Andries Enslin
Wat ’n wonderlike voorreg is dit nie om elke dag die Woord van God te hoor nie! Hoor die hartklop van God deur die gewilde Andries Enslin is ’n samestelling oordenkings sodat lesers elke dag ’n boodskap van God kan hoor.
Die 366 kragtige dagstukke fokus op belangrike te-mas, soos:
- God is liefde
- Diensbaarheid
- Vreugde
- Versoekings
- Geestelike fiksheid
- Hoe sien ons God?
Elke dagstukkie in dié volkleur-boekie word onder-steun deur ’n gepaste teksvers wat spesiaal uitgesoek is om die boodskap van die dag tuis te bring.
Hoor die hartklop van God sal lesers waarlik inspireer en help om ’n lewe te lei wat God sal verheerlik.
Oor die outeur:
Andries Enslin is stigter en predikant van Alberton LewenSentrum, ’n gemeente met 6 500 lid-mate wat in 1999 met 14 sellede begin het. Tans bestaan LewenSentrum uit 4 gemeentes, Oos-Rand, Vaaldriehoek, Wes-Rand en Alberton, en saam is hulle oor die 8 500 lidmate. Andries se passie en navorsing handel oor die verskillende fases van die mens se verhouding met God. Hy het sy honneursgraad in teologie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Hy is getroud met Vikki en hulle het ’n dogter en twee seuns.