Anderkant die Ja-stem

Pik Botha. Argieffoto.

Met die onlangse afsterwe van Pik Botha, voormalige minister van buitelandse sake, was daar uiteenlopende standpunte oor die oudminister se nalatenskap. Kort voor lank het debatte oor Pik se loopbaan tot ʼn geveg oor die referendum van 1992 gelei. Dit is nie die eerste keer dat gesprekke oor die “Ja vs Nee”-stem prominensie op sosiale media geniet nie. ʼn Tyd gelede het die sanger, akteur en aktivis, Steve Hofmeyr, sy verskoning aangebied vir die feit dat hy tydens die referendum “Ja” gestem het. Hy het dit onder meer as verraad teen sy mense en hul soewereiniteit beskryf. Die skrywer Dana Snyman het daarop reageer deur ʼn artikel te skryf oor waarom hy nie spyt is dat hy ja gestem het nie.

Dit is meningsvormers soos Steve en Dana se goeie reg om standpunt in te neem oor waarom hulle destyds sekere besluite geneem het en hoe hulle vandag daaroor voel. Die vraag is egter of die energie wat gebruik word in die debat wat volg op die kommentaarafdeling van nuusblaaie of sosiale media-platforms nie beter aangewend kan word nie.

Die vraag waarop wit Suid-Afrikaanse kiesers destyds gevra is om oor ja of nee te stem was as volg:

Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ʼn nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?

Ons weet almal vandag wat die gevolg van daardie proses was en daar kan lank geredekawel word oor waarom kiesers destyds, aan beide kante van die debat, gestem het soos hulle het. Dit neem egter nie die uitdagings wat ons vandag in die gesig staar, weg nie:

  • Die toekoms van eiendomsreg is onseker
  • Afrikaanse onderrig by skole en universiteite is in gedrang
  • Afrikaners se posisie in die werkplek word deur rasbehepte wetgewing bedreig

Dit is enkele gegewes en geen vorm van debat oor gebeure van 26 jaar gelede gaan dit verander nie. Om steeds te debatteer oor of dit reg of verkeerd was om in 1992 “Ja” of “Nee” te stem, is om te dink dat ʼn bekgeveg oor Piet Cronje se oorgawe by Paardeberg die gevolge van die Boere se nederlaag met die Anglo-Boereoorlog kan omkeer. Of om te dink dat ʼn debat oor die Natte en die Sappe ʼn einde aan regstellende aksie sal bring.

Dalk is dit eerder tyd om te erken dat nie een van die destydse groeperinge ʼn volhoubare oplossing vir die land se probleme gehad het nie. ’n Dosent in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria, prof. Koos Malan het by geleentheid die volgende gesê: “Konserwatiewe Afrikaners was akkuraat om swart nasionalisme nie te vertrou nie. Maar wat konserwatiewe Afrikaners met Afrikaners in die algemeen gemeen het, was dat hulle geen oplossing vir die konstitusionele probleem wat ons as Afrikaners behoorlik akkommodeer, kon bied nie.”

Ons kan by Malan byvoeg en dit waag om te sê dat ons al meer oplossings op vandag se probleme kon gehad het as ons nie in die verlede vasgehaak nie. Daar moet debat wees – maar die debatte moet handel oor oplossings vir 2018 se probleme en nie oor 1992 se besluite nie.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

James Kemp

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gemaskerde Sopbeen

Natuurlik moet daar debatte oor 1992 se besluite wees………..want 99% van die “oplossing” wat jy voorstel nou oor gedebatteer moet word, word gesoek juis as gevolg van die 1992 besluite. Die aanname wat gemaak word dat die 1992 “NEE” stemmers nie ‘n “oplossing” vir die probleme van 1992 gehad het nie, is ook verkeerd. Niemand het daardie oplossings getoets of oorweeg nie………..net voort gestoom sonder inagname van enige iemand anders se geldige punte en stellings. Die grootste les van 1992 is “haastige hond verbrand sy mond”……….en dit moet oor en oor gedabatteer word sodat die nie herhaal word in die… Lees meer »

Sendeling

As daar nie apartheid was nie, dan sou swart nie vir wit so baie gehaat het nie.. Ek weet nie nie hoe die res van die land sou lyk nie, maar plaasmoorde sou 90% minder wees..

Charles Greyling

Gegewe die verswakende posisie van die blanke Afrikaner na 1994 word enklawes nou gevorm . N nie amptlike , subtiele segregasie het spontaan ontwikkel wat in die Zuma periode meer momentum gekry het . Om bv. Misdaad te vermy . Vandag het jy drie vlakke blankes : jou Val de Ve hoe sekuriteit blanke , jou enklawe bewoner wat op die Tuinroete ,Klein Karoo konsentreer en die sulkes in aftree oorde en n groeiende getal Witplakkerkamp bewoners in bv. Pretoria Wes.

Stephan de Swardt

Sendeling: wat van die ou Rhodesie waar daar nie apartheid was nie?Wat vd haat in die wereld voordat daar apartheid was?

Thinus Erasmus

Charles die hele wereld en almal wil he dat Afrikaners (wat nie gekoloniseer of apartheid begin het nie) moet omverskoning vra vir beide bg. en boete betaal daarvoor. Maar die Ja-stemmers wil nie eers daaroor redeneer wat nog verskoning vra vir hul fout nie.
Charles dit sal nie die vandag se probleme oplos nie, hoekom sal ‘n apartheid erkentenis dan enige probleme oplos?