Ellisras-brand: ‘Jayden het vlug goed hanteer’

Sibreena Da Costa met Jayden. Foto: Facebook

Sibreena Da Costa met Jayden. Foto: Facebook

Klein Jayden da Costa, die eenjarige seuntjie van Ellisras wat erge brandwonde opgedoen het toe sy ouerhuis in Ellisras in ’n brand verwoes is, het Woensdagaand per helikopter by ʼn Pretoriase hospitaal aangekom.

Sibreena da Costa, Jayden se ma, het Donderdag aan Maroela Media gesê ná ʼn baie spanningsvolle dag is Jayden Woensdag uiteindelik van die Makweng-hospitaal in Polokwane na die Muelmed-hospitaal in Pretoria oorgeplaas. “Ek weet nie eens hoe laat ons hier aangekom het nie, maar dit was eers die aand. Ek het al die pad saamgevlieg van Polokwane af en die vlug was binne ʼn halfuur verby,” het sy gesê.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“Jayden het die vlug baie goed hanteer en die mediese span by Muelmed het gereed gestaan om hom te ontvang toe ons land.”

Sy het gesê Jayden is in die waakeenheid by die hospitaal opgeneem en dokters was besig om met hom te werk. “Ons sal eers later by hulle hoor presies wat sy mediese toestand is, maar tot dusver gaan dit tien keer beter. Sy toestand is nog baie ernstig, maar hy is stabiel. Hy is in baie goeie hande,” het Sibreena verlig gesê.

Die Hero Burn Foundation wat die familie sedert die brand bystaan, het gesê Jayden veg teen verskeie infeksies en ontvang sterk antibiotiese en kortisoonbehandeling.

Jayden het nie ʼn mediese fonds nie en die familie het ʼn trustfonds gestig om met sy mediese onkoste te help. Meer inligting kan hier verkry word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie ·

Bid vir hom spoedige beterskap toe, hy is nog so baie klein

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.