Die Afrikaner en sy koerant

koerant

Argieffoto

(Die opskrif is ontleen aan een van Schalk Pienaar, eerste redakteur van Beeld, se hoofstukke in sy biografie Getuie van groot tye.)

Onlangs het ek Schalk Pienaar se outobiografie op ’n stowwerige rak in ’n klein boekwinkeltjie in die Karoo ontdek. Pienaar het die manuskrip slegs tien dae voor sy dood in 1978 voltooi. Reeds in die voorwoord meld die digter DJ Opperman dat Pienaar bestem was vir groot dinge. Met ’n blitsvinnige en feillose strategie het hy die noorde van die land stormgeloop en Die Beeld gevestig as die voorste nuuskoerant.

Onder Pienaar se leiding het Die Beeld wat aanvanklik as Sondagkoerant verskyn het se sirkulasiesyfers ontplof. Joel Mervis, sy magtige Engelse teëstander en redakteur van die invloedryke Sunday Times het Pienaar onthou as “the man who pulled off the most spectacular newspaper coup in the history of the South African Press”. Sy tydgenoot en bestuurder, Dirk de Villiers, gaan nog verder: “Binne enkele jare het hy en sy span Beeld uit die grond uit opgebou tot die suksesvolste koerantonderneming in die land se geskiedenis – inderdaad een van die merkwaardigste suksesse ook aan wêreldstandaarde gemeet.”

Teen die einde van sy eerste jaar het Die Beeld 112 458 eksemplare per uitgawe verkoop. Teen 1970 het Die Beeld se sirkulasiesyfers geklim tot 355 820. Binne 5 jaar het meer as ’n miljoen Afrikaners Die Beeld gelees. Na die totstandkoming van Rapport het Beeld in 1974 as ʼn dagblad onder Pienaar se leiding verskyn, met net sulke groot suksesse en gewildheid. Dit gemeet teen die agtergrond dat dr Verwoerd en die Transvaalse Nasionale Party ’n boikot teen die koerant verklaar het nog voordat hy verskyn het.

Pienaar se sukses was te danke aan veral twee strategiese vertrekpunte:
1. In die sestiger- en sewentigerjare was daar ’n tradisie dat Afrikaanse koerante beskou is as die spreekbuis van Afrikaanse instellings. Die Afrikaanse koerant het volgens dié tradisie geen ander bestaansreg gehad as ’n publisiteitsagent en goedprater van die establishment nie. Pienaar wou met Beeld die tradisie op sy kop keer deur nooit ’n naprater te wees nie. Om die waarheid te sê, het Pienaar uit sy pad gegaan om sy Afrikanerlesers bloot te stel aan menings buitekant die laer. Vir hom was een van die koerant se kernfunksies om nie vandag te gebruik om gister te aanvaar nie, maar om sy lesers eerder te help om môre tegemoet te gaan. Uitgesproke rubriekskrywers soos GH Caplin, Dennis Worrall, Henry Katzew en Andre Brink het carte blanche gekry om Afrikaners intellektueel uit te daag en grense te verskuif. Pienaar het die rubriekskrywers egter nie toegelaat om Afrikaners te verkleineer of te etiketteer nie. Die lesers het Beeld se vrye benadering oor Afrikanersake verwelkom en sirkulasiesyfers het die hoogte ingeskiet. In die proses het baie Afrikanerorganisasies Beeld-vriende geword. ’n Vriendskap wat vandag onder groot druk en spanning verkeer.

2. Pienaar was deeglik bewus van die feit dat vanweë Suid-Afrika en die Afrikaner se besondere omstandighede, die meningsgaping tussen ’n Afrikaanse koerant en sy lesers groter sal wees as wat dit normaalweg is in ander Westerse demokrasieë. Sy onomwonde standpunt was dat geeneen van die twee kante ’n breuk kan bekostig nie. Die Afrikaanse koerant moet altyd ten minste ’n voet in die deur van Afrikanerinstellings hou, anders maak hy homself magteloos, terwyl Afrikanerinstellings die koerant nodig het om te kan groei en grense te skuif. Pienaar het die dinamiese verhouding beskryf as: “onafhanklikheid in gebondenheid” en “vriendskap in spanning”. Hierdie formule was vir hom noodsaaklik vir beide se groei.

