Zille maak mense weer die josie in

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap (Foto verskaf deur die DA)

Op die sosiale media word daar weer na Helen Zille se bloed gesoek oor ‘n kontroversiële twiet wat sy gemaak het. Nadat Thuli Madonsela ook skerp tande vir die uittredende DA-premier gewys het, het die partyleier Mmusi Maimane Dinsdag gesê daar sal teen haar “opgetree” word.

Zille is ook nooit deur haar eie party verskoon vir haar twiet dat kolonialisme nie nét sleg was nie.

Hierdie keer het sy getwiet op ‘n veldbrand-video van ‘n swart Amerikaanse vrouedigter wat oor witbevoorregting gekla het.

Die digter kla dat swart mense die kolonialiste se Frans, Engels, Spaans, Nederlands, Portugees en Duits moes leer. “Julle het niks van ons geleer nie en julle het ons onnosel genoem.” Sy gaan dan in ‘n skreestem voort om te kla oor dinge soos swart mense wie se vonnisse 20% langer is as wit mense s’n vir dieselfde oortreding, en baie meer.

Zille het geantwoord op ‘n twieter se kommentator se stelling dat sy nie witbevoorregting verstaan nie. Die twieter het gesê dat swart mense tegnologie gehad het wat deur kolonialisme vernietig is. “Julle het ons geen guns gedoen nie.” Daar is nie voorbeelde van die tegnologie genoem nie

Zille se nekhare het dadelik gerys: “Well, you clearly don’t understand black privilege. It is being able to loot a country and steal hundreds of billions and get re-elected. If ppl want permanent poverty for the masses they are going about it the right way. #BlackPrivilege.”

Toe was die vet in die vuur, maar Zille het op elke aanvallende stelling oor witbevoorregting met presies dieselfde kommentaar gereageer. Sy weier om daarvoor om verskoning te vra.

Presies hoe sensitief swart mense oor “swartbevoorregting” is, blyk ook uit die kommentaar van die gewese openbare beskermer prof. Thuli Madonsela:

“Dear Helen Zille. White privilege is universal and comes with the premium the world places on whiteness plus accumulated historical advantages. To equate it with black privilege is myopic. To brand blacks as looters and political pretenders is wrong. Please remove and apologise.”

Zille: “People run around all day making the most outrageous racial generalisations about a tiny majority in this country by stigmatising ‘whiteness’, and the sky falls when you give them their own medicine. I am not doing double standards anymore.”

En Madonsela dra juis eerstehandse kennis van die wandade van swartbevoorregtes. Sy het, onder meer, die klagtes oor Jacob Zuma se besteding aan sy ultraluukse private woning in Nkandla ondersoek. Haar bevinding was dat hy onregverdige voordeel getrek het uit die R246 miljoen wat die staat daar bestee het, en hiervoor is sy wyd uit ANC-geledere veroordeel. Sy moet ook eerstehandse kennis dra van die ANC se staatskaping.

Maimane het Dinsdag heftig te velde getrek teen partylede wat die DA se beleid oor sosiale media oortree. Hy het aan Zille laat weet hy deel nie haar mening oor swart bevoorregting nie. Presies hoe daar opgetree kan of gaan word teen Zille, is nie duidelik nie – sy verlaat die party einde Mei.

Maimane se reaksie is op ‘n Afrikaanse webwerf geplaas en het gelei tot ‘n stortvloed van bladsye waarin lesers steun vir Zille uitgespreek het.

Hoe het die ANC swartbevoorregting geskep?

Hoe het die ANC in die bemagtigingsposisie beland om ‘n land te beroof? Dit het in 1992 begin toe die politieke mag aan swartbevoorregtes gegee is van wie die meerderheid nie oor die nodige kwalifikasies vir hul poste beskik het nie.

Die gevolge is daar vir almal om te sien: Miljarde wat by die wapenskandaal betrokke was, die agteruitgang van alle staatsinstansies, van die SAUK, Eskom (met sy onvermoëns en groeiende skuld van R420 miljard), Transnet (wat insluit die verkeerde lokomotiewe wat ten duurste aangekoop is), gesondheid, onderwys, munisipale wanbestuur – noem maar op, en moenie van die staatsbeheerde ondernemings vergeet nie. En natuurlik ook die fladderende SA Lugdiens.

Die kitaar word nie meer deur die “witbevoorregtes” geslaan nie. Hoekom klink hy deesdae dan so vals?

