Kortsigtige ekonomiese ekstremisme – Malema en Masina

EFF-leier Julius Malema. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

“Ongelooflik naïef en kortsigtig. Die ergste is dat hy nie besef dat hy sy totale gebrek aan ekonomiese kennis uitstal nie.” Dit was my reaksie op Mzwandile Masina se onlangse standpunt oor die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Wat die saak soveel skokkender maak, is dat Masina die ANC-burgemeester van Ekurhuleni is. Hy het op Twitter Julius Malema se pleidooi gesteun dat die “wit ekonomie” toegelaat moet word om tydens die Covid-19-inperking ineen te stort.

“Totdat ons die room van die ekonomie genasionaliseer het, moet ons die ekonomie ‘oorbegin’ en seker maak dit werk ten gunste van die meerderheid,” volgens hom.

Die kortsigtigheid het my herinner aan ’n gesprek wat ek jare gelede met die leier van ’n plakkersgemeenskap gehad het.

“Waarom het julle die kliniek afgebrand?” het ek die leier gevra.

Met ’n diensleweringsbetoging het hulle die kliniek, wat belangrike dienste aan hierdie arm gemeenskap lewer, afgebrand.

Die gemeenskapsleier verduidelik aan my dat hulle jaarliks die droë wintergras aan die brand steek. In die somer groei daar dan beter groen gras uit die gebrande stoppels uit.

“Deur die kliniek af te brand forseer ons die regering om van ons klagtes kennis te neem. Die regering gaan nou geen keuse hê as om, soos met die gras, beter dienste aan ons te voorsien nie,” argumenteer hy.

Ek sukkel om sy argument van ’n beter kliniek en afgebrande gras bymekaar uit te bring.

Mzwandile Masina. (Foto: Twitter)

Die ANC burgemeester Masina het hierdie week Julius Malema, leier van die EFF, ondersteun in sy standpunt dat die “wit ekonomie” toegelaat moet word om ineen te stort.

Malema kan natuurlik nie anders as om ras in elke argument te gebruik nie.

“Ná die wit ekonomie in duie gestort het, sal ons die ekonomie herbou sodat die meerderheid daaruit voordeel kan trek,” is Malema se maklike oplossing vir die probleem.

Malema se ekstremistiese stelling laat my dink aan die gemeenskapsleier se argument dat die gras en die kliniek beter gaan wees ná dit afgebrand is. Die probleem is dat die ekonomie nie so werk nie.

’n Studie van Venezuela en Zimbabwe bewys dit. Albei lande was ekonomies van die sterkste lande in hul omgewing. Hulle is tans die armste in hul omgewing met die hoogste en tweede hoogste inflasiekoers in die wêreld.

Ek wonder of Malema of Masina die vaagste benul het wat die effek op swart, bruin en wit gaan wees as die ekonomie in duie stort.

Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar meer mense welsynstoelae van die staat ontvang as wat daar mense is wat werk het. Agtien miljoen Suid-Afrikaners ontvang maandeliks ’n welsynstoelae van die staat. Hierdie toelaag is die hoofinkomste vir 20% van alle Suid-Afrikaanse huishoudings.

Ek was in ’n vergadering waar ’n ANC-minister gesê het dat sy nie in die kabinet wil wees die dag as die staat nie meer genoeg geld het om hierdie welsynstoelae te betaal nie. Wat gaan die massas wat maandelikse staatstoelaes ontvang dan maak? As die ekonomie in duie stort, stort die regering se belastinginkomste onafwendbaar ook in duie en so ook die betaling van alle welsynstoelae en staatsdienssalarisse.

Gaan Malema en Masina aan hierdie 18 miljoen mense verduidelik waarom hulle nie meer ’n staatstoelae ontvang nie? Daarna kan hulle aan die 2,1 miljoen staatsamptenare gaan verduidelik waarom húl salaristjeks nie inbetaal is nie…

Malema se plan sal die werkloosheidskoers by 80% laat verbygaan en sal die rand se waarde met hiperinflasie vernietig. Mense met mandjies vol R200-note sal nie eens ’n brood kan koop nie.

