansgeleentheid net vir vroue
Augustus is Vrouemaand. Daarom word jy genooi na “Vroue in Beweging” se onvergeetlike vroueoggend op Vrouedag 9 Augustus in die AfriForum Teater in Pretoria. Bespreek nou jou plek!