ANC-regering speel die transformasieviool terwyl Eskom sink

dr-theuns-eloff

Dr. Theuns Eloff is die uitvoerende direkteur van die FW de Klerk stigting. Foto: Theuns Eloff/Facebook.

Minister Pravin Gordhan sê laasweek dat oud-Eskom-ingenieurs wat nou in die buiteland werk, teruggeroep moet word om te kom help om die krisis te kom oplos. Die meeste van hulle is waarskynlik wit.

Rapport haal in dieselfde week Eskom se eie regstellende aksieplan aan, waarvolgens daar teen Maart 2020, 1 308 minder wit werknemers (wat gekwalifiseerd is) in sy diens moet wees. Hieronder tel 336 ingenieurs en nog talle middelvlakbestuurders – daar waar die broodnodige onderhoud gedoen moet word.

Huh?

Minister Gordhan sê goeie wit én swart werknemers en bestuurders is deur staatskapers uit Eskom gedwing omdat hulle nie meer in daardie toksiese omgewing wou werk nie. Van hulle is landuit, omdat hul kundigheid op ander plekke in die wêreld in hoë aanvraag is. Dis waar, maar staatskaping is nie die grondprobleem van Eskom se bestuur en funksionering nie. Eskom sukkel al meer as die “verlore nege jare”…

Of dit nou Eskom, Life Esidimeni, gebrek aan grondhervorming, bankrot munisipaliteite of besoedeling in die Vaalrivier is, is die antwoord op die vraag hoekom dit gebeur het, altyd: “Ons het ’n gebrek aan kapasiteit”. Anders gesê: “Ons het nie die mense om die werk te doen en dit reg te doen nie”.

As mens dan die verdere vraag vra, naamlik hoekom het julle nie kapasiteit nie, is die antwoord óf ontwykend óf hoogstens dat dit die gevolg van “staatskaping en korrupsie” is. Soms word Zuma se kaderontplooiing ook hierby gevoeg. Maar Eskom se probleme het nie ses of sewe jaar gelede begin nie; net so min as wat die talle wanfunksionele munisipaliteite (70% sê party) oor staatskaping van die Zuptas in die toestand is waarin hulle is.

As gesoek word na die oorsake van ’n “gebrek aan kapasiteit”, word rassetransformasie, soos toegepas in regstellende aksie, gelyke indiensneming (wat die afgelope tyd al meer ’n perfekte oksimoron word) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) gerieflikheidshalwe vergeet. Dis wel bekend dat Eskom al jare spog dat hy dié voorloper is met rassetransformasie – dit is dus nie net die Zuptas wat Eskom op sy knieë gedwing het nie. Dis ook die talle onbekwames wat oor die afgelope twintig jaar aangestel is. Nie dat daar nie goeie en bekwame swart mense aangestel is nie, maar hulle was en is duidelik in die minderheid; en die meeste van hulle is as gevolg van staatskaping en ’n wanfunksionele sisteem weg. Dieselfde is waar van talle munisipaliteite.

Die feit dat Eskom self – onder druk van die departement van arbeid – steeds volhou met planne dat wit ingenieurs nog verder verminder gaan word, lyk die prentjie na die ANC-regering wat die transformasieviool speel terwyl Eskom en Suid-Afrika se ligte nie brand nie!

Nee, kom ons sien die olifant in die kamer raak. Of liewer, kom ons erken openlik daar is ’n ander olifant in die kamer as staatskaping. Dis die olifant van sleg toegepaste regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Dis die olifant wat gevoed word deur die ANC-regering se obsessie met ras, en die ideologie van rassetransformasie. Dis die olifant wat ’n dieet van 80:9:9:2 gevoed word – alle staatsinstellings (en al hoe meer privaat sektorinstellings ook), moet in geheel en in elke klein onderafdeling, die nasionale rassedemografie van 80% Afrikane, 9% wit mense, 9% bruin mense en 2% Indiërs weerspieël. En dit geld of daar nou kapasiteit is of nie. En die voer van die olifant word vererger deur die klaaglike mislukking van die land se onderwys- en opleidingstelsel. Daar kom gewoon nie genoeg goed gekwalifiseerde swart Suid-Afrikaners deur om al die poste te vul nie.