Afrikanisering was noodlottig

Die gesiene politieke kommentator RW Johnson stel dit so: “Die verwoestende Afrikanisering van die staatsdiens was ‘n noodlottige stap. Dit het gelei tot wydverspreide verlies aan vaardighede, maar ook tot ‘n verlies van die institusionele geheue. Die meeste nuwe staatsamptenare het geen idee gehad van hoe hul departemente histories bestuur is nie en watter slaggate vermy moet word nie.”

In die praktyk het die salarisse van swak gekwalifiseerde burokrate gestyg tot die vlak van goed gekwalifiseerde Afrikaners in die ou staatsdiens.

Nelson Mandela was en is steeds baie gewild, maar Johnson meen die land se afwaartse spiraal het reeds onder hom begin, ook toe hy R1 miljoen bygedra het vir Zuma se politieke veldtog teen pres. Thabo Mbeki.

Johnson sê: “Die beste wat van Mandela gesê kan word, is dat hy nie geweet het wat hy doen nie.”

Vandag is dit duidelik dat dit vir die ANC van die begin af gegaan het oor swartbemagtiging sonder die nodige meriete. Waar is daar vandag nog ruimte vir witbemagtiging? Wit maatskappye moet gelaai word met swart mense, hulle sukkel in die ekonomiese klimaat. Want swartbemagtiging is deel van ʼn beleid wat afgedwing word met ‘n wet wat 80% van die bevolking teen ‘n minderheid van 8% moet beskerm.

Die konstitusie van 1993 bepaal immers swartgebaseerde ekonomiese bemagtiging – die ekonomiese bemagtiging van alle swart mense, insluitende vroue. ‘n Mens soek vergeefs na enige verwysing na vaardighede, ondervinding, meriete. . .

Dan kla mense in townships waar die riool in die strate loop, dat dit makliker is om McDonald’s te bekom as wat dit is om drinkwater te kry. Dan stroom daar jaarliks 20 000 kinders uit die mislukte Oos-Kaap na die Wes-Kaap vir beter onderwys. Dit beteken iets soos 30 nuwe skole moet jaarliks in die Kaap gebou moet word en van onderwysers voorsien moet word terwyl onderwyskolleges gesluit is. (Dankie, Kader Asmal)

Kolonialisasie was die ander twiet van Zille waarvoor sy steeds verkwalik word. Ter wille van bietjie balans moet ‘n mens erken dat dit ook sy nadele gehad het, soos wat sy sonder enige krediet erken het.

Mandela erken voordeel van kolonialisasie

Interessant genoeg het Mandela ook erken dat daar voordele was! In ‘n toespraak in Brittanje het hy in 2001 gesê: “As daar een enkele goeie aspek is wat ek uit die koloniale kontak tussen ons twee lande kan identifiseer, sal dit die opvoedingstelsels wees wat ons land daaruit geput het.”

Nou ja, ons weet vandag daar was ‘n magdom meer voordele. Maar een van die groot nadele was die hebsug, samewerkingsgeld (kickbacks), bedrog en oneerlikheid wat van die koloniale meesters geleer is. Wat weer tot swartbemagtiging gelei het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Org Potgieter

Org Potgieter is ’n vryskutjoernalis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Andreas ·

Noujatoe, daar sê Thuli Madonsala dit: “Wit bevoorregting is universeel”.

Dries du Toit ·

“ZILLE MAAK MENSE WEER DIE JOOS IN” Wie is daai mense. Swart bevoorregters ?? Staatskapers ,of die double standard tweegesigtes ???

Andre Coetzee ·

Bevoorregting ? Die feit dat die meeste swart mense nog vir die regering gestem het is ‘n sprekende voorbeeld van onkunde.Ook blankes het morele standaarde van integriteit.Die swart mense ken dit nie so dit pla hulle geensins om ‘n regering te hê wat korrup is ens nie.Morele sake wat ten hemele skree vir die blanke pla nie vir die swart man nie.Eenvoudig verkies hulle eerder ‘n nuttelose, korrup gemors regering, solank dit swart is maak dit nie saak hoe hulle vere lyk nie.Die land se dae is getel maak nie saak wie bevoorreg word nie.Die blankes sal nie nie weer voorspoed in SA sien nie.

Nicolaas ·

Uiteindelik iemand in die land met ruggraat. Die waarheid sal altyd sulke drastiese teenreaksie uitlok.

