Trump en die vals dossier

Robert Mueller (Foto: Wikipedia)

Senior advokaat Robert Mueller het op 22 Maart vanjaar sy twee jaar ondersoek na Russiese inmenging by die Amerikaanse presidentsverkiesing in 2016 voltooi en bevind dat daar geen gronde vir sameswering tussen Trump en Rusland was om sodoende die verkiesing in Trump se guns te laat swaai nie. Ten opsigte van regsverydeling was hy egter vaag en het geweier om ’n uitspraak te lewer.

Na regte was dit growwe pligsversuim, in ag genome dat dit Mueller twee jaar geneem het om tot hierdie gevolgtrekking te kom. Dit nadat hy 199 klagtes teen 34 mense en drie maatskappye gelê het, 2 800 dagvaardings en 500 lasbriewe vir huisdeursoeking uitgereik het, en onderhoude met ongeveer 500 getuies gevoer het – die hele petalje ten koste van sowat R512,17 m (ongeveer $35 m).

Die Demokrate en anti-Trump-media wat tot nou toe daarvan oortuig was dat Mueller die regte man vir hierdie taak was, het geglo dat hy die uitkoms wat hulle graag wou hê, sou lewer. Senator Chuck Schumer het gereken “Mueller is die regte man vir die taak” en kongreslid Adam Schiff het Mueller ’n “soliede keuse” genoem. Maar die uitkoms was nie na wense nie en hulle het ʼn volskaalse oorlog teen Trump verklaar, gebaseer op dwarsboming en hierdeur is die doelpale geskuif van sameswering, na regsverydeling en later na vervolging.

Teleurgesteld deur die gevolgtrekking van die verslag het hulle heeltemal van standpunt verander. Wat erger is, is dat die nuutaangestelde prokureur-generaal, William Barr, wat die verslag hersien en opgesom het, Mueller se bevindinge bevestig het en dit binne ʼn rekordtyd bekendgestel het, meteens die no. 1-vyand geword het.

Mueller was glad nie gelukkig met die manier waarop die media hierdie verslag geïnterpreteer het nie en het onmiddellik ʼn brief aan Barr gestuur waarin hy sy ontevredenheid uitspreek het. Hy het egter die inhoud daarvan vooraf laat uitlek om te impliseer dat Barr die verslag verdraai het – dié truuk was soos ’n jakkals in die hoenderhok en het die hoofspelers in hierdie petalje gediskrediteer. Nodeloos om te sê dat dit Barr woedend gemaak het. Hy het sy opsomming aan Mueller voorgelê, wat dit hierdie keer bevestig het voordat hy dit openbaar gemaak het. Geen mens weet waarom Mueller hierdie brief uit die bloute gestuur het nie.

Die Demokrate, nou vuur en vlam om die aanklag op te volg, het die aandag verskuif na die ontwykende senior advokaat se skielike openbare verskyning op 28 Mei, en beweer dat hy Trump nie aandadig aan dwarsboming kon vind nie, aangesien die regshulpraad (Office of Legal Counsel [OLC]) nie toelaat dat ’n dienende president aangekla mag word nie. Met ander woorde, as dit nie vir die regshulpraad was nie, sou hulle Trump aangekla het. Nadat hierdie bom gebars het, het hy aangekondig dat sy kantoor gesluit is en dat hy nie vir enige vrae beskikbaar sal wees nie (aangesien die kongres hom wou ondervra) en dat hy by sy verslag volstaan.

As daar ooit ʼn groot teenstrydigheid was, was dit hierdie uitlating van hom. Teen hierdie tyd was Mueller die liefling van die Demokrate en die media, wat nou vasberade was om ’n aanklag teen Trump aanhangig te maak. Om die waarheid te sê, Mueller het dit duidelik gestel dat hy ten gunste van ʼn aanklag was, maar dat hy vasberade was om nie voor die kongres te verskyn om op hul vrae te antwoord nie. Toe Barr Mueller oor hierdie bisarre verskyning gekonfronteer het, het hulle ’n gesamentlike verklaring uitgereik dat Mueller se bevindinge van die verslag korrek is.