In dieselfde Rapport word Senzo Mchunu, ’n Ramaphosa-vertroueling aangehaal: “Ons sal dit berou dat ons sommige van ons swart bestuurders as mense van uitstaande gehalte bestempel het. Wat in die meeste semistaatsinstellings gebeur het, is dat dié mense wat ons vertrou het, inderdaad swart bestuurders was, maar hulle was nutteloos. Hulle was uitstekend in mislukking en diefstal”.

Harde woorde, maar uiteindelik iemand van binne die kraal wat die rasbeheptheid van die ANC regering ontmasker.

Daarby werk die 80:9:9:2-formule soos ’n kwotastelsel: daar is hofuitsprake wat dit bevestig en Eskom se planne bewys dit ook. Die kwota van 9% moet bereik word, en daarom moet daar teen wil en dank van wit mense ontslae geraak word teen Maart 2020 – selfs al veroorsaak die gebrek aan bestuur, onderhoud en tegniese kennis dat Eskom die hele land en ekonomie in groot moeilikheid het. Rassetransformasie kom eerste!

Die stelsel sê: as jy nie ’n swart persoon kry nie (of jy kry dit nie oor jou gesonde verstand om ’n onbekwame of totaal onervare persoon aan te stel nie), laat die pos dan vakant… of stel maar ’n ongeskikte en onbekwame een aan, dit gaan mos eintlik oor die regstelling eerder as die effektiewe werkverrigting en dienslewering.

Die berugte Renate Barnard-uitspraak van 2014 het, ten spyte van ’n hoogs twyfelagtige uitkoms, tog ’n paar interessante waarskuwings oor regstellende aksie bevat:

  • Regstellende maatreëls is ingevolge die Grondwet nie ’n doel opsigself nie.
    Maar dis duidelik wat by Eskom, talle munisipaliteite en groot dele van die staatsdiens gebeur. En daar is tot dusver geen sperdatum daarvoor nie. Soos wat minderhede ’n kleiner persentasie van die bevolking raak, sal hulle aanhoudend uit die staatsdiens en die korporatiewe sektor gedruk word.
  • Sulke maatreëls mag nie strafmaatreëls wees of vergeldend wees nie.
    Vertel dit vir die mense wat voor Maart 2020 by Eskom uit diens gestel gaan word – ongeag hul bekwaamheid en ervaring.
  • Sulke maatreëls moet só geïmplementeer word dat dit mense wat in die verlede diskriminasie ervaar het, bevorder.
    Maar benadeling is nie meer die maatstaf nie, maar ras (want talle aanstellings was meer bevoorreg as die meeste van hulle rasgenote).

Die volgende een is ’n juweel: Die vereiste is dat die bevoordeeldes van regstellende aksie opgewasse vir hul taak moet wees. Hulle moet toepaslik gekwalifiseerd wees sodat “doeltreffendheid en bevoegdheid nie op die altaar van regstellende aksie geoffer word nie”. En dit is presies wat in byna die hele staatsdiens gebeur het. Eskom, wat jare lank as dié trotse voorbeeld van rassetransformasie voorgehou is, het sy doeltreffendheid en bevoegdheid op die altaar van rassetransformasie geoffer. Staaskaping het dit nie begin nie, maar net kom erger maak.

Natuurlik moet ons as ’n land en nasie nou saamstaan om Eskom en ander staatsinstellings (onder meer wanfunksionele munisipaliteite) te help red. Solidariteit se kennisbank is ’n uitstekende idee.

Maar die vraag moet gevra word: Is dit nie tyd om regstellende aksie, gelyke indiensneming en swart ekonomiese bemagtiging in hul rassegewade te stop nie? Kan die doeltreffendheid van die staat sulke rasbehepte en futiele maatreëls bekostig? Kan ons land bekostig om kundige mense uit minderheidsgroepe aan die buiteland of vroeë aftrede te verloor?

Mnr. die President, ter wille van ons land en al sy mense, oorweeg dit asseblief sterk om ’n einde te maak aan hierdie rasgegronde maatreëls. Die minderhede in die land wil graag help, hulle wil gestuur word, hulle wil dien… maar hulle word op grond van hul velkleur as ongeskik en onbekwaam beskou. Hulle is te min om oor die medium termyn enige goed gekwalifiseerde swart Suid-Afrikaner uit ’n pos te hou. Hulle kan tog nie, as minder as 20% van die bevolking, ’n bedreiging inhou nie? Gebruik hulle en bou een nasie.

