Paasfees-oordenking: ‘Om geseënd te wees’

kruis_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto. (Foto: Pixabay)

In Jaco Strydom se Paasfees-oordenking verwys hy na ons behoefte om geseënd te wil wees.

“Ons sing lofliedere daaroor, ons bid dat die Here ons sal seën en ons wens mekaar seën toe.”

In die Bybelse tyd, net soos vandag, was daar godsdienstiges wat gesê het dat om geseënd te wees beteken goeie dinge gebeur met jou en rondom jou. Jou vyande word oorwin en skielik word jy skatryk. Job is waarskynlik ʼn voorbeeld hiervan, want hy was ʼn goeie ou wat alles reg gedoen het. Nietemin het dit tog maar sleg met hom gegaan.

In Matteus 5 laat Jesus dit blyk dat om geseënd te wees nie in die eerste plek gaan oor wat óm jou of mét jou gebeur nie, maar eerder oor wat ín jou gebeur.

Hy verwys daar juis na vredemakers en mense wat streef na geregtigheid.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel (Matteus 5:9-10).

Jesus het nie net aan die kruis gepleit en gevra: “My God, My God waarom het U my verlaat” (Matteus 27:45-46) nie. Hy óók gebid en gesê: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie (Lukas 23:33).”

Jaco Strydom. (Foto: Verskaf)

Goeie goed het in en deur Jesus gebeur, selfs in daardie donker tyd.

Strydom sluit sy boodskap met die volgende woorde af: “Mag ek en jy in hierdie tyd geseënd wees. Ten spyte van die donker en bose en onregverdige goed wat daar met ons gebeur. Mag ons geseënd wees omdat goeie goed in ons gebeur en omdat goeie goed deur ons gebeur. Mag my en jou lig juis die helderste skyn wanneer dit donker is.

  • Jaco Strydom se boek Leef lig is deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee. Lees meer oor die boek hier op Maroela Media.
  • Maroela Media het met Strydom, leier van die Echo-jeuggemeenskap en deeltydse predikant in Villieria, gesels. In sy jongste boek, Leef lig, motiveer hy Christene om vyf gewoontes van die vroeë kerk aan te leer. Klik hier om na die volledige onderhoud te luister.
  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

Kyk hier na Jaco Strydom se Paasfees-oordenking:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.