In die konteks van nuwe spanning in die verhouding tussen die Afrikaners en Beeld is dit goed, selfs noodsaaklik, om die eerste redakteur se raad weer af te stof. Die huidige verhouding word ongelukkig gekenmerk deur onafhanklikheid en spanning, terwyl daar min te bespeur is van vriendskap en gebondenheid. Terwyl talle meningsvormers bekommerd is oor verharding in gesindheid, die polarisering in die Suid-Afrikaanse samelewing en die verdwyning van die middelgrond, is dit ’n legitieme vraag om te wonder in watter mate bou Beeld ’n gemeenskaplike middelgrond of dra Beeld by tot die verharding, vervreemding en polarisasie van sy Afrikanerlesers?

Feitelik al die Afrikaners wat ek ken, is gebalanseerde en gematigde mense wat oor dieselfde dinge as die meerderheid Suid-Afrikaners bekommerd is. Afrikaners sal hard werk om die grondwet te versterk en om SA se demokrasie suksesvol te maak. Afrikaners wil graag fokus op die werklike aktuele kwessies en ook ’n bydrae aan die oplossingskant lewer. Hoekom beleef Afrikaners nie dieselfde spanning met Rapport, Volksblad of Die Burger nie? Die koerante neem dikwels tog ook standpunt teenoor Afrikaners in. Afrikaners en die koerante verskil tog ook dikwels oor verskeie kwessies.

Dalk is een van die redes dat Beeld Afrikaners aan die hand van die Mellville-minderheid se linkse ideologiese raamwerk beoordeel. Nog erger verwag Beeld van sy Afrikanerlesers om soos die Melville-minderheid te dink en te doen. Soos wat Beeld se huidige redaksionele beleid verder en verder links skuif van die middelgrond, het Afrikanerstemme feitlik uit Beeld se rubrieke verdwyn. Debatte oor Afrikaners en hul kultuur in vyandskap tot op breekpunt gevoer. In plaas daarvan dat Beeld geloofwaardige leiding aan sy Afrikanerlesers gee, word die lesers vervreem. Mens kan net wonder wat is volgende in Beeld se visier?

Die gevolge is duidelik sigbaar. Beeld se sirkulasiesyfers daal kwartaalliks tot nuwe laagtepunte. Aan die einde van die eerste kwartaal van 2014 was Beeld se sirkulasiesyfer maar net 62 766. ’n Invloedryke en bekende uitgewer het op die sosiale media opgemerk dat die Vryheidsfront Plus driemaal meer stemme het as wat die Beeld kopers het. Dit moet seker ’n bitter pil wees. Die gerugte dat Beeld en Volksblad moet saamsmelt, herinner ook sterk aan die samesmelting tussen Dagbreek en Landstem vroeg in 1968 om hulle tanende sirkulasiesyfers kunsmatig op te jaag. Selfs dit kon Dagbreek nie van uiteindelike ondergang red nie. Daar sou seker aangevoer kan word dat alle koerante se sirkulasiesyfers tans onder groot druk verkeer, maar Beeld se eerste redakteur sou dit nie as verskoning aanvaar of aangebied het nie. Pienaar het die algemene wysheid dat dalende sirkulasiesyfers ʼn teken is dat Afrikaanse koerante se tyd uitgedien is verkeerd bewys.

In die huidige politieke klimaat sal daar seker baie Afrikaners wees wat bly sal wees oor Beeld se krimpende sirkulasiesyfers. Daar sal seker ook Afrikaners wees wat nog blyer sal wees as Beeld se deure finaal sluit. So ’n redenasie is kortsigtig en ’n fout. Die pleidooi is eerder dat die verhouding tussen Beeld en sy Afrikanerlesers moet herstel word op die basis van Pienaar se bewese suksesformule van onafhanklikheid in gebondenheid en vriendskap in spanning. Afrikaners het Beeld nodig, soos wat Beeld sy Afrikanerlesers nodig het.