Siener ·

Dit gebeur net as iemand die waarheid praat en iemand anders hou nie daarvan nie.
Lyk my Mmusi leer nie uit die verlede nie. Baie mense het die DA gelos oor sy optrede teen partylede. Lyk my die DA gaan nog baie lede vervreem en verloor by die stembus.
Sterkte Zille, moet nie dat hulle met jou mors nie.

Cherokee ·

Miskien maak ek te veel gebruik van tussen die lyne lees. Miskien is ek te ondersoekend, maar waarom praat jy van Maimane op sy voornaam terwyl jy Helen op haar van bespreek? Ek neig altyd te dink dat dit lojaliteite weerspieël en beskou dit nie as ‘n kleinigheid nie.

alwyn burger ·

Geagte HZ u mors u tyd : soos pêrels voor die swyne. Die swyne synde dié pers wat u wyshede verdag maak.

Marius ·

Snaaks hoe die mense hulself in ‘n krul kry elke keer as Helen die spyker so netjies op die kop slaan. Swart bevoorregting is inderdaad soos die artikel hierbo beskryf die in ding. Die rasse verskille in ons land gaan nog vir baie jare lank die bo toon voer. Een grootste probleem wat ek nooit in die media aangespreek kry nie is die: Hoekom moet leeu se kind honger ly en agter in die ry staan vir werk omdat hasie nie sy broek kan aanhou nie……

Rita ·

@ Marius. Jy het my nou laat skater met jou laaste opmerking. Skerp man.

jaco ·

uiteindelik word alle wit mense sleg behandel omdat sy sulke nonsens praat. dan word daar gesê “alle wit mense is mos so”. en dan verhuis sy maklik na Duitsland. albei haar oupas is daar gebore, so dis baie maklik vir haar om Duitse burgerskap te kry.
Maar onskuldige wit mense wat nie eens met haar uitsprake saamgestem het nie, sal moet ly onder onderdrukking wat deur haar nonsens uitsprake aan die gang gesit is.

Judge Dredd ·

…so jy is ‘n meeloper van leuens want jy vrees vir jou/familie se toekoms?
Hoeveel van jou volksgenote is jy bereid om onder die spreekwoordelike bus te gooi om die leuen te volhou en die waarheid te verduister?

jaco ·

dié vrou se onbesonne uitsprake gaan nog maak dat alle wit mense daarvoor gestraf gaan word. en teen daardie tyd sit sy lekker in duitsland. ek KAN NIE hier weg nie.
Daar behoort n wet te wees wat mense met sulke lekker “agterdeure” keer om in die politiek betrokke te raak.

Sies ·

EK is mal oor Helen Zille. Is jy jaloers op haar Duitse Oupas? Los haar uit. Wit mense word nie sleg behandel oor Helen Zille se opinie nie. Wit mense word sleg behandel omdat die huidige ANC regering, se rasse beleid van regstellende aksie toegepas word, die beleid word elke jaar net erger toegepas. Die onderdrukking wat jy van praat is nie Helen Zille se skuld nie. My magtig sy is fantasties, maar sy is ook nou nie ‘n god nie. Gaan huil by jou Mamma oor jou ” issues ” met Zille. Sy is in my opinie ‘n vrou wat diep spore getrap het, en ek haal my hoed vir haar af.

Cherokee ·

jaco, liberaliste soos jy wat waarhede wil onderdruk omdat jy nie soos Helen Zille die land kan verlaat nie, is ‘n groter probleem vir die Afrikaner as die Zilles. Ek het “sies” gesê toe ek Sies se antwoord aan jou lees, want daar is nie verskil tussen julle nie. Zille het ‘n loopbaan gespandeer om swart oorheersing in SA te weeg te bring, maar toe word sy tot haar skok nie staatspresident nie. Ten minste praat sy hièrdie keer sin en hopelik gaan sy nie volgende week ‘n verskoning daarvoor publiseer nie.

nee ou Jaco ·

Helen Zille was n anti-apartheids aktivis. Sy veg maar net vir die waarheid soos sy nog altyd het. . Die waarheid maak seer vir die een wat baat vind. Die oomblik wat vryheid van spraak jou nie beskore is nie is dit tiekets. Troos jou daaraan, die regering se skouspelagtige mislukking die afgelope 26 jaar is vir die wereld om te sien. Hulle het dit reggekry sonder hulp.

