Boek: 100 dae van dankbaarheid

 100 dae van dankbaarheid-C COVER_v1 (002).jpgFrancine Prins

Mense wat in dankbaarheid leef is gelukkiger, slaap beter, behou beter fokus en is selfs makliker om mee oor die weg te kom! Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakteur van LiG, neem ons op ’n 100 dae reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

Oor die outeur

Francine Prins is in Bethlehem gebore en het aan die Universiteit van Noordwes studeer. Na ʼn paar draai oorsee het sy haar meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy het ʼn tydelike pos by die tydskrif LiG gekry en in 2014 is sy as redakteur aangestel. Sy is getroud met Jaco Prins en hulle woon op ʼn plaas buite Wellington.

100 dae van dankbaarheid uitgegee deur Lux Verbi
Prys: R195,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.