Die hoogs gerespekteerde Barr, wat deur ʼn oorweldigende mosie van vertroue deur die kongres aangestel is, het nou die teiken van skandalige aanvalle geword. Die politiek van persoonlike vernietiging is nou in volle swang.

Barr was egter onaangeraak deur hierdie smeertaktiek en het besluit om agter die waarheid van die vals dossier, wat deur die Hillary Clinton-veldtog befonds is en wat die Mueller-ondersoek van stapel gestuur het, te kom. Dit lyk asof die werklike sameswering om hierdie smerige sage af te vuur, tussen die FBI, Clinton se veldtog en die rol van gewerfde buitelandse spioene was.

Mark Levin, radio- en TV-aanbieder, het die Mueller-verslag van 400 bladsye afgekraak as niks meer as ’n meningstuk wat as aanklag gedien het nie en spesifiek aan die Demokrate en die Trump-hatende media gerig was.

In Levin se opinie het Mueller se bevindinge nie ’n “spesiale ondersoek” gewaarborg nie, omdat hy a) nêrens vermeld dat hy bewyse vir grondige redes vir ’n misdaad gevind het nie; b) Trump en ander nie oor regsverydeling uitgevra het nie; en c) die beslissing/besluit van regsverydeling aan die prokureur-generaal oorgelaat het omdat daar geen misdaad, geen grondige rede vir misdaad en geen saak was nie. Wat erger is, is dat Mueller geen respek getoon het vir Trump se regte vir geregtigheid, ’n jurieverhoor en die feit dat hy onskuldig is totdat hy skuldig bevind word, nie.

Prof. Alan Dershowitz, professor in die regte aan die Harvard-universiteit en ʼn Demokraat, was diep geskok deur Mueller se onverwagte perskonferensie en het hom sterk veroordeel: “He went beyond the conclusion of his report and gave a political gift to Democrats in Congress who are seeking to institute impeachment proceedings against President Trump. By implying that President Trump might have committed obstruction of justice, Mueller effectively invited Democrats to institute impeachment proceedings. Obstruction of justice is a ‘high crime and misdemeanor’ which, under the Constitution, authorizes impeachment and removal of the president.

“By putting his thumb, indeed his elbow, on the scale of justice in favor of impeachment based on obstruction of justice, Mueller has revealed his partisan bias. He also has distorted the critical role of a prosecutor in our justice system.

“Remember that federal investigations by prosecutors, including special counsels, are by their very nature one sided. They hear only evidence of guilt and not exculpatory evidence. Their witnesses are not subject to the adversarial process. There is no cross-examination. The evidence is taken in secret behind the closed doors of a grand jury. For that very reason, prosecutors can only conclude whether there is sufficient evidence to commence a prosecution. They are not in a position to decide whether the subject of the investigation is guilty or is innocent of any crimes.

“That determination of guilt or innocence requires a full adversarial trial with a zealous defense attorney, vigorous cross examination, exclusionary rules of evidence, and other due process safeguards. Such safeguards were not present in this investigation, and so the suggestion by Mueller that Trump might well be guilty deserves no credence.

“No prosecutor should ever say or do anything for the purpose of helping one party or the other.

“I cannot imagine a plausible reason why Mueller went beyond his report and gratuitously suggested that President Trump might be guilty, except to help Democrats in Congress and to encourage impeachment talk and action.”

Intussen is Barr met verskeie ondersoeke besig, die eerste daarvan ongeverifieerde lasbriewe en die vals dossier wat deur die Clinton-veldtog en Demokratiese nasionale komitee befonds is en wat, volgens Trump, bloot ʼn heksejag en ʼn poging tot ʼn staatsgreep was.