Dries du Toit ·

Goeie hemel Jaco. Jy is nie die skerpste potlood in die pakkie as jy enigsins haar eerlikheid en waarheid kan raaksien nie. Bly jy in SA of watter Utopia is jy n burger van. Of wil jy voete was

Strand looper ·

“Sies” Jy praat reguit en uit jou hart uit en ek stem saam! Zille is ONS YSTER VROU.
“Jaco” Jy is n Hoender wat jou dagga reg moet rook!

Ai.. ·

Jaco groei ruggraat jou Judas! Mense soos jy kan ek nie n pad mee loop nie…Die kruipers die skoensoeners die Judase soos jy wat eerder leuens soek…

Helen ·

Dear Helen Zille: You go, girl!! I feel the same way as you.

KrokodilBotha bygese ·

Hahaha ja haar party het gehelp met die regstellende aksies en en ensv. Net so skuldig in my boekie.

Diefie ·

Nou is ek alweer “confused.” Van hul eie mense sê dan “get over it”, want dit is jou keuse of jy vooruit wil gaan aldan nie.

Chris Ws ·

Die DA wil stappe teen Zille neem?Ek lag sommer hardop!Dis duidelik die DA het niks uit die afgelope verkiesings se uitslae geleer nie.Hulle is op die afdraende pad maar sien dit nie raak nie.Doet so voort DA!Ek geniet dit!

Rupert Ashford ·

Ek stem. Wil amper dink die DA het hulle plafon bereik en sal van nou af agteruit boer. Moet ook nie ‘n samesmelting ala kortbroek erens in die toekoms van die tafel vee nie…

JohanL ·

Onthou nou nie so lekker nie, maar verbeel ek my of is daar iets van “Die waarheid maak seer”? Hoekom bly ek daaraan dink as ek Helen Zille se opinies lees? :)

Andreas ·

Org, Hoofregter Mogoeng het met die inhuldiging van die LP’s hulle gemaan om korrupsie uit te roei, maar ook aan hulle gesê om nie die oog van die bal af te haal nie, want daar is baie mense wat nog in armoede leef en die “ongeregte van die verlede” moet reggestel word.

Dalk moet jy hiérdie artikel aan Hoofregter Mogoeng stuur met ‘n afskrif aan Cyril.

Wonner ·

Mev Zille sluit by die VF aan dan gaan jy sien hoe hulle groei!!!

Cherokee ·

Ons het te veel trots daarvoor. Om ‘n vrou, wat ‘n loopbaan daaraan gespandeer het om swart oorheersing in Suid Afrika teweeg te bring, en toe sy niè staatspresident word nie, draai sy teen haar eie mismaakte party, nooi jy (julle) nou na die VF? Net omdat sy een keen sin praat? Die vorige keer toe sy dit gedoen het, het sy vinniger verskoning gevra as wat sy die sê gesê het. Sluit julle dan liewer aan by die DA as julle haar bewonder. Of by Good(s) want miskien sal sy nou ‘n kollega van antie Pat word.

Basjan Jacobsz ·

Lyk of sy en Steve nou n nuwe party kan stig.Praat nou dieselfde taal.

Dries du Toit ·

Ek is stom geslaan. Wat met haar gebeur het is presies waaroor hierdie artikel gaan. Zille het swartbevoorregting in haar party geimplimenteer en toe verguis hulle haar. Ek sou nooit in my hele lewe kon dink dat ek haar sou kon verdra nie. Ek het al gese daar is vir my niks so lelik soos n liberale vrou wat haar eie mense verguis terwille van die vreemde nie. Nou begin sy vir my die mooiste vou in SA. Asb Helen die blanke volk het jou nodig . Hou net aan die waarheid verkondig. Ons soek niks meer as dit nie

Strand looper ·

“Helen Zille” Jys my Yster Vrou
“Judge Dredd” Jy judge reg
“Sies” Love you
“Jaco” Jou kop raas

Dries du Toit ·

Org Potgieter. Dit is n uitstekende artikel. Baie baie dankie

Hennie ·

Ek stem saam Wonner, Helen Zille moet by die VF aansluit. Sy sal ‘n reuse bydrae lewer.

humor ·

Helen skat, jy praat die laaste tyd al meer soos die
V F + mense. Altans twiets wat sterk ondersteuning daai kant toe bied.