Beeld en Afrikaners het baie meer met mekaar in gemeen as wat hulle verdeel. As Beeld verdwyn, verloor nie net Afrikaners ’n belangrike politieke stem nie, maar verloor Afrikaans ’n belangrike taalstaanplek in die noorde. Afrikaners het nodig om blootgestel te word aan verskeie standpunte regoor die breë politieke spektrum. Suid-Afrikaners het ook nodig om Afrikaners se stem te hoor.

Afrikaners mag egter nie van Beeld verwag om hul naprater en spreekbuis te wees nie. Dit is onbillik. Beeld was dit nooit en sal dit ook nooit wees nie. Afrikaners kan wel van Beeld verwag om nie geëtiketteer en gemarginaliseer te word nie. Afrikaners kan wel van Beeld wyer blootstelling en ander menings vra as dié van die Melville-minderheid. Afrikaners mag van Beeld respek verwag.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Danie Langner

Meer oor die skrywer: Danie Langner

Danie Langner is die Besturende Direkteur by die FAK.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

40 Kommentare

Hennie ·

Beeld en so ook meeste ander afrikaanse koerante is stadig maar seker aan die kwyn. Die meeste mense weet hoekom dit gebeur. Die joernaliste wat vir hulle skryf is besig om hulle eie koerante te kelder deur artikels te plaas wat die Afrikaner kwaad maak. Of nie goed te skryf wat ons wil hoor nie. n Afrikaanse koerant het Afrikaanse lesers. Dus is dit n verkeerde ding om BEE aanstellings binne so koerant te maak. En soos dit nou maar gaan, is die BEE aanstellings gewoonlik in senior poste. Dus moet daar geskryf word wat die BEE manne wil he moet geskryf word. By die 70 000 wit mense is al vermoor in ons land en daar word feitlik niks oor geskryf nie. Kort kort is daar een of ander joernalis wat dan ons kampvegters beledig en slegse asof die moorde nie gebeur nie. Intussen boikot meeste mense die koerante. Dit kan duidelik gesien word aan die dalende leserstalle. Wie moet blameer word? Die snotkoppe wat die twak skryf

Deon van rensburg ·

‘n Baie interessante artikel Mnr Langner. Ek verskil egter van u met die volgende: “… verloor nie net Afrikaners ’n belangrike politieke stem nie, maar verloor Afrikaans ’n belangrike taalstaanplek…”. Beeld – en Naspers oor die algemeen – bedryf ‘n linkse ideologie wat nie in pas is met die meeste Afrikaners wat ek ken nie en is dus nie ‘n geldige argument nie, dit sluit ook aan by die stelling oor taal staan plek.

Beeld bevorder die “Afrikaanses” neologisme wat deur Jakes Gerwel ingeprent is op die Naspers diskoers – ‘n mitiese Afrikaans sprekende van geen historiese, kulturele, etiese of morele agtergrond. Dit is ‘n valsheid en ontkenning van Afrikaans as ‘n homogene taal wat verbaster moet word met Kaapse Kreools aangesien bruin mense van die Kaap ook tog volgens Naspers Afrikaans sprekend is nieteenstaande dat daar groot verskille tussen standaard Afrikaans en Kaapse Afrikaans is

Die probleem is eenvoudig die redaksie en joernaliste van Beeld wat ultra-liberale twak as soetkoek probeer verkoop – vervang vir Basson en ‘n gedeelte van die probleem is opgelos. Raak ontslae van sensasionele skrywers wat ideologiese pitkos aan almal wil voer en die probleem is opgelos. Maar ek is bevrees die skeur is alreeds te wyd – daar is ‘n rede hoekom die “Boikot Naspers” beweging begin het en vanwaar ek staan sal die verlies van Beeld nie ‘n krisis wees nie – die internet verskaf meer as genoeg inligting alreeds en om enigsins anders daaroor te dink is om nie wêreld tendense in agting te neem nie