En dan sal die ligte weer aangaan!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Theuns Eloff

Theuns Eloff is ʼn onafhanklike kommentator.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Marius ·

Die kundiges moet terug na SA soos hulle in berug se meeste wit mense wat die land verlaat het maar stel die altimatum aan hulle skraap BBBEEE voor ons kom

John ·

En nou moet De Klerk vir CR smeek om tog asseblief…. nie te doen wat ons moes geweet het hulle sou doen nie. En ons is seker die ANC gaan na die Stigting op die sinkende skippie luister. Om na ‘n toets skielik die antwoorde op die vrae te onthou, help niks… professor… sorry om jou te moet leer… sweet blow all, boet.

Fanie ·

John, kom ons werk eerder saam aan dit waaroor ons saamstem, as om te stry oor dit waaroor ons verskil. Moenie mense oordeel volgens wat hulle in 1994 gesê het nie, oordeel hul op wat hul in 2019 doen. Theuns Eloff het die Puk Afrikaans gehou solank hy kon, en doen nou baie meer om ons almal se belange te bevorder as die meeste grootpraters wat hum kritiseer.

Logika ·

As iemand wat “Nee” gestem het, stem ek volkome met @Fanie saam. Daar is nie tyd vir lykskouings oor dooie koeie nie.

@TheunsEloff Jou pleidooi aan CR sal ongelukkig op dowe ore val. Hy is ‘n rassis, opportunis en bedrieër van formaat.

Mr H ·

Dit moet lekker wees om in ‘n werks onderhoud in te stap en te weet jy sal slegs op merite beoordeel word. Maak nie saak watter kleur of geslag nie. Ek weet nie hoe dit voel nie. My kinders sal sekerlik ook nie! Probeer om die diskriminerende sisteem te vermy deur jou eie besigheid te begin? Dan is die vraag hoeveel plaaslike, bak-hand vooraf benadeeldeeldes neem jy in diens? 25 Jaar later… Frustrerend.

Afrikaner ·

Om mens so effe perspektief te gee, die totale aantal personeel in Santam is so om en by die 2,500.

Meerkat ·

Daar is seker by die 50 miljoen mense in die land. Ek het idee jy moet jou som oor maak.

B ·

Kom ons doen gou ‘n rolspelspeletjie :
Stel jou voor JY is deel van die 90% bevolking in SA en beheer al die ‘magshefbome’ (en nog met klomp moedswilligheid daarby). Jy volg ideologie en doen breinprogrammering en sosiale ingenieurswese op megaskaal. As iem van jou verskil het jy al geleer om net die woord ‘rassime’ te uiter en almal val stom weer in lyn. (Wit volkgenote gebruik dit selfs teen mekaar want hulle dink hulle koop guns by die 90%)
Nou kom daar so 10% groepie mense (in effek seker 5%) en kom staan en kef hier by jou voete, gaan jy nou regtig jou van koers en strategie verander om die 5% se instemming te kry, in weerwil van die 90% se mening?

So een oplossing, SELFBESKIKKING vir VRYHEID.

(Mens kan baie skryf oor hoe die ‘wese’ van die wit Afrkaanse landsburger tans voordurend 24×7 ondermyn en vernietig word – dis erg bekommernis waardig :( )

Kobus ·

B, kom ons doen nog ‘n rolspelspeletjie: kom ons speel Afrikaners wat nou al dekades vir Selfbeskikking staan doen nou al vir dekades niks daaraan nie- behalwe praat natuurlik. Raai wat’s die uitkoms? Jy’s reg, jy wen die prys: NIKS, Geen vordering, nul. Voordat al die Selfbeskikkers nie self begin beskik nie, gaan niemand hul ernstig opneem nie. Voordat julle nie prakties in Orania betrokke is nie, speel jul speletjies.

B ·

Kobus, Orania is nie selfbeskikking. Dit is nog onderworpe aan die ANC se nukke en grille, as deel van SA.
Ter illustrasie, is ek vry om eiendom te koop in Oranië?
(Ek ondersteun hulle saak, maar mens moet nie konsepte verwar)

Pofadder ·

B, ek verstaan jou punt. Synde ons rolspele speel – vra jouself hierdie af – die regering word gevra om ‘n deel van SA af te staan om ‘n nuwe ‘land’ met soewereiniteit in wording te laat kom, om jou 5% van mense gelukkig te maak, in weerwil van die 90% se mening. Wat is die kans dat dit gebeur, veral in die lig van land wat so ‘n sensitiewe saak is? Ons almal weet wat die antwoord is. ZERO.