A ·

As jy swart is mag jy sê net wat jy wil, maar o wee dat ‘n blanke dit waag dan is jy van die hel af

Stem Saam ·

Stem saam met jou, as jy swart is het jy Carte Blanche om te sê net wat jy wil, en jy sal daarmee wegkom. As jy blank is, dan word jy oor die vingers getik en ‘n rassis genoem.

Lizzie ·

Helen Zille moet asb terug dink aan haar dae toe sy as jonger persoon as joernalis gewerk het. Sy weet hoe liberaal sy toe al was. So wie se guns probeer sy nou wen?

Cherokee ·

Dankie tòg vir een iemand wat ‘n realis bly en Zille sien vir wat sy is. Jý laat jou nie flous nie Lizzie, joune is een van die top class kommentare hier :-)

Judge Dredd ·

Dit is absoluut korrek – tog ek steun haar hierdie keer – nie oor haar liberale verlede – maar omdat sy durf waag die waarheid praat.

HF Verwoerd ·

Dis wie wat die verraaier is;

Zille is a former journalist and anti-apartheid activist and was one of the journalists who exposed the cover-up around the death of Black Consciousness leader Steve Biko while working for the Rand Daily Mail in the late 1970s. She also worked with the Black Sash and other pro-democracy groups during the 1980s.

Andreas ·

En wil my oë uit hul kaste uit tjank, ek is wit bevoorreg, maar kyk waar sit ek nou as gevolg van kwotas en sonder werk.

Boerboel ·

Andreas ek ry OP dieselde boot as jy. Ek doen maar my eie ding en hou die pot aan die kook Ongelukkig moet ek weg van my gesin werk tot 2 tot 3 weke op n slag. Dis nie maklik. Maar gelukkig is daar nog mense wat die goed in mens raaksien.

Andreas ·

Boerboel, waarom ek dit gesê het, is om die ironie van die saak uit te wys. Ons word as wit bevoorregtes uitgekryt en dit voor die kop gegooi dat dit ons in ‘n bevoorregte posisie geplaas het, maar dit het die regering ‘n teiken gegee, daardie etiket wat hulle om my nek gehang het en “bullseye” wat hulle tussen my oë geverf het, daarna het hulle aksie geneem en ons wit mense die teiken gemaak, en kyk waar sit ek en hordes soos ek vandag? En dit omdat ons wit bevoorreg is. Maar kyk waar sit die land met dienslewering en die ekonomie vandag. Ons gradering is rommelstatus.

Clipper ·

Wat het Helen gesê wat erger is as wat eff en blf daagliks uitbasuin?

Boerboel ·

Ek staam met Dries. DIE vrou se nou die regte goed maar op die verkeerde tyd vir die ANC. Hou so aan Hellen. Jy raak nou n yster. Gaan praat net met VF plus jy kan dalk baie beteken vir die party.

Dries du Toit ·

Helen sê uitdruklik “I am not doing double standards anymore” So sy erken ook nou dat die wit liberaliste in die DA nogsteeds daardie “double standards” handhaaf. Dit kos voorwaar mannemoed om dit te erken. Daarvoor salueer ek haar. Dit kan vir die blanke in hierdie land en aan die wereld bewys dat sy nooit n rassis was nie en haar hele lewe gewy het aan swartbevoorregting totdat sy gesien het dat hulle dit gebruik om die wittes in hierdie land te verwoes totdat daar niks van hulle oor is nie. Hopelik sal sy nou besef die meerderheid ,met uitsondering, soek die totale ondergang van die blanke. Ek pleit by haar om haar stem nie te laat verdoof nie. Anders sal sy ook in die geskiedenis opgaan as n bydraende faktor van die verdwynende en gereduseerde minderheid van SA

Dries du Toit ·

Helen het nou die keuse om te verdwyn as n moeilikheidmaker in die DA of as n redder van die minderheid in SA. Indien sy nie die laasgenoemde aanvaar as haar nuwe roeping nie sal sy ook geklassifiseer word in die katagorie waar FW, Pik, Roelf,Wessels ens trots inval

humor ·

Helen , nog beter gaan stig jul eie Engelse VF+ sodat daar tog uiteindelik na n groter samehorigheid beweeg kan word.