marlene muller ·

as beeld en die afrikaanse koerante nie saam met ons Afrikaners kan staan nie stel ek nie belang om hulle te ondersteun nie, daar woed niks gese as zuma en malema die [struggle song] sing van kill the boer kill the famer nie maar laat Steve Hofmeyer net dit waag om die stem te sing dan is julle soos die engelse se up in arms en as gevolg van die struggle song word die wittes en vernaam die boere vermoor en mens sien niks in die koerante of op die nuus daarvan nie, aan watter kant is julle nou eitlik hoekom moet daar altyd van julle wees wat nie saam met julle eie mense kanstaan nie/hoeveel wit mense moet nog vermoor word voor julle tot julle sinne kom. ons het sivilatation na die land gebring ons het hulle geleer hoe om huise te bou paaie te bou om water aan tele huis toe dreinpype aan te le en vandag wil hulle maak of alles hulle sin is deur te will net vat maar hulle breek en verniel moor verkrag en die geverment doen niks daar aan nie. hoekom in stede om steve en sunette en ons Afrikaners aan tevat hoekom van julle nie die government aan oor al die misdaad en geweld in ons land nie en al die geld wat hulle so mors en steel

Andries ·

Danie, Schalk Pienaar was redakteur van “Die Beeld” in die jare 60. “Die Beeld” en “Dagbreek” het in 1970 saamgesmelt en “Rapport” geword. “Beeld” in Johannesburg is eers in 1974 gestig. Dis twee koerante waarby Pienaar betrokke was – nie ‘n enkele titel nie. En die sirkulasiesyfers wat jy noem is dié van “Die Beeld” in die jare 60 toe dit ‘n Sondagkoerant was. Jy kan nie Beeld se huidige sirkulasiesyfers daarmee vergelyk nie.

Suné van Heerden ·

Dagsê Andries

Baie dankie vir die terugvoer, ons het op Danie se versoek die wysigings aangebring.
Danie gaan moontlik eers Maandag verder reageer op enige ander kommentaar.

Baie dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Andries Gouws ·

Danie, hierdie vergelyking is ‘n fout: “Dit is nog meer kommerwekkend dat Beeld se sirkulasiesyfers vandag amper die helfte minder is as in die moeilike beginjare van 1965.”
Beeld het in 1965 nog nie bestaan nie.
Twee koerante is hier ter sprake. “Die Beeld” onder Pienaar in die jare 60 was ‘n Sondagkoerant wat in 1970 met “Dagbreek” saamgesmelt het om “Rapport” te word.
Die huidige Beeld is eers in 1974 gestig.

Bertus ·

Stem saam, Danie. Maar nie net Beeld het ‘n Melville kliek nie.

RSG en Dagbreek-KykNet het ‘n soortgelyke kliek wat mekaar lekker warmbroei. Onlangs op sosiale media was daar ‘n foto van Adriaan Basson, Cobus Bester, Theo Venter en Piet Croucamp by een of ander geleentheid, die ene grappies en glimlagte.

Dit is dieselfde gesigte, dieselfde kommentators en meningsvormers wat mens altyd sien en hoor. En almal sing in dieselfde koor. Ons hoor nie ander stemme nie. Hierdie mense het ‘n greep op Afrikaanse media wat net so versmorend is as in die ou dae.

Ek wil Max du Preez en Kie lees, al verskil ek hoe van hulle. Maar ek wil ook ander stemme hoor. Aweregse, stroomop stemme.

Chris du Plessis ·

Na 2 dekades is dit duidelik watter kant toe die wind waai. Nie eers Tutu glo meer aan die moontlikheid van n reenboog nasie nie. Dit is nou tyd vir Afrikaners om op te staan vir hul self, hul kultuur en taal.
Dis net die Naspers media wat voortgaan met hul destruktiewe berigewing oor wat vir Afrikaners belangrik is. Hulle is totaal uit voeling met hul gehoor en dryf n agenda teen Afrikaner nasionalisme maak nie saak wat die prys is nie. Hoe meer hulle ignoreer word, hoe harder probeer hulle.