Nodeloos om by te voeg dat Washington DC soetjies trap en dat die inwoners rusteloos is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Markus ·

President Trump is die beste leier in die wêreld waar dinge agv onbevoegde leiers agteruitgegaan het.Die VSA is ekonomies baie beter af as n paar jaar terug,hy het gesê wat hy gaan doen en die kiesers het hom n mandaat gegee en hy voer dit nou uit,ongeag wie daarvan hou of nie.Die DA kan leer by hom jy belieg jou kiesers net soveel keer dan draai tot die mees stadigste en oningeligtes teen jou.

Hans Richardt ·

Trump was vir 3 jaar ondersoek. Clinton vir nul jare, Die Demokrate se party rekenaars is privaat rekenaars en enige lekkasie het tog geen implikasie vir staat gehad nie.
Meeste van die “kriminele” oortredinge was deur Oekraine en nie Rusland nie, gepleeg. Tog is Oekraine bondgenoot van Vsa, teen Russiese Federasie is.
Die obsessie van Demokrate om Russophobia te dryf soos in 1950’s, laat mens wonder wat die CIA agenda is.

JAN ·

Baie dankie Rhoda! ons het so gewag vir die arrikel.
Skokkend bekend soos ons eie ‘Inligtkngskandaal’ van arme Rhoody. baie ander….x 50 jaar..!
Ons eie Chernobyl!
MM laat kernfisikus ons vertel van Chernobyl soos wat Rhoda nou doen met politiek…asb.

Stephan de S ·

Dankie vir hierdie oorsigtelike perspektief. Die inligting waaroor ons gewone sterflinge beskik, is te dun en yl versprei om regtig te begryp wat aan die gang is daar nie. Dit voel of ek n goeie inligtingsessie bygewoon het. Geniet altyd Rhoda se artikels.

Pierre Blignaut ·

Soos gewoonlik n fantastiese skrywe. Dit lyk na wereldwye neiging van liberales om konserwatiewes te deskrediteer met valshede en halwe waarhede. Kyk maar na wat in Oostenryk aangaan.

kla-kous ·

Boonop moes Mueller nooit aangestel gewees het in daardie pos nie. Daar is hoeveel vereistes vir ‘n “special council” waaraan hy nie voldoen. Hy en sy span was so bevooroordeel. As hy nie iets op Trump kon kry nie, dan is daar niks.

Sarie ·

Ek hoop Moesie Maimane lees hierdie stuk. Hy kan baie leer hieruit.

Human ·

Hierdie artikel laat my dink aan die ou gesegde. In die land van die blindes is eenoog koning. Kyk die dokumenter Active Measures om `n ander narratief op Roda se skrywe te kry.

Annie Webb ·

Active Measures is “a fascinating look at the Russia story”, aldus Hillary Clinton. En ek sien nog ‘n paar name daar tussen die mense met wie die filmmaker onderhoude gevoer het wat baie duidelik uitspel dat sy “dokumentêr” maar net nóg ‘n “go get Trump hit job” is: John McCain, Eric Swalwell … En sover ek weet, is die Obamas aandeelhouers in Netflix. Daar is oorgenoeg bewyse dat die Clinton-kamp en hulle meelopers buite die wet opgetree het om Trump in 2016 uit te skakel. En daar is talle boeke en artikels deur regsgeleerdes soos Dershowitz en gerekende politici soos Gingrich wat die Clinton-kamp verguis en Trump steun. Een filmmaker se storie gaan niks aan dié bewysbare waarhede verander nie.

DewaldS ·

‘Active Measures’ is soos ‘n sirkulêre argument – die gebruik van onbewese teorie om onbewese teorie te staaf.

John ·

Jy kan maar net NYT, Washington Post, enige Naspers publikasie, CNN, ABC, The View, MSNBC, Politico of Daily Beast en derglike ander linkse publikasies lees & luister om “oortuig” te word dat Trump eintlik Hitler is.
Daar was geen sameswering gevind nie, Mueller is n aartsvyand van Trump en Trump het hom al die bystand gegee wat hy moontlik kon sodat hy sy taak te kon voltooi en nog steeds kon Mueller geen sameswering vind nie.
Opinies tel nie as feite nie & realiteit is nie waarheid nie.