Dries du Toit ·

Helen sal haar staal moet wys. Deur nou weer gedwing te word om op haar kniee te gaan omverskoning vra sal haar integriteit totaal en al vernietig. Die DA het haar nou finaal gebrandmerk as iemand wat nie by hulle hoort nie. Sy sal geen erkenning kry as n eerbare leier in die DA nie

Judge Dredd ·

Sy maak klaar einde van Mei – ek twyfel of iemand haar sal kan dwing.

anita ·

Jaco ek sponser jou na timbakto. Hie oud is jy seun. Go Helen Go

Cherokee ·

…en júlle wat baie onlangs luid geskreeu en baniere geswaai het “Madonsela for Statepresident!!!” is nou so stil soos muise.

janee ·

Ja nee ek stem Cherokee. Madonsela maak nou liederlike flaters. Sy kon veel meer gedoen het om die Guptas en staaskaping nek om te draai. Dit was die mees bisarre grootskaalse diefstal in ons geskiedenis en nog gn siel moes n sent terugbetaal nie

Andreas ·

Jip, uitgevang! Was oorhaastig, bang om agtergelaat te word.

Andreas ·

Cherokee, maar het Thuli Madonsela se reaksie met woorde soos sy dit in die artikel gestel het, dan nou nie finaal die juk van wit mense se skouers afgehaal nie? Mens het sommer weer ‘n huppel in mens se stap, die vingers vind met ligter tred die toetse van sleutelbord, en mens hou die muis nie meer so geklem vas nie, kners nie meer so op die tande nie, al gooi hulle ons nou ook met ‘n wavrag “andergoed”, ons kan dit ook vat.

chrisp ·

Ek sit met ‘n tameletjie.
Zille is nou reg en tog is die reenboog droom telkemale mooi verduidelik deur die konserwatiewes as ‘n hersingskim jare en jare terug,ook aan haar.Ek was en is van mening dat baie liberales in RSA die lig sal sien en is gewoonlik verheug daaroor.Sy was egter een van die argitekte van alles wat nou verkeerd loop en dit laat ‘n wrang smaak.Met hierdie skrywe erken sy egter dat sy skuldig was aan dubbele standaarde net soos die linkse partye en dit sluit vandag se DA in hier en in die buite land.

Die oplossing was en is eenvoudig. Einstein se woorde “Waansin is om dieselfde eksperiment oor en oor te doen en dan te verwag om ‘n ander uitslag te vind”.Sy en die liberale witmense het niks uit Afrika geleer nie.Dalk het hulle nie geweet van Einstein nie?Hoekom die linkses(“liberale”) steeds glo in sosialisme en ‘n mengelmoes land gaan my verstand te bowe. Vir my kom dit nogal waansinnig voor.

Zatopek ·

Vertaal asb. Die berig in engels en sit dit in so paar engels koerante dat meer mense dit kan lees.

Andreas ·

Boerboel, ons het nou in die dae self die wiel aan die gang gesit, ons moet net nie terugkyk nie.

Ella ·

Hellen jou lewenstaak was swartbemagtiging. Nou spoeg hulle uit . Jy word nie gewaardeer nie. Dont cry

Hans ·

Daar is heelparty anti-apartheid albatrosse wat hul rekevantheid verloor het en nou probeer oorleef in era van teenpool van apartheid, nl geforseerde etniese amalgamasie.
In die ERA na 1961, toe afsonderlike ontwikkeling die amptelike beleid was tot De Klerk ERA was hul liberale aktiviste agv die paar meer gesofistikeerde bruines of swartes wat in hul dampkringe was, pleit nou vir selfbeskikking.
In alle etniese groepe is daar slegter en beter. Liberalisme van veral wit vroue, het ons in ochlokrasie in SA laat beland. Emigrasie is geen oplossing nie, want in baie lande bv Brittanje, New Zealand, Australia, Vsa is liberalisme aan orde van dag.
Feit, is geforseerde politieke etniese amalgamasie werklik politieke oplossing of net individuele keuse?

Gert ·

Ek is glad nie ‘n bewonderaar van Me Zille nie, sy het ‘n groot bydrae gehad tot die benarde posisie waarin Afrikaners hulleself tans bevind.
Aan die ander kant: Sy maak deesdae gereeld uitsprake wat die absolute waarheid is, en dan word sy verguis daaroor. Dit is VERKEERD. Mense moet die reg hê om hulle siening te gee, ongeag hoe ander daaroor voel. Ons noem dit Vryheid van Spraak, en dis definitief ‘n vreemde konsep in hierdie land, behalwe as dit Julius is wat praat.