Jessica ·

Ons praat van Beeld as uit die Naspers-stal, Danie, maar eintlik is hy nou deel van die Media Twenty-Four-stal.

My oupa aan my ma se kant stel dit só: ons beleef weer die kloof tussen die Cape Dutch – wat alles uithaal om voor te gee dat hul Afrikaans is maar eintlik Engelse harte het – en gewone Afrikaners.

Cape Dutch is lankal nie meer ‘n geografies-beperkte term nie, maar ‘n ideologiese wêreldbeskouing.

Naspers/Media Twenty-Four voel natuurlik vere vir die dalende sirkulasiesyfers omdat geld al te vrolik vanaf hul ander sakebelange instroom. Solank Beeld & Kie hul ideologiese oogmerke dien, is hulle doodgelukkig.

Die oplossing? ‘n Nuwe, vrye Afrikaanse koerant, obviously.

A.P. Grové ·

Jessica en u aspireer OBVIOUSLY om ‘n leidende of is dit dalk ‘n lydende rol in die koerant te speel. ‘n Afrikaanse koerant vol engelse kruie. Ai mens.

Jessica ·

Hier’s drie moontlikhede, A.P.: óf jy ly aan ‘n totale gebrek aan ‘n sintuig vir ironiese lighartigheid óf, nog erger, aan ‘n erbarmlike afwesigheid van ‘n sin vir humor, óf – my keuse – jy kan die vooruitsig van ‘n vrye Afrikaanse dagblad net nie fys nie.

Illa Conradie ·

Persoonlik dink ek nie mens moet ooit dinge te ver gaan haal of te ingewikkeld maak nie. Ek is ‘n Kapenaar en was tydens die onlangse Die Stem-debat geskok oor hoe venynig en beledigend Die Burger se eie Afrikaanse kommentators teenoor ander Afrikaners was. Uiteindelik het ek tot die gevolgtrekking gekom dat diegene (in hierdie geval Afrikaners) wat nie deur transformasie of plaasmoorde geraak is nie en (steeds) goeie werk het, voel hulle is alleen veilig as hulle hulself so ver moontlik distansieer van diegene wat wel die huidige politieke bestel negatief ervaar, dikwels om een van bogenoemde twee redes. Laasgenoemde word dan dadelik beskuldig dat hulle “na apartheid terugverlang” en die spreker sal dan hom- of haarself so vinnig en so ver moontlik van so iemand verwyder deur selfs skeldtaal te gebruik. In Die Stem-debat is saamsingers dadelik gemerk as sou hulle dus na apartheid terugverlang en hulle is dus dom, ens. Dit lyk asof dit gaan om selfbehoud in die sin dat sekere mense voel om Afrikaans of ‘n Afrikaner te wees, plaas hulle onder verdenking en hulle moet dus duidelik wys “ons is nie almal so nie”. Dit lyk asof dit ‘n uitvloeisel is van die erg vereenvoudigde diskoers die afgelope 20 jaar wat die totale skuld vir alle ongelykheid in die land aan apartheid wyt, sonder om enigsins te verwys na kultuurverskille wat lank voor apartheid reeds bestaan het. Is daar ‘n oplossing? Nugter weet.

Frans Campher ·

Die Afrikaner beleef tans ‘n ernstige identiteitsbeeld krisis.Dit is ‘n komplekse aanslag wat reeds in plek was voor 1994. (A NEW FUTURERISTIC SOUTH AFRICA. 1972) Die akademiese berekende psigiese aanslag om trotse Afrikanernisme af te breek was om sodoende die sterk gevestigde apartheidsbeleid onder blankes ‘n nekslag toe te dien,beseffende dat “hulle” sterk teen kanting van die Afrikaner kon verwag. As te ware het apartheid die wereld ekonomie vasgehou, want Suid Afrika is die goue middeweg na die res van Afrika se rykdomme en vredes bestendigheid
omsoedoende die ekonomiese bal aan die rol te kry. Die
werklike “victims” van die proses is van minder belang, ‘n burger oorlog sou ook nie deeg want dit sou die
ekonomiese bal erg benadeel en vir jare kon vertraag het.
Media is vroegtuidig “gegroom” vir die aandslag teen die Afrikaner se “TROTSE WIL” Die proses is reeds in ‘n gevorderde staduim. Dit is waarom “DIE STEM” so hewige teen kanting kry,want dit herstel Afrikaner !!TROTS!! En wie kan kersvashou saam met die Afrikaner volk as hy gesond is? Ons moet as Volk leer wie ons vyande is in die media en wie die Afrikaner se vriende is. Dit is ook nie so moeilik deesdae aangesien hulle arrogant uitstaan.’n Deurlopende bewusmakings veldtog moet geloods word om die idee wat besig is om te ontstaan dat dit “cool” is om die Afrikaner te beledig. Ons moet dalk ophou om onsself soos “die prooi” te gedra.