JAN ·

B
daar bestaan nie so-iets soos selfbeskikking / soevereiniteit sonder grense nie.
Orania syne is soos al die ander – aansoek en goedkeuring ingeligte besluit en vrywillige assosiasie.
Volkome wettig en vrye keuse. – geen dwang.
Maar Orania het nie mure en grensdrade nie want dis hiper modern futuristies waar grense bepaal word deur EIE ARBEID.
Presies wat die Yanks nog moet leer op die swaar manier. Trump en Brexit se grense is ‘n nagmerrie dagga droom en tabak droom met vreemde arbeid.
Hmm?
Orania se groei is verstommend selfs ,meer as hul eksotiese veiligheid. Belegging in OSK se rentes skitterend. Alles volkome 100 % wettig .

Dirk Breytenbach ·

Die President gaan niks omtrent BBEEE doen nie al gee wie ook al vir hom raad daaroor. Die wit bevolking is op hul eie aangewese en hoe gouer dit besef word hoe beter. As ons niks oor Plan B doen nie is ons gedoem tot ‘n lewe van onderdrukking diskriminasie, veragting en agteruitgang op alle terreine. Presies waarvan die vorige bedeling beskuldig was word nou herhaal, ons is reeds daar.

DewaldS ·

Toe die ge-agte Professor Dakar toe is om met die ANC te onderhandel – het die Prof dalk net nie die regte vrae gevra nie? Of het hulle die Prof om die bos gelei? Albei kante toe klink maar bietjie van ‘n vernedering vir ‘n intellektueel…

Dieter ·

Intellektueel sê jy vir my?
PhD in teologie is nie in dieselfde kaliber as ‘n PhD in ingenieurswese of fisika of chemie of medies nie.
Nie alle PhD grade is gelyk nie. Nie naastenby nie.

@DewaldS ·

Ek stem saam met jou, wil die prof nie vir ons sê wanneer FW se wigte en teenwigte nou eendag gaan inskop nie?

OWO ·

Die wigte en teenwigte het nooit bestaan nie en sal nooit bestaan nie.Dit was maar net retoriek vir daardie tyd gewees.

Gert ·

Dewalds, die prof het bloot eerste gesien dat die vorige bedeling onvolhoubaar was, en het destyds al oplossings begin soek. Mense soos jy het wel die gevare gesien, maar nie ‘n oplossing daarvoor gehad nie. Niemand wat Ja gestem het, het Ja vir die huidige gemors gestem nie. Help eerder bou aan oplossings as om nuttelose verwyte rond te gooi.

Logika ·

@Gert

As jy enigsins iets weet van die omstandighede waaronder Dr. Eloff die PUK moes bestuur, hoe hy wal gegooi het teen die radikale afrikanisering daarvan, hoe hy homself in die proses blootgestel het, en proponente van radikale afrikanisering elke vuil truuk in die boek op hom getrek het… sou jy twee keer gedink het oor hierdie opmerking van jou.

Ek wil graag almal op hierdie forum, maar veral die wat “Nee” gestem het (myself ingesluit) of sou stem, herhinder aan die befaamde woorde van Teddy Rooseveldt se “Man in the arena” toespraak:

“It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat. “

Gert ·

@Logika:
Jammer ek vra verskoning. Dit was onvanpas. Ek het hierdie groot grief teen almal wat destyds betrokke was met die onderhandelings, hulle het uit ‘n magsposisie onderhandel, en kon nie eens enige vorm van minderheidsregte ingebou kry in die grondwet nie, met die gevolg dat ons nou GEEN regte in hierdie land het nie. Dit maak my baie bitter, maar dis nie ;n verskoning nie.

NEE seun ·

Maar dis wat ons trotse NEE stemmers al so vroeg as 1992 geweet en gesê het.
Dis tog immers hoekom ons NEE gestem het.
Maar toe wou die slim leiers nie vir die dom gewone mense luister nie.

Johanna Botha ·

Ag bee werk nie almal weet dit by nou ! Steur ons ook nie meer aan dit wat sertifiseering betref nie !

@Nee seun ·

Die naiewe ja stemmers het ons nee stemmers nogal “die verkramptes” genoem!!

