Sweets, ʼn Engelse bulhond, waai sommer self wanneer sy ʼn ander motorfietsryer gewaar.
Lees meerAlles vir Dinsdag 4 November 2014
Video: Beurtkrag knou skole, sakesektor
Sakeondernemings en skole moes skarrel om planne te maak nadat beurtkrag landwyd toegepas is. Intussen sê ‘n ekonoom dié krisis is die laaste ding wat Suid-Afrika se reeds sukkelende ekonomie nou nodig gehad het.
Zambië se wit president kry teenkanting
Zambië se eerste wit president is Dinsdag daarvan beskuldig dat hy nie die Zambiese kultuur respekteer nie.
Verdagte in hof oor Kovsie-dosent se moord
ʼn 18-jarige wat van die moord op ʼn dosent aan die Universiteit van die Vrystaat beskuldig word, het Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Ses vas oor ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie
Ses persone is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo met ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie betrap is.
Bloem-polisie op soek na mans wat kluis wou opblaas
Die Parkweg-polisie in Bloemfontein is op soek na verdagtes wat Maandag glo ʼn kluis by die OK-supermark in Willows wou opblaas.
Wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in SA
Volgens die VF Plus is wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika nie.
Gauteng het u-draai gemaak oor e-tol
Die e-tolhersieningspaneel het Dinsdag in Pretoria gehoor die Gautengse regering het van plan verander nadat hy die e-tolstelsel goedgekeur het.
Vyf sterf in Kuruman-botsing
Vyf mans is Dinsdag dood nadat hulle motor onder ʼn vragmotor beland het op die N14 naby Kuruman in die Noord-Kaap.
Twee sterf na reusehyskraan val
Twee mense is dood en talle beseer nadat ʼn reusehyskraan by ʼn konstruksieterrein by die Abengoa-sonkragplaas in Upington in die Noord-Kaap ineengestort het.
Dronkbestuur: Arno Carstens is onskuldig
Arno Carstens, musikant en voormalige hoofsanger van die Springbok Nude Girls, is Dinsdag in die Kaapstadse streekshof onskuldig bevind op aanklag van dronkbestuur.
Plaasmoord: Advokaat tydens plaasaanval vermoor
Adv. Tom Sawyer (63) is Maandag op sy plaas Oudehoutdraai naby Greylingstad in Mpumalanga vermoor.
Aanrandingsaak teen Malema teruggetrek
Die veiligheidswag wat beweer dat Julius Malema hom in Oktober by ʼn musiekkonsert in Polokwane aangerand en ʼn vuurwapen op hom gerig het, het die saak teen Malema teruggetrek.
Kommer oor Rusland se afwesigheid by kern-vergadering
Kommer bestaan dat die vordering wat die afgelope 20 jaar in gesprekke tussen die VSA en Rusland oor kernwapens gemaak is, deels ongedaan gemaak kan wees nadat Rusland nie by ’n belangrike vergadering opgedaag het nie.
Video: “Ons belê in ons werkers”
Die landboubedryf in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas en wrywing tussen boere, vakbonde en politieke partye neem toe. Maar in De Doorns is daar minstens een boerdery wat hom min steur aan hernieude arbeidsgeskille en politiekery.
Nuuskommentaar: Kom ons om, so kom ons Eskom
Die domino-effek van ’n onbetroubare kragvoorsiener is veel groter as wat gewoonlik besef word.
Video: Gehoorapparate aan behoeftige gehoorgestremdes oorhandig
‘n Groep gehoorgestremdes se lewens het ingrypend verander nadat gehoorapparate aan hulle geskenk is.
Uitdrukking: As my skip kom
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “As my skip kom”.
Resep: Jogurtbroodjie
Eenvoudige resep vir die heerlikste jogurtbroodjie.
Pick n Pay heroorweeg borgskap van musiekfees
Pick n Pay het gesê hy sal sy toekomstige borgskap van Afrikaans is Groot heroorweeg na aanleiding van Steve Hofmeyr se onlangse uitlatings op Twitter oor apartheid.