Verbruikersake: So maak jy jou aftreegeld meer

(Argieffoto: Christel Cornelissen/Maroela Media)

Mense word al hou ouer en die kanse dat jy genoeg spaargeld gaan hê vir jou aftrede word al hoe kleiner. Jy kan egter die aftreespaarstryd wen as jy die regte beleggingsbesluite te neem. As jy die uitdaging ernstig opneem en positief optree, kan jy nog jou spaarstatus verbeter. Ina Opperman verduidelik wat ʼn nuwe studie hieroor wys.

Volgens die Old Mutual SA Retirement Gauge 2022 is dit duidelik dat baie Suid-Afrikaners die aftreespaarkrisis oorkom, sê Andrew Davison van Old Mutual Corporate Consultants (OMCC).

Die Old Mutual SA Retirement Gauge 2022 ondersoek die aftreespaargewoontes en aftreegereedheid van Suid-Afrikaners wat deur hul werkgewers se skemas aan sambreelfondse behoort. Die ondersoek het sowat 490 000 aktiewe lede gedek wat vir aftrede gespaar het in aftreeskemas van sowat 6 300 werkgewers van alle groottes in alle bedrywe.

Ten spyte daarvan dat die steekproef van mense wat die regte besluite neem klein is, sê Davison hulle wys dit is heeltemal moontlik om genoeg vir aftrede te spaar. “Ons moet net meer mense kry om dieselfde te doen.”

Die navorsing het bevind dat vier sleutelelemente mense onderskei wat genoeg gespaar het vir aftrede van diegene wat ekonomies swaarkry. Hulle het langer gespaar, by die 15%+ spaarreël gehou, hul aftrede uitgestel en geweet hoeveel hulle nodig het.

Spaar vir langer

Mense wat lang diens by ʼn werkgewer gehad het, het daarin geslaag om tot agt keer hul jaarlikse salaris op te bou, na gemiddeld 35 jaar diens, maar slegs ʼn klein aantal werknemers bly so lank by dieselfde werkgewer.

Baie mense onttrek hul pensioen- of voorsorgfondsspaargeld wanneer hulle van werk verander, betaal die belasting, gebruik die balans en begin met ʼn nulbalans by hul nuwe werkgewer, wat lei tot ʼn lekkasie uit die stelsel elke keer as mense van werk verander.

Davison sê mense wat van werk verwissel, moet eerder kies om spaargeld van verskillende werkgewers te bewaar deur ditin dieselfde fonds te laat, die geld na die nuwe werkgewer se fonds oor te dra of in ʼn bewaringsfonds of ʼn uittree-annuïteit in jou eie naam te belê.

Die 15%+ spaarreël

Mense wat meer as 15% van hul salaris tot hulle aftrede bygedra het, het ʼn baie beter kans om ʼn  pensioen te kry wat net voor aftrede ongeveer 70% van hul salaris is. Dit is bemoedigend dat ʼn  kwart van die deelnemers op hierdie vlak bydra en ʼn klein groepie superbesparers, 4% van die voorsorg- en 2% van pensioenfondslede, dra 20% of meer by.

“Dit is redelik algemeen om te hoor hoe mense sê hulle kan dit nie bekostig om te spaar nie. As jy egter gelukkig genoeg is om ʼn inkomste te hê, is die uitdaging om uit te vind hoe om jou huidige onvoorsiene en voorsiene behoeftes te balanseer met dié wat voorsien kan word, maar moontlik ver kan lyk, soos aftrede,” sê Davison.

Om gedurende jou werksjare te spaar, gaan daaroor om van jou inkomste en verbruik uit te stel tot ʼn tydperk wanneer jy nie meer gaan werk nie, sê hy. “Dit is die noukeurige bestuur en verspreiding van jou eie inkomste oor jou leeftyd, nie net om alles wat jy vandag op dieselfde dag kry, te gebruik nie.”

Alhoewel niemand weet hoe lank hulle kan leef en of hulle by aftrede gaan uitkom nie, gaan dit oor beplanning vir die toekoms, maak nie saak hoe onseker nie, sodat jy nie kwesbaar gelaat word as jy ʼn lang lewe het nie.

Davison sê die eerste stap om te kan bekostig om te spaar, is om jou skuld te verminder. “Dieselfde mense wat beweer dat hulle nie kan spaar nie, kan dikwels bekostig om paaiemente op kredietkaarte, persoonlike lenings of voertuigfinansiering te betaal.”

Wanneer jy van hierdie skuld ontslae raak, moet jy die paaiemente gebruik wat jy nie meer hoef te betaal nie om te spaar sê Davison. Die pyn om rente te betaal word vervang deur die voordeel om rente te verdien, wat jou finansiële situasie dramaties kan verbeter.

As jy vir jou aftrede spaar, moet jy onthou dat enige kredietfasiliteit skadelik is vir jou finansiële situasie. In plaas daarvan, vertraag die aankoop, vermy die lening, bespaar die ekwivalent van die terugbetaling van die lening en dan kan jy die aankoop bekostig sonder dat jy skuld nodig het.