Dis hoekom ek nie stem nie. Die “verligdes” moet nou maar die kastaaiings uit die vuur probeer krap. Nie dat ek dink hulle sal enige iets reg kry nie.

DewaldS ·

Hulle skryf mos reeds artikels met gevleuelde woorde in die media? Of wil jy hê hulle moet nog meer doen?

Akademi Buktu ·

Ek verstaan hoe mense voel en nie wil stem nie, maar ongelukkig beteken dit twee (!) stemme vir die sterkste party. 1 stem minder vir ‘n opposisieparty kan inderdaad bydra tot 1 parlementslid meer vir die sterkste party vanweë die stelsel van proporsionele verteenwoordiging.

Carel ·

NEEseun
Wanneer laas kon jy n “Ja” stemmer opspoor
Hulle is almal “dood” of land uit
Gelukkig weet ek ook ek is nie deel van die spul nie

Johannes ·

FW de Klerk sitigting? Dis dan juis die bron van al ons probleme!

Pieter ·

Johannes, dis mos nie waar dat De Klerk vir alle probleme verantwoordelik was nie. Ja, hy’t groot foute gemaak met die Onderhandelings, maar die werklike demografiese oorsake van ons probleme was veel dieper. Jy dink tog nie ‘n minderheid kon vir altyd regeer nie? Regses was ook nie bereid vir werkbare alternatiewe nie, en nou sit almal met niks. Moenie net vir FW verwyt.

VanAfrika ·

En hoekom nie Pieter, kon die minderheid nie vir altyd regeer het ni?. As ons nie uitverkoop was van ons eie grond af nie, het ons nog steeds regeer. Dit help nie hierdie Dr Theuns Eloff wil ons nou kom red nie, hy moes FW in die bek geruk het toe hy ons verraai het. Hy het baie bloed aan sy hande al sê hy, hy was sy hande in onskuld. Ons was n minderheid toe ons die Boere oorlog en Bloedrivier gewen het, want hoekom? Ons is God se kinders en as ons weer deur dit moes gaan sou ons weer gewen het en hierdie mense wat net van ons vat, moes terug gedryf word waar hulle vandaan gekom het. Dis jammer ons minderheid kon nie meer sê hê toe ons uitgelewer was nie, ons moes net shurrup en vat wat die NP aan ons uitgedeel het. De Klerk se seun was met “hulle” deurmekaar toe dit nog gekant was om verhoudings met ander kleuriges te hê, dis een van die groot redes hoekom ons uitverkoop was, sodat dit wettig kon word om te trou met wie jy wil. En wat gebeur toe op die einde van die dag, nie een van hulle het by hom gebly nie en hier sit ons met die gebakte pere.

Akademi Buktu ·

Lees gerus Adv P.J. Pretorius se boek VOLKSVERRAAD, waarvan die e-boek gratis op die internet verkry kan word en word wys oor vele van ons “Afrikanerhelde” van die verlede.

Deon ·

Jy kan maar preek ds, daar sal nooit ‘n “een nasie” wees nie.

Boerseun ·

Regstellende aksie is nie sleg toegepas by ESKOM nie, nee dis boos in beginsel. Punt!

Afrikaner ·

Eskom kan ons gerus na herubare energie toe dryf, dan prys hulle hulself uit die mark uit en binne ‘n paar jaar is hulle geskiedenis.

En dit sal net ‘n bonus wees.

Jammer maar hoeveel mense het Eskom in diens wat dan werkloos sal wees?

Nog ‘n ANC suksesverhaal.

B ·

Ek skaam my vir die persoonlike en platvloerse aavalle op prof Eloff, vir wie ek persoonlik baie respek het.

Hy het al 1000x meer gedoen vir ons as die passiewe respondente hierbo.

Moet hom nie vervreem, en ja hy is definitief ‘n intellektueel.

Baie dankie prof.

Deon ·

B, terwyl die intellektueles in Dakar was, het ek in warm Angolese son Swapos en ander terroriste gejag, ten spyte van Kubanse Migs in die lug. Ek het gesien hoe jong laatjies aan flarde geskiet word. Vir my is dit meer as die 1000x wat jy noem.