bertus vd westhuizen ·

Myself het geen probleem met mense wat n ander opinie as ekself huldig nie, inteendeel dit verbreed my perspektief deur kennis te neem van ook ander standpunte. Die probleem ontstaan wanneer daar onwaarhede gepubliseer word. Hoe stel jy dit reg? Die gedrukte media praat tog net een rigting. Geskrewe reaksies op sulke kwaadwillige foutiewe beriggewings word net eenvoudig gesensor en uitgerangeer. Sulke beriggewings word gewoonlik aangewend as propaganda vir n bepaalde ideologie, en die publiek word hierteenoor totaal weerloos gelaat. Dit sal jammer wees as n instansie soos Beeld bv. benadeel word a.g.v. die ideologie van Basson. So n struktuur met n Afrikaanse inslag, word nie maklik geskep nie.

bertus vd westhuizen ·

Myself het geen probleem met mense wat n ander opinie as ekself huldig nie, inteendeel dit verbreed my perspektief deur kennis te neem van ook ander standpunte. Die probleem ontstaan wanneer daar onwaarhede gepubliseer word. Hoe stel jy dit reg? Die gedrukte media praat tog net een rigting. Geskrewe reaksies op sulke kwaadwillige foutiewe beriggewings word net eenvoudig gesensor en uitgerangeer. Sulke beriggewings word gewoonlik aangewend as propaganda vir n bepaalde ideologie, en die publiek word hierteenoor totaal weerloos gelaat. Dit sal jammer wees as n instansie soos Beeld bv. benadeel word a.g.v. die ideologie van Basson. So n struktuur met n Afrikaanse inslag, word nie maklik geskep of vervang nie.

PT Roodt ·

Met soveel woorde so…………. . Wat is n mening ? Wat is n meningsvormer ? n Modetydskrif se wat ek moet aantrek . n Kos tydskrif se wat ek moet eet . ens ens . Wat is gradualism in Afrikaans ? Wanneer kom ek agter , maar ek lees die “nuus” en iemand se vir my wat ek daarvan moet dink . Die Afrikaner is gestroop van identiteit , die media is saam hiervoor verantwoordelik . Maar n bedekte seen . Witman , soek wie jy is , jy is groter as wat jy is tot nou toe . Jaap Marais het gese dis maar nog altyd die harde kern van die Afrikaner wat die wa deur die drif getrek het . Vervang ? Wie het n fotostaatmasjien?

Estelle Piek ·

Afrikaans is nie uitgedien of dood nie. Daarvan getuig die baie nuwe Afrikaanse publikasies wat gereeld die lig sien en suksesvol handel dryf in n baie kompeterende mark. Beeld se redaksie het egter vir hulself begin skryf, n kritiese oordeelsfout. As jy eers die lojaliteit van jou leser verloor en nie sy hart verstaan of beter nog, arrogansie ontwikkel teenoor jou lser

Afrikaans is nie uitgedien of dood nie. Daarvan getuig die baie nuwe Afrikaanse publikasies wat gereeld die lig sien en suksesvol handel dryf in n baie kompeterende mark. Beeld se redaksie het egter vir hulself begin skryf, n kritiese oordeelsfout. As jy eers die lojaliteit van jou leser verloor en nie sy hart verstaan of beter nog, arrogansie ontwikkel teenoor jou leser kan jy nie anders as om n afname in lesertalle te beleef nie.