Stel jou aftrede uit

Werknemers met beter aftreevooruitsigte tree nie af voordat hulle 65 jaar oud is nie. Die aftreemeter het bevind dat net minder as die helfte van die lede werk aan ʼn aftree-ouderdom van 65, met ʼn derde wat 60 teiken.

Om op ʼn vroeër ouderdom af te tree, byvoorbeeld op 60 in plaas van 65, vereis dat jy ʼn hoër veelvoud van jou salaris in ʼn korter tyd moet spaar om dieselfde vlak van vervangingsverhouding te verskaf.

Davison sê iemand wat vanaf die ouderdom van 30 spaar, sal elke maand ʼn ekstra 6% van hul salaris moet spaar om dieselfde vervangingsverhouding van 70% op 60 te kan bereik. “Die vraag wat ʼn  mens moet vra, is nie wanneer jy moet aftree nie, maar of jy dit kan bekostig om af te tree.”

Korporatiewe werkgewers skryf gewoonlik ʼn aftree-ouderdom voor en sommige laat jou nie toe om ná 60 te werk nie, maar Davison sê om uit die maatskappy te tree, beteken nie jy moet ʼn pensioen begin trek nie.

“Om ʼn alternatiewe bron van inkomste te vind, selfs al is dit ʼn kontrakwerk of ʼn deeltydse werk, kan jou toelaat om jou aftrede uit te stel, waar jy effektief sê dat jy wil hê jou spaargeld moet gehou word totdat jy gereed is om ʼn pensioen te begin neem.”

Hy sê hoe langer jy hierdie inkomste verdien, hoe verder sal jou aftreespaargeld strek wanneer jy gereed is om af te tree.

Weet hoeveel jy nodig het

ʼn Algemene vraag vir mense wat aftrede nader, is of hulle genoeg spaargeld het, maar dit is nie ʼn maklike vraag om te beantwoord nie, aangesien almal verskillende behoeftes, gesinsituasies, afhanklikes, belasting, gesondheidstoestand, skuld en annuïteite het.

“ʼn Goeie beginpunt is om te mik vir ʼn pensioen wat sowat 70% van die salaris is wat jy verdien het voordat jy afgetree het. Dit is op ʼn bruto basis, wat beteken voordat belasting afgetrek word. Om ʼn  pensioen van hierdie vlak te kan bekostig, sal ʼn 65-jarige man spaargeld van sowat nege keer hul bruto salaris voor aftrede nodig hê en ʼn vrou sowat 8% meer.

“Werknemers moenie voel dat dit byna onmoontlik is om vir ʼn gemaklike aftrede te spaar nie. Baie mense van alle inkomstevlakke wys dat dit moontlik is. Dit beteken nie dat dit maklik is nie. Dit verg deeglike beplanning, dat jy moet dink aan jou toekomstige self en nie net jou huidige self nie en dat jy die dissipline moet hê om dit te doen. Die finansiële besluite wat jy in jou ekonomies aktiewe jare neem, sal die lewensgehalte bepaal wat jy tydens aftrede kan volhou,” sê Davison.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amelia ·

met die nuwe wetgewing sal ek nie dit deur n pensioen fonds spaar nie spaar in jou bankrekening nie enige ander manier nie te veel mense het aan pensioen fonds behoort wat nou sukkel om gled te kry bv transnet

Barney ·

Ek verstaan jou opinie. Ek sal ook nie my geld in ‘n pensioenfonds sit nie, maar om alles in ‘n bankrekening te spaar is ook nie die oplossing nie. Ek het dit vir baie lank gedoen en vrek baie belasting betaal op die rente. Daar is ander beleggingsmoontlikhede wat meer belastingvoordele inhou. Kry net die regte finansiele raadgewer

Karel Kobus Kruger ·

Ek het presies gedoen wat julle nie aanbeveel nie. Ek het my werk bedank, my pensioen laat uitbetaal en ALLES buiteland toe oorgeplaas en daar belê. Beste finansiële besluit ooit. Ek sal nooit emigreer nie, maar my geld het beslis jare gelede al geëmigreer, teen so R10 iets teenoor die dollar.

Renier ·

Ek tree af op 50,maar vir Old Mutual trust ek nie weer nie. Te veel geld by hulle verloor.

Anna-marie ·

Wat gemaak as mens die maksimum (was aanbeveel word) elke maand in jou pensioenfonds gooi maar die fonds groei nie? Dis ‘n kwessie van een stap vorentoe en as jy weersien was daar een stap terug.
Oor die afgelope jaar was daar GEEN groei in my pensioenfonds nie. Wie baat by die geld wat elke maan ingegooi word??

Wielspore ·

Ek en my vrou het die dag toe ons trou begin spaar vir aftrede. Na 11 jaar diens by my eerste werkgewer het ek daardie pensioen weer belê, die belegging van R78K het na 24 jaar gegroei tot R710K. Ek tree oor 4 jaar af bymy huidige werkgewer na 29 jaar diens, die opbrengs is ook baie goed. Intussen maak ons 100% gebruik van die belasting voordeel en koop nog fondse in aftrede. Die staat gee eintlik vir jou die geld om af te tree. Ons glo dat on die vrugte gaan pluk as ons aftree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.