Johanna Botha ·

Dis nie net eskom dis alles wat uitmekaar val agv die anc en die slim onderhandelaars van die sogenaamde wigte en teen wigte wat duidelik nie werk nie

chrisp ·

‘n Reenboog nasie is mos juis ‘n reenboog daarom moet BEE en sy stertjies die inkleurwerk doen om die reenboog te vorm. Ek kan nie verstaan waaroor kla die mense as die reenboog wat hulle verkies en so hard aan gewerk het om te vorm uiteindelik tot stand gekom het nie.Het julle nie selfs so ver gegaan om mense te bedrieg nie?

Hierdie is julle Dakar onderhandelaars se kind waar julle gewaarsku is hoe hy sal lyk en himself gedra in die nabye toekoms. Probeer julle hom grootmaak deur te paai,smeek en soms streng te probeer optree.Ek glo nie in die “reenboog-kind” nie en sal dus nie by julle opvoedings pogings betrokke raak nie.Julle wys my al sedert 1994 hoe hy lyk en hy gaan nie verbeter nie.

Tappies Smit ·

Dis tyd dat dat die blanke bevolking van SA se ogies oopgaan en besef dat die witman se tyd in Afrika verby is…skrik wakker SA.!!!!

Wekker ·

Ons is wakker Tappies, soos ek glo jy ook – wat is jou PVA nou, volgende stap? (Of moet ons net wakker wees)

marco polo ·

Lankal wakker, Tapman. Groete uit China van jy weet wie

Mickey ·

Slegs as daar werklik niks maar niks oor gaan wees nie dan eers sal hul oë dalk oopgaan maar ek twyfel nog steeds. Hulle sien die groter prentjie anders as ons.

Faan Bothma ·

Die huidige probleme met escom kan raakgelees word in “Umkhonto we Siswe – fighting for a divided people” deur Thula Bopela en Daluxo Luthuli. Die twee is in Zambië “opgelei” en deur Chris Hani oor die Zambesie gestuur waar Rhodesiese veligheidsmagte hulle gevange geneem het. Hulle het nooit geveg nie maar heeltyd gehardloop of was in gevangenis.
“By hook or by crook” land Bopela in Holland op as ‘n “gas” van ‘n gesin en leer lees en skryf. Maar sê die volgende van die gasheer: (Bls 288) “Intellectually I found them flexible, but very tight fisted. If they offer you a glass of wine they pour it and put the bottle away.” En ook, “He offered us tea and biscuits, but keep the buiscuits in his hand. If you want another you must ask”. Later woon hy selfs een of ander kollege by maar nadat hy “gegradueer” het sê hy “I was sick and tired of Dutch Charity”.
Terug in RSA skakel escom hom vir ‘n werksonderhoud. Hy sê “ I had never been interviewed for a job before and didn’t know how to prepare myself. Furthermore, I know nothing about the company and even less about electrification”.
Hy het die pos gekry en is aangestel as “Electrification manager, Coastal”.
En daar het jy dit ! Dit was lank voor die zuptadae.

Faan Bothma ·

Ek stem saam dat dit die de kklerk ‘gang’ en jaa-stemmers is wat julle se Madieba instaat gestel het om die “Donker Dekades” (Letterlik en figuurlik gesproke) oor RSA te te laat neerdaal.

JAN ·

Julle het DAKAR opgebring. :((
Dit was niks anders as ‘n staatskaping gereel deur Grootmeester Pik met afdreiging en afpersing van burgeroorlog die lot.
Nou is al die blaam afgelaai op ‘n hele span entosiastiese amateurs
FW se Ontstigting arme Prof Goedgelowig en AB en Naspers het nou die hoerbaba gekry om te abba en die Moeder is vooruit en verdwyn.
Moederratorretjie moet maar besluit oor die waarheid en haar / sy eie selfbeskikking / vryheid . Hmm
Die punt is dat selfbeskikking is in jou eie hande hier en elders – jy sal dit wragtag self moet doen al is dit ook niks.
Maar passop vir oortreding van grense – dan soek jy groot moeilikheid van goeie Christene. { verw Servetus}

Steven ·

Die Ja stemmers is by vergaderings en op TV en media goed ingelig waaarvoor hulle Ja sê.
Daar was min ruimte vir verkeerd verstaan, magsdeling met 12 milj zoeloes, beteken jy verloor alles. Groepsgebiede, skole, kerke, hospitale. Maar die leuens is geglo, die Nee stemmers is verdag gemaak, by Kodesa amper geskiet en die Ja stemmers het gevou onder sanksies, terroriste bomme, nag van Generaals deur FW, Pik en Roelfie… Johan Heyns en Beyers Naude, Allen Boesak het elkeen sy rol goed gespeel. Die Afrikaner Ja stem het ons hier gebring, om nou manhaftig oplossings te soek is voorbarig Prof. Julle se beurt is verby, julle het verraad gepleeg in jul posisies. Verdwyn asb. En ontbind die FW stigting en skenk die geld aan ons pensioennarisse wat krimpeer agv julle wandade.