Willem ·

Dankie Dries, Lizzie vir jul goeie woorde. Ek vier al die goeie goed en berigte hier op Maroela vandag met my eie vlag terwyl ek saam met Bok sing, en dan sommer ook so ‘n paar bekende ander Afrikaanse liedere uit die geskiedenis, ek is seker julle ken dit en as ons op Skype inskakel, kan die een sien hoe die ander een die dag vier, dan sing ons sommer saam.
Willem/aka Andreas.

JL ·

Wat my kry is hoe die politici met geld, wat nog nooit ‘n dag in hulle lewens moes bekommerd wees oor finansies of honger ly nie aanhou karring oor white privilege en black privilege, terwyl ons kerkmuis arm plebs, wit en swart, net deur die dag probeer kom.

ne ·

Org Potgieter – ek haal my hoed vir jou af, jy slaan die spyker op sy kop!

Fran ·

Helen Zille verdien n medalje! Sy kom op vir al die jongeres en hulle toekoms en sy is nie bang om haar stem die bite maak met feite nie. Wens Sy kan RSA se Adjunk President word. Sy sal sorg dat elkeen daar in die parlement en op skool en in werkplek kursus gaan loop in “Etiket” en “dragskode” en om te gaan DRIL! Lyf regop, nek styf, boude in, arms langs die sye en stap in dieselfde righting stapsgewys met hande oop en plat — vorentoe op met een hand dan weer voorentoe op met ander hand een been links een been regs, almal op dieselfde manier! En moenie vergeet van discipline kursus ook nie.

Alex ·

Bevoorregting se voet! Hoe op dees aarde kan ń persoon wat ná 1994 gebore was ‘bevoorreg’ wees? Kom ons kyk na ‘Wit bevoorregting’ vir wat dit vandag werklik is : ‘White Genocide’
Ons oues het hard geleer op skool, dikwels nog nagklasse geloop by tersiere kolleges (dikwels op eie onkoste) terwyl ons in beroepe gestaan het. Ja, ons het ons g@tte af gewerk en geswot. Niks het netso in ons skote geval nie. Dit alles terwyl die ‘minderbevoorregtes’ hul tyd verwyl het deur om politieke agendas na te jaag deur om chaos en wanorde te saai, hulle skole, kolleges ens te verwoes. Gratis onderwys gehad? O nee, ons ouers het belastings betaal wat dit gefinansier het.
Nee, dit gaan lank nie meer oor bevoorregting nie, dit is ñ gerieflike verskoning vir ”Genocide’

Andreas ·

Alex jy moet raak lees wat Thuli gesê het, en dit is dat wit mense se bevoorregting universeel is. Dit is in effek ‘n erkenning.

Hernan Goosen ·

Arme liberale Helen wat die radikale swart beweging obdersteun het en as tiener en jongmens van hulle beskerm en wegfesteek het van die polisie. Vetrokke by die PFP wat buitelandse hulp verwerf het om die ANC aan bewibd te kry. Ja mense die PFP was die vorige naam can die DA. Trek seker nou elke haar uit haar kop uit. Dan stem Afrikaners tot vandag toe nog vir hulle. Kan maar net my kop in ongeloof skud

Felix ·

Die voormalige DA-leier Helen Zille sê haar party het haar ná haar omstrede “kolonialisme-twiets” in 2017 uit die pad probeer kry deur vir haar ’n werk in die buiteland te reël, word daar vandag in Rapport berig.

Felix ·

So hulle het haar nie laat ’emigreer’ nie, maar wou iets in daar rigting bewimpel. En sommer nou die dag probeer Cyril keer dat wit mense die land verlaat. So het elke politieke party nou maar sy eie redes waarom die een moet bly en die ander een moet gly. Dan sien ek ook Waldimar Pelser van Rapport sê vanoggend Mmusi is meer behep met Zille se tweets, as wat hy vir stemme omgee.

JAN ·

Dialekties / dislekties is ‘wit bevoorregting’ ook waar.
50- Jaar gelede het die Wittes slegs Tabak en Diamante uitgehou. vir hulself.
Absoluut niks anders nie sedertdien .
Kwessie is die toekoms.

Domvraag ·

Ek wonder nog altyd oor die tegnologie wat hier bestaan het voor kolonialisme?
Europa was geboue, paaie, lopende water ens en dan was hier nog nie eers n skanier vir n deur nie, maar velle as deur en doringtakke as draad?
Watter tegnologie was dan hier?
Die mees agtergeblewene land Somalieë en daar was geen kolonialisme?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.