Ná alles in duie gestort het, glo hulle hulle gaan die ekonomie weer maklik opbou?

Dit het dekades van baie swaarkry en baie buitelandse hulp geneem vir sterk lande soos Duitsland en Japan om hul ekonomieë ná die Tweede Wêreldoorlog weer op te bou.

Elke gemeenskap het Malema- en Masina-ekstremiste. ’n Gemeenskap durf net nie toelaat dat hul ekstremistiese argumente onbeantwoord gelaat word om dan uiteindelik die meerderheid se standpunt te word nie. Die ANC het hulle van Masina se standpunt gedistansieer – maar dit alleen is nie goed genoeg nie.

Terloops, ná ses jaar het ek onlangs weer by die plakkersgemeenskap verbygery waar die kliniek afgebrand is. Die kliniek se swart gebrande mure staan nog steeds net so en die inwoners ry kilometers ver om by ’n ander kliniek uit te kom.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pierreli ·

Tyd om te trek, na ons eie staat. Laat hulle dan hul eie potjie krap en laat ons sien hoe vinnig hulle by die bodem uitkom.

Michael 1 ·

Dit is wyse woorde,nie die mees effektiewe plan nie maar ongelukkig die enigste vir oorlewing.

Henk ·

Pieter Muller, jy slaan die spyker op die kop ! Masina is die burgermeester van Ekurhuleni – hy het skoon oudits en n positiewe begroting oorgevat maar na die “meester in ekonomie” in “beheer”
is, is daar nou begrotingstekort van R1.2 m en hardloop hy na die Nas tesourie om uit te help. Gisteraand het ek n situasie gehad en ek wag nou nog vir n reaksie van die Boksburgse nooddiesnte…..dit bestaan nie in praktyk nie en inwoners is op hulleself aangewese….waar kry die ANC al hierdie nutteloese politici!

Anoniem ·

Die ANC regime en die EFF radikale glo vas dat ‘n Blanke geldmag of Witmonopoliekapitaal die land se ekonomie beheer. Covid 19 inperkings bied dus die ideale geleentheid om Blanke ondernemings finaal te vernietig en almal as armlastiges afhanklik te maak van ‘n eenparty kommunistiese staat. Tot dusver kon Blankes grotendeels nog na hulself omsien, maar dit kan in ‘n oogwink verander indien soos Ramaphosa dit stel, versnelde ekonomiese transformasie tydens Covid 19 toegepas moet word. As daar ooit ‘n tyd was dat Blankes moes saamstaan vir ons behoud en na onsself kyk, dan is dit nou.

Snowball ·

En so spreek die twee here getooi in hulle ontwerperspakke en duur horlosies, hulle diep meegevoel uit met die sukkelende arm swart meerderheid….
Die skynheiliges wat hulle haat vir wittes kamoefleer as liefde vir hulle swart naaste. Ubuntu wat net swart insluit.
Hulle wroeg en wil wraak hê oor elke witte se ‘priveledge’ waarvoor hulle gewerk het. Hulle wil god speel oor mens en ekonomie; in SA wil hulle die lot en sukses bepaal op grond van velkleur, sodat hulle vergelding kan uitdeel vir die skuld van die verlede.
Of miskien het hulle net voor in die ry gestaan toe sotlikheid uitgedeel is en weet hulle soveel van ‘n ekonomie soos ‘n kat van saffraan.

Michael 1 ·

Dit is die probleem in SA te veel dom mense wat se arogantheid nie hulle perke ken nie.

SomeOne ·

toe my ouderdomsgroep klein was, het ons met ‘n top / tol gespeel, gooi / spin hom op die grond en hy grou sy eie gaatjie soos wat hy om sy eie as draai, net so is die m,m’e, draai al in die rondte en grou sy eie gat al grootter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.