Laksman ·

Die vorige bedeling was nie volhoubaar nie, die huidige een ook nie. NOU WAT NOU???

Faan Bothma ·

de kklerk se vraag was: Moet onderhandeling voortgaan soos wat hy en sy bende dit doen. Die antwoord was Ja, onderhandeling moet voortgaan / Nee, nie soos hulle dit doen nie !!!Ons is geregtig op wat aan ons voorvaders behoort het voor die besmetting van Kaap deur die êngelse en die Suid Vrystaat behoort aan die Griekwas. Die êngelse het die Griekwas uit Griekwaland (wes) verneuk en later uit Griekwaland Oos. Later is hulle uit Griekwaland Oos ook bedinges, op skepe gelaai en teruggevat na Kaapstad. Daar is hul tot identiteitlose ‘kypies’ gereduseer. Hulle, en ons, moet terugkry wat aan ons voorvaders behoort het !

Nota. ek maak moedswillige spelfoute om m’roela se sensors te ‘probeer’ omseil! En ek skryf de kklerk met kleinletters want ek gebruik hoofletters net wanneer ek iets respekteer

Jerry ·

Dr. Theuns is tereg “the man in the arena” en slaan die spyker op die kop met sy ontleding dat die ANC se rasbeheptheid die oorsaak is van die probleme by Eskom. Ek ondersteun ook heelhartig die beroep wat Dr. Theuns op die president van die ANC maak om gekwalifiseerde en bevoegde witmense wat wil dien aan te stel. Ek distansieer myself van medekommentators wie deur beledigings poog om Dr. Theuns te diskrediteer en n wanpersepsie oor hom as persoon en leier, te probeer skep. Almal van ons is teleurgesteld met die verloop van sake, maar instede daarvan om mekaar te blameer, vat eerder hande en trek saam die wa deur die drif. Organisasies sal niks noemenswaardig op hulle eie kan vermag nie, maar saam maak ons n formidabele span waarmee daar rekening gehou sal moet word! Dit is tyd dat ons erkenning en ondersteuning gee aan al ons Afrikanermense wat namens ons in die arena staan. Dit help dalk net om hulle te verenig, wat dit dan makliker sal maak vir die res van ons om te verenig. Dit mag nou wensdenkery wees, maar glo my oor n paar jaar van nou af behoort dit die norm te wees van die Afrikaners wat gaan oorbly in SA en hoe vroeer die Afrikaner verenig, hoe beter sal dit met almal gaan!

B ·

Jerry, VANDAG stem ek saam met jou ?

Ons moet ophou terugkyk en wat-as wat-as speel. Dis NOU die tyd. Om soos ‘n plaat wat vashak aan te hou te kkerm oor die verlede maak vna mens ‘n hulpelose, patetiese slagoffer.

DewaldS ·

Ja – ons moet nou terwyl ons oor die afgrond val net ons oog probeer hou op die juiste fluitspeler van Hamelin….

Steven ·

Nee, dankie Jerry

Julle bly maar om ons te kul… wanneer julle opgeneuk het moet ons hande vat om die gemors te red.

Nie jy of die prof is instaat om reg te kan maak nie, julle behoort die land te verlaat, want dit gaan baie ongemaklik raak vir julle om verder te wil probeer leiding neem. Ons is gatvol vir julle leuens en verraad en die op n hoogte wat julle steeds die hande wil vat. Verraaiers kry nie nie handdrukke nie…

Steven ·

Jerry en B

Ons kan vir julle gerieflike akkommodasie saam met Roelf en Martiens en die prof reel op Robbeneiland. Dis van 23 Mei beskikbaar, kry jul sake reg solank, met Eskom gaan dit n koue winter wees…

Fanie ·

En jou oplossing was dat die 7 m vir ewig die 49 m regeer? Is dit dan nie dalk hulpvaardige medici wat jou uit begelei het ipv die gewaande polieste nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.