Die Afrikaner en sy’ koerant ? Wie het gese dis die Afrikaner se koerant ? Behoort dit aan die Afrikaner ? NOU eers kom ons agter ! Dit wat ons “mening gevorm ” het vir ons tot dusver , met ander woorde vir ons gedink het . Dit was eintlik tot ons nadeel .”Uit watter stal “kom die’ redakteurs ? Ons het hulle Torroea Faesicus aanhou lees EN hier is ons nou . Langsamerhand , Wat n mooi Afrikaanse woord . Ons het die’ koerante aanhou lees nadat dit die Afrikaner in stukke gehelp splinter het . Moenie nou kwaad wees vir die koerant nie , aan wie behoort dit ? Wie (behalwe onsself) het gemaak dat die Afrikaner is waar hy nou is ? Kyk bietjie rond , veral Sondagoggend .

Gawie ·

Beste Danie. Uit jou onoortuigende sentiment dat die Afrikaner iets groots gaan verloor as Beeld toemaak, lei ek af dat dit bloot joernalistieke sentiment is. Ek het ‘n aantal jare gelede met groot verwagting op Beeld ingeteken om op hoogte te kom met wat ek geglo het ek sonder Beeld gemis het. Ek het vroeër vanjaar finaal aflewering gestaak en boikot Beeld sedertdien. Watter probleme het ek met Beeld? 1.Net soos RSG, probeer Beeld om die Afrikaner van sy verlede en tradisionele beginsels te vervreem. As kuierkamer maak hy my huis dus iets waarin ek nie meer tuis voel nie. 2.Omdat Beeld sy eie agenda het, word daar onophoudelik van dieselfde voorspelbare rubriekskrywers gebruik gemaak om Afrikaners en hulle Christelike waardes te beledig en te verkleineer..en hierdie aanslag op goeie samelewingswaardes kry net geen end nie: Elke paar maande word dieselfde temas aangeval. 3.As hulle dalk beoog het om ‘n Afrikaanssprekende samehorigheid te bewerkstellig, blyk dit eerder asof hulle die Afrikaner van sy identiteit wil beroof.

Andre Coetzee ·

Goeie gesprek en ek kan aanvoeling vind, want ek bedryf n klein gemeenskapskoerant in Afrikaans en Engels. Een aspek wat liggies aangeraak is met die BBBEE beginsel is oorlewing en geld. Dit is ’n groot storie. Ons verkoop nie koerante nie. Ons inkomste is advertensie gebaseer. So jy trap ’n fyn lyn in wat jy skryf ter wille van jou en jou personeel se oorlewing. Beginsels is reg, maar sit dit kos op die tafel? Myns insiens is ons diep verskille deel van ons genetiese boustene. Die Afrikaner en sy beginsels is meestal konserwatief en korrek. Kerk, staat en familie staan voorop. Maar ons verloor dit. Ons erken nie meer ons God nie. Ons heg min waarde aan familie. Ons is meestal leierloos. Ons is erg onverdraagsaam. Mag en geld verkry ’n buitensporige verhoog. Ons vergeet gou. Ons vergeet hoe sterk die Afrikaner was in samehorigheid. Kyk waar was ons in die grensoorlog en met sanksies. Die wëreld het regop gesit. Ons kan nie meer onderskei tussen dit wat saak maak en kleinlike verskille nie. Ons is geneig tot kritiek en skeltaal. Wanneer ons hierdie kleilikheid te bowe kom en aandag aan ons fundamentele beginsels verleen sal dit beter gaan. Goddank vir mense soos Flip Buys, Pieter Mulder en Steve Hofmeyer. Hulle skrik nie gou nie.

Danie ·

Ek hoop gedrukte Afrikaanse koerante oorleef.Ek kan my nie indink dat daar n tyd sal kom waar daar nie gedrukte Afrikaanse koerante sal wees nie.Ek dink Afrikaans as n taal kan net verloor as daar geen Afrikaanse koerante is nie.