VatVyf! ·

Rhoda Kadalie… wie kan nou nie vir jou respek hê nie? Ai tog, kom terug hierheen – ons het jou nodig! Trump kan vir homself sorg, maar ons moet baie meer mense soos jy hier hê…. miskien kan jy daar oorkant tog ook van die verskriklike onregte hier, publiseer en mense daar van ons eie stryd bewus maak?? Groete!

Jerry ·

Dit was nie growwe pligsversuim om te bewys of Trump homself skuldig gemaak het aan regsverydeling of nie. Dit was nooit deel van die ondersoekspan se mandaat nie en daarom was geen bevinding gemaak nie, maar was daar wel daarop gesinspeel dat die demokrate wel die mandaat het om regsverydeling teen Trump te ondersoek.

Ronnie ·

Jerry ek stem saam met jou. Ek dink net dit is die kongres se plig om Trump aan te vat vir regsverydeling. Dis nie net die demokrate se plig nie. Mueller hou by die reëls en het agting vir die wet. Dit kan nie van Trump gesê word nie.
Rhoda noem ‘n syfer tov wat die ondersoek gekos het, maar eintlik het die ondersoek die belasting betaler niks gekos nie. Die eiendom wat Mannefort moes prysgee is meer werd as dit.
Trump sal homself weldrae self vasdraai. Sy ondersteuners kom blykbaar nie agter dat hy niks nuuts het on te sê nie. Hy dis ou leuens op en dit is soetkoek vir hulle.

John ·

Hoe kan jy regsverydeling pleeg as daar geen misdaad (lees sameswering) was nie?
Wat gaan jy ondersoek? n Mite?

Henning ·

Boer, dink jy werklik die “inligting” dra enige waarde? Dis totaal niks seggend en irelevant.

Max ·

Die arme Trump het Nog nie n oomblik rus gehad vandat Hy verkies is nie. Gelukkig met die jare in besigheid het Hy geleer Om dikvellig te word, maar enige persoon Kan net sóveel vat.. Liberale is oral n pyn in die agterent..

Hms ·

Rhoda ek geniet jou berigte geweldig baie. Met jou eerste berig was dit vir my te goed om waar te wees, maar nou is ek oortuig jy is “for real”. Ek het n rukkie gelede n blog van Ashley en Rosemarie Cloete gelees en dit het vir my n blik gegee van die lewe in die Kaap in die 1940-70. Soos iemand in die kommentare gesê het daar is goeie mense tussen die Dems, FBI, DOJ, CIA, Rep, ens. Min is eintlik sleg, maar van daardie BAIE goeie mense is MIN bereid om volgens hulle gewete op te tree. Te bang om uit te staan. Dit laat my met die versugting van wat kon gewees het in SA. Seën en vrede vir jou en jou familie

Dirk ·

Wie het begin om alle aantygings, getuies en bewyse teen Trump af te maak as n smeerveldtog? Trump en sy republikeine, want daardeur word ware aantygings verdoesel en ook kwansuis afgemaak as deel van die smeerveldtog. Waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie en met n omstrede besigheidspersoonlikheid soos Trump gaan die vlamme hom nog saam met sy “conartist” misdrywe verswelg. Wanneer Trump se babbel uiteindelik bars gaan die republikeine bitter lank vat om te herstel!

John ·

Jy het iets iewers gehoor en nou hou jy jou mnr Slim, siestog!
Trump is n $ biljoener besigheidsman met sy naam op geboue regoor die wereld. Sy doen en late is al vir dekades onder die vergrootglas. Dit is presies die rede hoekom daar nie geraamtes in sy kas gevind kan word nie, anders as politici wat skatryk word agv hulle politikie magsvergrype!
Trump is nie n politikus nie, ons sal nooit weer so n wereldleier sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.