AlwynBeetge ·

Die funksie van n koerant is om in te lig. Beeld het verval in n propaganda masjien. Hoe gouer hy verdwyn hoe beter vir die Afrikaner. Maroela koerant het reeds hom gevestig as n invloedryke medium en moet uitgebou word tot n volwaardige koerant. Ons Afrikaners se bydraes en advertensies kan help. Verder moet die koerant meer sigbaar raak bv by Afrikaanse kultuurfeeste. n Bewusmakings veldtog is nodig.

@Alwyn Beetge.Ek is n groot ondersteuner van Solidariteit,Afriforum en Maroela Media.Ek is n betalende lid van Afriforum en Solidariteit.So ek steun hierdie inisiatiewe.
Ek wil jou net vra:Besef jy hoeveel dit kos om n koerant te bedryf?Selfs as jy die koste van die personeel,drukkers,toerusting en geboue kan verhaal,dan is daar nog die verspreidingskoste.Die koerant moet in die winkels gekry word.
Nog n vraag:Vir wie is Beeld n propagandamasjien?Jy hoef tog nie met alles saam te stem om n Afrikaanse koerant te ondersteun nie.
Dan praat jy van Maroela as n koerant,wat dit glad nie is nie,dit is n digitale platform,wat in elk geval die toekoms van die media is.Maar dit sal tog jammer wees as daar geen Afrikaanse gedrukte koerante is nie.

Johan ·

‘n Bietjie goeie nuus by die slegte nuus vir julle. Hierdie polimiek vind nie sleg plaas in die Afrikaanse media nie, dit is ‘n wereldwye tendens in die westerse wereld. Dit is asof daar ‘n “Mellville Minderheid” is wat die wereldwye media gekaap het en dat daar ‘n gekoordineerde veldtog is om die Westerse beskawing en waardesisteem af te breek. Alles wat deel was van die “gom” wat die westerse wereld aanmekaar gehou het, word subtiel en in sommige gevalle nou-al onsubtiel aangeval en ondermyn. Dit is deesdae mode om die Christelike Godsdiens en alle waardes wat daarmee saamgaan of daarvan afgelei kan word aan val en af te breek: Die Kerk, die huwelik (sg. “marriage equality”, ongetroude paartjies – met kinders, ens.), die reg (afwatering van die reg ten gunste van “menseregte”, aborsie op aanvraag, inagneming van “kulturele” agtergrond tydens vonnisoplegging vir almal behalwe westerse witmense ens.). Dit wat in die 80’s en 90’s die “New Age” genoem is, is tans die gees van die tyd en universiteite en ander hoer opvoedingsinstellings is oorgeneem deur mense met hierdie lewensbeskouing (die ouens wat die joernaliste oplei is in baie gevalle die mees ekstreme). Ja die Afrikaner het ‘n groot geveg voor hom in Suid-Afrika, maar die gematigde en konserwatiewe lewensbeskouing (in bree trekke so eenvoudig gestel soos “dat ek ‘n verantwoordelikheid het teenoor die samelewing wat ek moet nakom voor ek vir my regte kan opeis”) word aangeval van alle kante in die weste. Selfvernietiging is n word wat by my opkom daaroor – die opkoms van Islam, China, die “Global Climate Change geloof” ensomeer het nie hierdie problem nie, maar hulle werk hartlik saam daarmee omdat dit hulle oogmerke bevorder.

Gerrit ·

Die Afrikaanse koerante wat die Afrikaanssprekendes oor jare help bou het is skaamteloos gekaap deur Koos Bekker en sy trawante om Naspers tot stand te bring. Dat die koerante van so ‘n gehalte was dat hulle as boustene kon dien is iets om op trots te wees. Dat hulle misbruik is en dat Naspers tans die Afrikaanssprekendes minag is iets om oor jammer te wees.

Menige Afrikaanssprekende word gedwing om byvoorbeeld die daaglikse nuus in Engelse koerante of op ander Engelse forums te lees. Dankie vir Maroela!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.